Previous Page  68 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 68 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2018

66

Fokus

Kalk

Mini-

D

ie wêreldrekordhouer in soja- en mielie-opbrengste uit

die VSA, mnr Randy Dowdy, het Suid-Afrika onlangs

besoek. Volgens hom het sy sukses begin sneeubal toe hy

geleer het om die regte vrae te begin vra. Hy het nooit bloot

die

status quo

-antwoorde op vrae oor gewasproduksie aanvaar nie.

Dit laat my wonder of ons die regte vrae oor kalk vra? Kalk is só

‘n eenvoudige produk. Dit word uit ‘n neerslag gemyn, gemaal,

gesif, aanbeveel, vervoer en gestrooi. Het ons dalk hierdie aksies as

vanselfsprekend begin aanvaar?

Die afgelope twee maande het 80 produsente (proefneming van

1 094, in die Noordwes Provinsie en Vrystaat; klein, medium en

groot produsente) aan ‘n intensiewe onafhanklike opname

deelgeneem. Verskeie datastelle het vir ons baie interessante

inligting verskaf, maar veral een het uitgestaan.

Produsente het in die proefneming aangedui dat hulle gemiddeld

0,49 ton kalk/hektaar per jaar toedien (in ‘n driejaarsiklus is dit

1,47 t/ha). Die vraag: Dien ons vandag werklik genoeg kalk vir

volhoubare voedselproduksie toe?

Selfs die gehalte van kalk kry nie aldag die nodige aandag wat dit

verdien nie. Só kry ons baie verskonings soos: “Die naaste bron

is mos goedkoper om aan te ry,” oftewel só dink baie van ons

produsente. Wanneer ons die regte vrae begin vra, begin ons egter

anders dink.

Dit is al meer nodig dat ons die regte vrae moet begin vra, soos:

Wat is die doeltreffendste kalkbron gelewer op my plaas?

Is ‘n fyner kalk met ‘n laer KKE (suur) nie dalk beter as grow­

wer kalk met ‘n hoër KKE (suur) nie? (KKE dui bloot die kapasi-

teit aan.)

Hoekom word die KKE-harswaarde (reaktiwiteit) al minder

gebruik?

Is my metode van kalktoediening (plasing) die doeltreffendste

manier om probleemareas – horisontaal en vertikaal (onder­

gronds) – te behandel?

Sewe verskillende kalkaanbevelingsmodelle word tans landwyd

gebruik. Is die huidige model wat op my plaas gebruik word nog

relevant vir die langtermyn-doelwitte wat ek wil bereik?

Skep my huidige bewerkings- en kunsmispraktyke nie dalk vir

my probleme oor die lang termyn (ondergrondse suurheid) nie?

Het ek al ‘n ander, dalk beter, kalkbron op my plaas beproef

teenoor my tradisionele naaste bron?

Só baie is al geskryf oor die waarde van kalk in die grond. Is dit nie

dalk tyd dat ons weer mooi moet gaan dink oor hoekom ons kalk

toedien nie? Suig kalk nie te veel aan die agterspeen wanneer ons

besluite neem in moeilike jare nie? Ons as Grasland ondersteun die

gesegde “kalk bly die goedkoopste kunsmis”.

Die belangrikste waarde van kalk bly van krag:

Kalk ontsluit die ware potensiaal van jou grond.

Kalk skep ‘n buffer in die grond vir plante.

Kalk verhoog die doeltreffendheid van toegediende kunsmis.

Kalk help skep ‘n gesonde omgewing in die grond waar

voordelige organismes kan floreer.

Kalk is ‘n bron van sleutelvoedingselemente, naamlik kalsium en

magnesium.

Kalk bevorder die fisiese eienskappe van grond vir optimale

wortelontwikkeling.

Indien jy die waarde van kalk onderskat, wil ek die stelling maak

dat die verkeerde vrae gevra word. Grasland en sy vennote in die

veld sal jou help om die regte antwoorde te kry rakende die regte

vrae oor kalk.

Ek wil ‘n uitdaging stel: Merk ‘n klein homogene deel in ‘n land.

Wanneer jy kalk uitstrooi, strooi een gedeelte glad nie (0x), een

strook volgens die normale aanbeveling (1x) en die ander strook

dubbel (2x). Dan die belangrikste, vra jou landboukundige of agent

om saam met jou die gedeelte (grond en gewas) oor die volgende

drie jaar te monitor.

Dit bring my by ‘n tweede opmerking van Dowdy. Wanneer ons die

regte vrae begin vra, moet ons die wetenskap deeglik verstaan in

wat ons doen, want soos hy dit stel, gaan dit alles oor die opbrengs

op belegging.

Grasland het die afgelope twee jaar geweldig baie belê in

mensekapitaal en reuse-beleggings in ons eie myne se aanlegte

gemaak. Ons neem verantwoordelikheid vir die volledige kalk­

produksieproses. Ons het ‘n passie vir natuurlike kalk – kalk wat direk

uit die kalkafsetting gemyn word.

Die meulens en sifkaste is opgegradeer tot die beste wat tans in

Suid-Afrika beskikbaar is. Hoekom? Want ons wil, gegewe die

geologie, die bes moontlike gehalte kalk by ons myne produseer.

Hoe kry ons die kalk op die plaas? Ons het die afgelope jaar strate­

giese vennootskappe met verskeie vervoerkontrakteurs gesluit om

die mees kompeterende vervoertariewe aan produsente te bied.

Ons bied ook aan produsente verskillende betaalopsies met die

aankoop van kalk.

Grasland het ten doel om antwoorde te verskaf vir produsente se

regte vrae. Die kalk wat ons produseer, is een van die belangrikste

skakels in die produksiesiklus wat voedselsekerheid verseker. Ons

vind waarde daarin om verby wins alleen te kyk.

Ons is terdeë bewus van ons verantwoordelikheid teenoor vol­

houbare voedselproduksie vir ons medelandsburgers. Dit verskaf

vir ons vreugde om ‘n rol hierin te kan speel. Jou sukses is ook ons

sukses. Kontak ons gerus vir meer inligting.

Vra ons die

regte vrae

oor kalk?

Produkinligting

Ben Krog,

groep-bemarkingsbestuurder, Grasland