Previous Page  72 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 72 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2018

70

Lesse geleer

tydens die

afgelope plantseisoen

E

lke plantseisoen het sy unieke uitdagings. Die 2017/2018-

seisoen was geen uitsondering nie. ‘n Mens sien soms

die uitdagings (wat soos ‘n groot berg voor jou lê) en eers

as jy bo uitgekom het, besef jy élke tree het jou voren-

toe geneem.

Wat laat jou die regte keuses maak wanneer jy dié uitdagings moet

trotseer? Die ervaring opgedoen uit vorige uitdagings wat jy oorkom

het, natuurlik. Geen seisoen is dieselfde nie, maar langs die pad

vind jy dikwels dieselfde uitdaging as wat jy al in die verlede trot-

seer het. Elke jaar begin ons op ‘n skoon bladsy en skryf dan die

storie van die seisoen soos hy verloop. Teen oestyd maak dié

storie klaar.

En dan is dit soms met ‘n gemengde gemoed en die twyfel: “Was

dit regtig die beste wat ek kon doen?” of dalk: “Ek sal nie weer só ‘n

oes sien nie!”

Dalk het omstandighede buite jou beheer die grootste invloed op

jou oes gehad, maar sulke buitengewone omstandighede is ook ‘n

gegewe. Hoe beplan ‘n mens dus jaarliks vir die onvoorspelbare?

Bloot deur bedag op uitdagings te wees.

Só kan ‘n mens beter besluite neem – veral as die ervaring van

vorige oeste almal dieselfde storie vertel. Dink byvoorbeeld aan

plantdatums. Elke produsent het min of meer ‘n “ideale” plantdatum

vir elke gewas en vir ‘n bepaalde area. Omstandighede veroorsaak

egter dikwels dat ons slegs twee of drie uit elke tien oeste op die

ideale tyd kan plant.

Grondtemperatuur tydens plant

Min van ons sal die koue in November verlede jaar gou vergeet.

Omgewingstemperatuur en grondtemperatuur het ‘n groot invloed

op hoe die gewasse aanvanklik ontwikkel en groei. Die meeste

gewasse hou nie regtig van grondtemperature veel laer as 15°C nie.

Ontkieming sal wel plaasvind, maar groei en ontwikkeling sal nie

optimaal wees nie.

Wortelgroei sal baie traag wees by grondtemperature van 15°C

en laer. Boonop kan laterale wortelgroei dikwels voorkom as die

grond te koud is – en dit verhoed voldoende opname van

voedingstowwe uit die kunsmisband. Plante wat sonder kunsmis

geplant is, sal besonder swak ontwikkel en aansienlike oesskade

ervaar.

Grondswamme en aalwurmskade

Grondswamme soos Pythium kan ook wortelontwikkeling weens

die koue, nat toestande knou. Op

Foto 1

word die simptome van

Pythium aangedui. Dit veroorsaak gewoonlik dat die mesokotiel

afsterf óf nie voldoende funksioneer nie.

Pythium kan ook sojabone (en feitlike enige ander saailinge) se

vroeë wortelontwikkeling beïnvloed.

Foto 2

dui die voorkoms

van Pythium op sojaboonwortels aan. Dit kan tot aansienlike

standverliese lei.

Sodra grondtemperature verhoog, is die voorkoms van grond­

swamme steeds ‘n uitdaging. Rhizoctonia (

Foto 3

) kan ook die wor­

telontwikkeling van sojabone ernstig strem.

Grondswamme kan onderdruk word deur gebruik te maak van

geregistreerde swamdoders – gewoonlik in die vorm van ‘n

saadbehandeling. Buiten die swamme wat druk op die jong

sojabone, mielie- of ander saailinge kan uitoefen, is die voorkoms

van aalwurmskade om jong saailinge ook ‘n bron tot groot kom-

mer. Veral knopwortelaalwurm, letselaalwurm en spiraalaalwurm

beskadig gewasse se wortelstelsels.

Foto 4

dui duidelik die voorkoms van knopwortelaalwurm op

jong sonneblomsaailinge aan. Die voorkoms van hoë aalwurmdruk

sal die effektiwiteit van wortels drasties verminder en die oes

beslis affekteer.

op plaasvlak

Bestuurspraktyke

Kobus van Zyl,

senior landboukundige, Omnia Kunsmis

1: Voorkoms van Pythium

op mieliewortels.

2: Pythium op sojaboon-

wortels.

1

2