Previous Page  32 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 32 / 84 Next Page
Page Background

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.

Mei 2018

30

GRAANMARK-OORSIG

OP PLAASVLAK

Aangesien die Amerikaanse mark oor die

algemeen as die wêreldleier in die interna-

sionale mark gesien is en omdat dit steeds

‘n prominente rol in die voorsiening van

koring aan die internasionale lande speel,

word Amerikaanse koringpryse steeds tot

‘n groot mate as ‘n leierprys in die interna-

sionale koringmarkte gesien – al begin die

ander lande se pryse ‘n meer dominante rol

in die internasionale markte en die plaaslike

mark speel.

Alhoewel plaaslike koring in terme van

kwaliteit steeds die beste met Amerikaanse

koring vergelyk, word die meeste koring

tans van goedkoper oorspronge af ingevoer,

wat veroorsaak dat die plaaslike mark mees-

tal op die goedkoper oorspronge geprys

word en nie die premie vir beter kwaliteit

koring weerspieël nie.

Die plaaslike invoertarief word bereken op

die prysbewegings van die Amerikaanse

harde rooi winterkoring. Die onlangse dis-

pariteit wat tussen die Amerikaanse ko-

ringpryse en die res van die internasionale

oorspronge bestaan, veroorsaak dat die

tarief teen laer vlakke verhandel as gevolg

van die sterker Amerikaanse prys, maar

omdat die invoere nie hoofsaaklik van die

VSA af inkom nie, weerspieël die tarief nie

noodwendig die werklike beskermingsvlak

van $279/ton nie.

Die Amerikaanse pryse verhandel tans

hoër as gevolg van ongunstige weerstoe-

stande in groot gedeeltes van die winter-

koringproduksieareas en al behoort die

Amerikaanse prys en die ander internasio-

nale pryse nader aan mekaar te neig, is die

sloerperiode daarvan langer en behoort die

ander internasionale pryse nader aan die

Amerikaanse prys te verhandel, wat onder-

steuning aan die plaaslike mark kan bied.

Die Amerikaanse prys behoort weer nader

aan die prys van die ander oorspronge te

verhandel, wat die tarief dan weer moontlik

hoër kan laat sneller.

Ten slotte

Die strukturele veranderinge wat oor die

afgelope paar jaar in die internasionale

koringmark ondergaan is – veral in terme

van geografiese areas waar die produksie

plaasvind – het ‘n impak op die internasio-

nale prysstrukture van koring gehad.

Hierdie veranderinge, tesame met tegnolo-

giese vooruitgang in die bedrywe verder af

in die koringwaardeketting, het veroorsaak

dat Suid-Afrika ook kon aanpas in terme van

die tipe koring wat in die plaaslike produksie

van brood en so meer ingevoer en gebruik

word.

Koringinvoere het die afgelope paar jaar

hoofsaaklik na die Swart See-streek asook

die Europese Unie verskuif, waar koring

effens goedkoper as die Amerikaanse ko-

ring is. Dit veroorsaak dat plaaslike koring

meestal teen die laer kwaliteit koring geprys

word.

Die plaaslike produsente produseer steeds

‘n uitstekende kwaliteit koring en produsen-

te moet die kwaliteit van die plaaslike ge-

produseerde koring tot die beste van hul

vermoë gebruik in die onderhandeling van

premies in die mark.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Carla Diener 2012