Previous Page  34 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 34 / 84 Next Page
Page Background

INTERNASIONALE

kunsmisprys-

tendense laat mens

kopkrap

d

it voel asof die wêreld tans

van alles te veel het. Heelte-

mal te veel mielies, sojabone

en koring, maar ook kunsmis.

Markontledings en markkom-

mentators het einde verlede

jaar aangedui dat daar verwag is dat die

uitbreiding in kunsmisvervaardiging die ver-

hoging in vraag sou oorskry.

Kenners het gereken dat daar selfs ‘n sur-

plusvoorraad van kunsmis op die wêreld-

mark beskikbaar sou wees. Dit mag tans

dalk die geval wees, maar dit weerspieël nie

noodwendig in internasionale prystendense

nie. Dit laat ‘n mens behoorlik kopkrap oor

die redes hiervoor en waarheen pryse op

pad is.

In hierdie artikel word gefokus op interna-

sionale kunsmisprystendense en hoe dit

deursyfer in die plaaslike kunsmismark; en

waarom pryse nie noodwendig met ver-

wagtinge strook nie.

Omdat so ‘n groot hoeveelheid van Suid-

Afrika se kunsmisbehoeftes ingevoer word

(meer as 80%), het internasionale pryse en

die wisselkoers ‘n groot impak op die vor-

ming van plaaslike pryse. Die tydsbereke-

ning van wanneer invoere plaasvind en die

wisselkoers wat geld, is bepalend.

Internasionale kunsmis-

pryse in dollarwaarde

Omdat meer as 80% van Suid-Afrika se

kunsmisbehoeftes ingevoer word, het inter-

nasionale pryse en die wisselkoers ‘n groot

impak op plaaslike kunsmispryse. Behalwe

vir ammoniak, het kunsmisgrondstowwe

internasionaal oor ‘n jaartydperk gestyg

(

Tabel 1

). Die wisselkoers het vanaf Maart

verlede jaar tot Maart vanjaar met 8,6% ver-

sterk – ‘n sterker rand beteken invoere kan

goedkoper ingebring word.

Internasionale kunsmis-

pryse in randwaarde

Tabel 2

toon internasionale kunsmispryse

in randwaarde. Uit die tabel is dit duidelik

dat die versterking in die wisselkoers ‘n

beduidende rol kan speel in hoe interna-

sionale pryse in die plaaslike mark kan

deursyfer.

Internasionale pryse van ureum en ammo-

niak het in randwaarde jaar-op-jaar tussen

8,3% en 22% gedaal, hoofsaaklik as gevolg

van die versterking in die waarde van die

rand. As gevolg van die rand het pryse

van DAP en kaliumchloried ook met tussen

0,9% en 6,7% in randterme toegeneem,

terwyl dit eintlik skerp in dollarterme ge-

styg het.

Plaaslike kunsmispryse

Tabel 3

toon die gemiddelde plaaslike kuns-

mispryse (pryslyspryse), waaruit afgelei kan

word dat plaaslike prystendense redelik met

dié van internasionale pryse in randwaarde

korreleer.

Dit is nie die pryse wat belangrik is nie, maar

die persentasie verandering. Internasionale

pryse is gebaseer op pryse in internasionale

hawens en plaaslike pryse is gebaseer op

gemiddelde pryslyspryse.

Grafiek 1

illustreer hoe die prys van plaas-

like ureum met dié van internasionale

ureumpryse in randterme op ‘n indeksbasis

vergelyk. Dit is duidelik dat pryse redelik

goed oor ‘n vyf jaar-periode korreleer én ‘n

afwaartse tendens gevolg het.

Hoekom het internasionale

kunsmispryse gestyg?

Wat kan die redes wees waarom interna-

sionale kunsmispryse oor ‘n jaartydperk

gestyg het, terwyl die voorrade verhoog

het? Daar is heelwat redes wat op interna-

sionale markte aangevoer word, maar die

belangrikste rede blyk die skerp toename in

natuurlike gaspryse, wat einde verlede jaar

in die mark gesien is, te wees.

Die rede hiervoor was die ekstreme koue

wat gedurende hierdie tyd in die Noordelike

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom, Graan SA

INSET

-oorsig

OP PLAASVLAK

Mei 2018

32

Grafiek 1: Indeks van plaaslike ureum- versus internasionale ureumprys.