Mei 2018
24
Waar sal die vraag vandaan kom?
T
ans is die wêreld opgeskeep met
aansienlike hoë voorrade mielies
– en die verwagting is dat die
wêreldmielie-eindvoorraad, volgens
die USDA-syfers, aan die einde van die
2017/2018-seisoen op 200 miljoen ton gaan
staan (
Grafiek 1
).
Die vraag in die internasionale mark van
hoe ons die eindvoorraad weggewerk gaan
kry, bly staan. Gaan dit vir etanolproduksie
aangewend word of gaan die oplossing
vanuit ‘n ander bron moet kom?
Die Amerikaanse etanolmark is, om verskeie
redes, ‘n uiters uitdagende mark:
Dit is baie nóú gekoppel aan die Brent-
ruoliemark en vorm ‘n betreklike sterk
deel van ‘n politiese omgewing.
Die vraag na etanol word bepaal deur
die inmengmandaat (persentasie petrol)
wat deur die regering ingestel word.
Infrastruktuur speel ‘n belangrike rol
en sodra die inmengmandaat verhoog,
beteken dit die voertuie en pompe moet
ook verander word.
Winsgewendheid van etanolproduksie
is uiters sensitief en afhanklik van
subsidies en die ruolieprys. Die groot
internasionale ekonome praat van ‘n
gelykbreekvlak van $80 per ruolie-vat.
Die makro-ekonomiese faktore speel boon-
op ‘n beduidende rol. Toe Amerika in die
vroeë 2000’s met etanolproduksie begin
het, was hul ekonomie sterk en kon dit
hoër kommoditeitspryse hanteer. Tans
is hul ekonomie nie so sterk nie. Op die
internasionale mark bly dit ‘n vraagstuk
of etanoluitbreiding wel ekonomies sin
maak. Dit lyk wel asof China moontlik met
etanolproduksie wil begin, wat beteken dat
dit 40 miljoen ton mielies uit die stelsel haal,
maar geen beleide of sekerheid bestaan nog
hieroor nie.
Plaaslike vraag
Met die rekordoes en laer as verwagte
uitvoere in die 2016/2017-seisoen, was daar
groot hoeveelhede oordragvoorraad en
dit wil voorkom asof die huidige seisoen
ook genoeg gaan oplewer. Daar gaan
dus nog oordragvoorraad wees. Die hoë
voorrade veroorsaak dat pryse laag is
en dat winsgewendheid drasties verlaag
word.
Die vraag wat in die mark gevra word, is
wat ons met ons plaaslike mielies gaan
doen. Buiten vir die huidige hoë voorraad,
bly die verwagting dat Suid-Afrika in die
toekoms ook meer konstant surplusse
gaan produseer, wat dan dié bekommernis
ondersteun en druk op die uitbreiding van
markte/vraag plaas.
As die vraag na mielies ontleed word, kan dit
in afdelings opgebreek word. Die afdelings
is industrieel, menslik, dierlik en uitvoe-
re. Indien die industriële mark bestudeer
word, is daar tans geen merkwaardige
gestruktureerde wetgewing om die pro-
duksie van biobrandstowwe aan te hits nie.
In teendeel: Die gebrekkige wetgewing
wat wel bestaan, sluit mielies as ‘n
grondstof uit. Dit is bloot as gevolg van die
bekommernis oor ‘n stapelvoedsel wat vir
brandstofproduksie gebruik word.
Hou in gedagte: In die 2016/2017-seisoen
het Suid-Afrika witmielies ingevoer. Dit
is nog vars in almal se geheue. Daar is
ook kleiner nismarkte soos mieliekiemolie,
styselproduksie en plastiekvervaardiging
vanaf mielies.
Die markte is wel kleiner nismarkte en hou
‘n groot uitdaging in om uit die staanspoor
op te spoor.
OP PLAASVLAK
Vraag en aanbod / Plaaslike mark / Internasionale mark
Markte
DR DIRK STRYDOM,
bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA
Grafiek 1: Wêreldeindvooraadvlakke vir mielies.
Bron: USDA
Grafiek 2: Verbruiks- en populasie-indeks 1997 = basis.
Bron: Graan SA
* Voorlopig
** Projeksie