Previous Page  71 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 71 / 108 Next Page
Page Background

D

ie doeltreffendheid van verskillende landboukalkbronne

as neutraliseermiddel vir suurgrond verskil wesenlik.

Landboukalk is vir baie jare slegs beoordeel deur middel

van die “KKE in HCl”-toetsmetode (die kalsiumkarbonaat-

ekwivalent in HCl, oftewel sterk soutsuur wat duisende kere sterker

is as die suur in grond).

Landboukalk wat chemies amper 100% suiwer is, maar swak in

grond reageer, is vir jare lank as die beste beskikbare landboukalk­

produkte verkoop omdat die toetsmetode ‘n wesenlike wanindruk

skep van die werklike doeltreffendheid in grond.

In die sewentigerjare het my pa, Hendrik Pistorius, wat op 100-

jarige ouderdom nog met ons is, saam met die Universiteit van

Pretoria die grondinkubasiemetode vir die toets van landboukalk

ontwikkel. Wat my aanbetref, is dit steeds die beste metode om

die reaktiwiteit van verskillende landboukalke met mekaar in suur­

grond te vergelyk. Dié metode neem ongelukkig ‘n paar maande.

Die grondinkubasiemetode is later vervang met harsontleding,

wat binne ‘n paar dae gedoen kan word. Dit gee vir ‘n mens ‘n

aanduiding van watter persentasie van die landboukalk binne drie

maande gaan reageer. (Hars het amper dieselfde suurheid as ‘n

suur grond.)

Die probleem met harsontleding is dat verskillende laboratoriums

harse by verskillende verskaffers koop, wat wyd uiteenlopende

resultate lewer. Wanneer dieselfde tipe hars gebruik word, is dit

‘n uitstekende manier om die reaktiwiteit van verskillende land­

boukalke met mekaar te vergelyk.

Dit is belangrik om in ag te neem dat landboukalk nie, soos byvoor­

beeld ureumkunsmis, wateroplosbaar is nie. Die kontakoppervlakte/

fraksiegrootte, oftewel fynheid, is dus van deurslaggewende belang

vir ‘n landboukalk om doeltreffend met grond te reageer.

Die volgende vraag is aan drie wetenskaplikes gegee om te be-

reken en hulle het binne ‘n persent of twee op dieselfde antwoord

uitgekom: Wat is die kontakoppervlakte van ‘n kilogram kalk met

‘n soortlike gewig (

specific gravity

) van 1,3 met die volgende

deeltjiegroottes: 1,7 mm, 0,25 mm (250 mikron), 100 mikron,

50 mikron, 20 mikron en 10 mikron?

Om landboukalk in Suid-Afrika te registreer, moet dit 100% kleiner

as 1,7 mm wees en ten minste 50% kleiner as 0,25 mm (250 mikron)

wees. Vir ‘n landboukalk wat net-net aan die regulasievereiste

(deeltjiegroottegradering) voldoen, sal die kontakoppervlakte per

kilogram dus 10,59 m

2

wees. ‘n Landboukalk met ‘n deeltjie groot­

te van kleiner as 20 mikron sal dus ‘n kontakoppervlakte van amper

22 keer meer as ‘n regulasie-fynheid landboukalk hê, wat natuurlik

baie vinniger in grond sal reageer.

Sommige bemarkers, veral party wat

liquid lime

verkoop, maak

somme waarmee hulle op wilde bewerings uitkom. Die ergste

bewerings is dat ‘n mens met ‘n paar kilogram

liquid lime

honderde

tonne se gewone landboukalk kan vervang. Sommige van die

berekenings laat dit lyk of ‘n mens kalk kan “vermeerder” soos wat

jy dit fyner en fyner verpoeier.

Dit is natuurlik nie op korrekte chemiese beginsels gebaseer nie.

(‘n Belangrike beginsel is dat een mol lading kalk met een mol suur

reageer [0,5 mol CaCO

3

+ 1 mol HCl = 0,5 mol Ca Cl

2

+ 0,5 mol

H

2

CO

3

] en dat ‘n mens op sy beste met fynheid slegs tot op 100%

doeltreffendheid kan kom, 0,5 mol.) ‘n Mens kan hoogstens ‘n

bekalkingsproduk vinniger laat reageer, hoe fyner jy dit maak.

Sover bekend, is die fynste kommersieel beskikbare landboukalk

wat in los maat verkoop word (relatief goedkoop) MFA mikrofyn

kalsiet in die Laeveld. Dit is ‘n kalksteen (CaCO

3

) wat gebrand is

(CO

2

– koolsuurgas is vervlugtig), geblus is en gekalsineer is (weer

teruggebring na kalksteen/CaCO

3

).

Die kalksteen is dus tot op molekulêre vlak afgebreek en baie,

baie fyn. Dit word verkoop met sowat 25% vog, anders verdwyn

dit spontaan in die lug in as stof. Dit is die enigste produk wat

as landboukalk verkoop word wat ook in die plek van kalsiumhi­

droksied gebruik kan word vir die neutralisasie van suur mynwater

(

acid mine drainage

) omdat dit amper onmiddellik reageer.

Omdat fynheid so belangrik is, word ‘n rolmeule tans by die

Hiqualime-bron naby Witbank/Emalahleni geïnstalleer, wat die pro­

duk baie fyner kan maal. Hierdie fyner produk sal aan die begin van

volgende jaar op die mark beskikbaar wees. Metlime naby Brits

verkoop ‘n verpoeierde kalksteen wat 99% kleiner as 100 mikron is

en Idwala het Kulubright, wat tot so fyn as 5 mikron is en in water­

digte sakke verkoop word.

Ons het interessante landboukalk-artikels op ons webtuiste. Kyk

gerus.

69

July 2018

Die

belangrikheid

van fynheid

by landboukalk

Produkinligting

Fokus

Kalk

Mini-

Leo Pistorius,

H Pistorius & Kie Landboukalk

GROOTTE IN MM GROOTTE IN MIKRON AREA (M

2

)/KG

1,7 mm

1 700 mikron

2,72

0,25 mm

250 mikron

18,52

0,1 mm

100 mikron

46,29

0,05 mm

50 mikron

92,59

0,02 mm

20 mikron

231,5

0,01 mm

10 mikron

462,93

Tabel 1: Kontakoppervlakte in m

2

/kg produk van verskil-

lende fraksiegroottes.