Previous Page  78 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 78 / 108 Next Page
Page Background

Somergraansaadpryse:

Het produsente rede tot kommer?

g

raan SA se Produksie/Inset­

werkgroep het vroeër die jaar

weer samesprekings met ver-

skeie saadmaatskappye oor

Graan SA-lede se kommer

oor stygende saadpryse ge-

hou. Daar is tydens hierdie samesprekings

klem gelê op die weerstand teen stygen-

de saadpryse wat ál meer ervaar word.

Grafiek 1

toon ‘n indeks van mieliesaad-

pryse teenoor die prys van mielies oor tyd

– en produsente se rede tot kommer.

Gegewe uitstekende navorsing in genetika

en tegnologie, bly saad een van die belang­

rikste insette om opbrengste en produk-

tiwiteit in die graanbedryf te verhoog.

Afhangende van die plantestand, vorm saad

as produksie-inset boonop tussen 10% en

17% van ‘n mielieprodusent se lopende

produksiekosterekening. Dit is daarom

krities dat produsente die regte kultivars

kies, dit opweeg teen prys en opbrengspo­

tensiaal sowel as risikoverspreiding.

Kultivarbeplanning

Dit is belangrik om vooraf te beplan watter

kultivars in die komende seisoen aange-

plant gaan word. Kultivars verskil van me-

kaar in een of meer van ‘n verskeidenheid

eienskappe en elkeen het daarom ‘n unieke

aanpasbaarheid en opbrengspotensiaal.

Volgens die LNR-Graangewasse stel hier-

die kultivar-verskeidenheid alternatiewe

beskikbaar wat goed benut kan word. Die

volgende is belangrike riglyne wat vir kulti-

varbeplanning oorweeg moet word:

Moet nooit ‘n staatmaker-kultivar binne

een seisoen met ‘n nuwe of onbekende

een vervang nie.

Kultivarverskeidenheid versprei risiko.

Plant ‘n reeks kultivars wat verskil in

groeiseisoenlengte en eienskappe.

Kultivars moet aanpas by ‘n spesifieke

opbrengspotensiaal, maar moet in staat

wees om aan te pas by hoër en laer po-

tensiaaltoestande.

Hersien kultivars jaarliks.

Toevlugsareas vir

Bt-mielies

’n Tegnologie-ooreenkoms word by die

aankoop van Bt-saad onderteken. Daarin

onderneem ’n produsent dat die saad vol-

gens voorgeskrewe riglyne aangeplant sal

word. Een van die belangrikste riglyne sluit

die plant van ’n toevlugsarea in. Daar is twee

opsies wat gevolg kan word: Óf ‘n 5%-aan-

planting van nie-Bt-saad waar stronk-

boorders nie chemies beheer mag word nie,

óf ‘n 20%-aanplanting van nie-Bt-saad waar

die chemiese beheer van stronkboorders

wel toegepas kan word.

Waar die 5%-opsie uitgeoefen word, moet

elke 100 ha mielies aangeplant, uit 5 ha

nie-Bt-mielies en 95 ha Bt-mielies bestaan.

Sou die 20%-opsie uitgeoefen word, moet

elke 100 ha mielies derhalwe uit 20 ha nie-

Bt-mielies en 80 ha Bt-mielies bestaan.

Bykomend tot die vereiste persentasie nie-

Bt-mielies, is daar ook spesifieke maatreëls

wat by die aanplanting van ‘n toevlugs-

area geld.

Toevlugsareas moet onder andere só ge-

posisioneer word dat Bt-mielies nie verder

as 400 m vanaf ’n toevlugsarea aangeplant

word nie, dat ten minste twee buitegrense

van die Bt-aanplanting gedek word, dit mag

nie uit minder as ses rye bestaan nie en toe­

vlugplante mag nie tussen Bt-plante geposi-

sioneer wees nie.

Corné Louw,

senior ekonoom, Graan SA

Inset

-oorsig

op plaasvlak

Julie 2018

76

Grafiek 1: Prysindeks van mieliesaad en produsenteprysindeks van mielies.

* Voorlopig