Previous Page  75 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 75 / 108 Next Page
Page Background

Ander omstandighede

Dikwels druk die seisoen ‘n mens, wat tyd betref, in ‘n hoek. Die

reën kom laat en die druk om klaar te kry, raak al hoe groter. Dit

veroorsaak dikwels dat daar noodgedwonge besluite gemaak word

onder omstandighede wat nie 100% optimaal is nie.

Foto 5a

tot

Foto 5c

(op bladsy 71) dui kompaksie vroeg in die

seisoen aan, hoofsaaklik as gevolg van grondtoestande wat met

planttyd te nat was en opgevolg is deur warm, droë weer.

Ideale planttoestande heers dikwels nie langer as sewe dae nie

– veral as opvolgreën nie voldoende plantvog verseker nie. Saad

wat geplant word, moet daarom ontkiem én die omgewingstoe­

stande kan trotseer om ‘n sterk, gesonde saailing op te lewer.

Saad ontkiem onverklaarbaar stadig

Soms gebeur dit ook dat daar perfekte planttoestande heers,

maar van die saad ontkiem stadiger of later, wat swakker plante tot

gevolg het (

Foto 6a

en

Foto 6b

op bladsy 71).

Die moontlike redes hiervoor is te veel om op te noem, maar kyk

gerus na die volgende belangrike punte waaraan aandag gegee moet

word:

‘n Goeie saadbed. Vorige oesreste bemoeilik soms goeie grond-

saadkontak.

Planterspoed (verkieslik nie meer as 10 km/h nie).

Egalige plantdiepte (

Foto 7a

en

Foto 7b

) wat voldoende

grondvog vir drie tot vier dae ná ontkieming aan die jong saai-

ling kan verskaf.

Aalwurmbeheer.

Hoë kwaliteit kunsmis wat gebandplaas word. Dít om sterk

saailinge op te lewer en maksimum potensiaal op die vier­

blaarstadium by mielies vas te lê.

Plasing van kunsmis (5 cm weg, 5 cm onder die saad). In sand­

gronde kan die kunsmis onder droë toestande effens dieper in

die nat grond toegedien word, byvoorbeeld 7 cm diep.

Onkruidbeheer. Koue, nat toestande kan wortelgroei en -ont­

wikkeling vertraag. Die toestande kan veroorsaak dat jong

saailinge vir ‘n langer periode aan onkruiddoders blootgestel

word, wat nadelig kan wees vir die jong plant.

Wind- en grasdoderskade

Windskade op sandgrond is ‘n wesenlike probleem – veral wanneer

daar vroeg in die seisoen geplant word en reën nie dikwels genoeg

voorkom om wind te keer nie. Die 2017-plantseisoen is hierdeur

gekenmerk.

Dit het veral die mielies, wat vroeg in Oktober ná die eerste goeie

reën geplant is, beskadig. Die mielies moes later in November

uiterste lae temperature oorleef.

Foto 8a

en

Foto 8b

wys die wind

skade en ook koue simptome wat die saailinge vroeg in Oktober

geaffekteer het.

‘n Skoon, onkruidvrye land is ‘n plesier vir die oog. Op sandgronde

is die verskil tussen skoon en skade egter ontsettend klein.

Foto 9

dui die skade as gevolg van ‘n oordosis grasdoder aan.

Dra jou kennis oor

Geen seisoen sal ooit perfek wees nie en ons sal elke jaar lesse uit

die seisoen leer. Die vraag is: Wat maak ons met die inligting oor

die lesse wat ons geleer het? Hopelik word dit aan die volgende

geslag oorgedra, sodat hulle nie dieselfde lesse hoef te leer nie,

maar ons kennis kan benut.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Marina Pierneef 2014