Previous Page  36 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 36 / 84 Next Page
Page Background

Mei 2018

34

OP PLAASVLAK

Deel 4

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

saamgevat

NA-STROOPBEMARKING

Reeks

Berekeninge om in

gedagte te hou

i

n die vorige gedeelte van die reeks is verwys na van die

envoudige strategieë wat produsente vir na-stroopbe-

markingsdoeleindes kan oorweeg en waarop hulle moet let

wanneer hulle die verskillende strategieë gebruik.

Die werking van die strategieë is ook in die vorige gedeelte

van die reeks bespreek. In hierdie gedeelte van die reeks sal meer

gefokus word op die berekeninge wat produsente kan doen wanneer

hulle dié strategieë oorweeg – om vas te stel wat die kostes vir ‘n

spesifieke strategie is en teen watter vlakke graan moet verhandel

sodat die verskillende strategieë winsgewend kan wees.

Wat is die oorwegings?

Veronderstel die produsent het nie voorseisoenkontrakte in plek

nie en moet gedurende strooptyd besluit hoe om die graan te

bemark. Daar is verskeie strategieë wat hy in sodanige om-

standighede kan oorweeg, maar in dié artikel sal slegs op ‘n paar

basiese strategieë en die berekeninge rondom die koste van dié

strategieë, gefokus word. Hierdie strategieë sluit dié wat in die

vorige gedeelte van die reeks bespreek is, in.

Verskillende strategieë wat oorweeg kan word, is onder andere:

Verkoop net in die kontantmark – dit dien as riglynstrategie

Met bostaande strategie vind geen na-seisoenbemarking plaas

nie. Die produsent verkoop net direk na stroop en neem die

inkomste.

Stoor mielies na Desember en/of Maart

Hier verkoop die produsent nie die mielies nie, maar stoor dit tot

en met Desember en/of Maart – met die aanname dat dit in ‘n

kommersiële silo teen gemiddelde stoorkostes gestoor word.

Verkoop- en koop-

call

(koop)-opsies op Safex

Die produsent verkoop die mielies in die spotmark en koop

call

-

opsies op Safex vir lewering in Desember/Maart.

Verkoop in kontantmark direk na stroop

Indien die produsent nie enige alternatiewe bemarkingstrategie

toepas nie, sal hy bloot die mielies soos dit gestroop word, verkoop

en die prys ontvang waarteen die mark op die dag van verkope

verhandel. Die kontantmarkstrategie hou die minste addisionele

risiko vir die produsent in, omdat hy die inkomste uit die verkoop van

die mielies verkry en nie verdere strategieë volg nie.

Die nadeel van dié strategie is dat die produsent homself nie in

‘n posisie plaas waar hy moontlik ‘n beter prys vir die graan kan

realiseer nie en eintlik verkoop wanneer die graanpryse tradisioneel

op ‘n laagtepunt is.

Tabel 1

toon die inkomste wanneer die graan gedurende strooptyd

verkoop word – indien die markprys ten tye van verkope teen

ongeveer R1 950/ton verhandel. Die inkomste en kostes wat in dié

artikel gebruik word, is slegs vir beginselberekeningdoeleindes

en sluit nie aspekte soos differensiaalaftrekkings en/of ander

bemarkingskoste in nie.

Stoor graan om later te verkoop

Hierdie strategie word algemeen deur produsente aangewend en

word beskou as een van die minder riskante strategieë, omdat die

graan steeds aan die produsent behoort. Sodoende kan die pro-

dusent deur die loop van die seisoen die graan bemark.

Iets wat produsente in gedagte moet hou, is die koste en risiko’s

verbonde aan die strategie. Indien die produsent die graan stoor

om later te verkoop, loop hy steeds die risiko dat die graanprys nie

genoegsaam gaan toeneem om beide die stoor- en rentekoste op te

maak nie.

Indien dit die geval is, sal dit nie vir die produsent lonend wees

om die graan te stoor nie, aangesien die koste verbonde aan die

strategie hoër is as wat die addisionele inkomste wat uit die strategie

verkry kan word, is.

Produsente moet egter nie net die stoorkoste in berekening bring

nie, maar ook die rentekoste. Die rentekoste sluit die rente op

produksiekoste en geleentheidsrente in. Die geleentheidsrente

verwys na die rente wat die produsent kan ontvang indien die

produsent die graan verkoop het, ‘n inkomste ontvang het en die

produksiekoste gedek het.

Gestel die mielieprys verhandel gedurende strooptyd (Julie) teen

ongeveer R1 950/ton; die gemiddelde stoorkoste vanaf Julie tot

Desember beloop ongeveer R80/ton en die stoorkoste tot Maart

ongeveer R140/ton. Die rente-inkomste is ongeveer 6,5%, terwyl

die rente op produksiekoste bereken word teen 'n rentekoers

van 10,25%.

Uit

Tabel 2

is dit duidelik dat indien die produsent besluit om die

graan te stoor, die koste van die strategie ongeveer R147/ton beloop

om tot en met Desember te stoor en ongeveer R260/ton tot en met

Maart, met bostaande inligting as basis.