Previous Page  76 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 76 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2018

74

op plaasvlak

Tendense in

wêreldproduksie

en -verbruik

van graan bekyk

i

nternasionale graanmarkte is die af-

gelope vier tot vyf jaar gekenmerk

deur ‘n “supersiklus”. Dit verwys na

‘n skerp toename in die produksie van

die meeste grane en oliesade – wat

oorwegend nuwe hoogtepunte be-

reik het.

Die VSA, wat die grootste mielieproduse­

rende land ter wêreld is (tussen 350 miljoen

en 360 miljoen ton per jaar), het die afgelope

vyf jaar drie keer hul produksierekord ver-

beter. Ander groot produserende lande

soos Suid-Amerika het ook die afgelope

paar jaar bogemiddelde mielieproduksie

behaal. Dit het bygedra tot die akkumulasie

van mielievoorrade in ‘n internasionale

konteks.

Selfs koringproduksie het die afgelope

paar jaar aansienlik toegeneem. Dit is egter

hoofsaaklik die geval wat laerkwaliteit-

produserende lande betref – ten koste van

hoëkwaliteit-produserende lande. Die toe-

name in wêreldkoringproduksie het daartoe

gelei dat verbruik nie dieselfde tendens as

produksie gevolg het nie. Dit het tot gevolg

dat die wêreldeindvoorraad na die hoogste

vlakke in die geskiedenis toegeneem het.

Mielies in die

wêreldkonteks

Grafiek 1

toon die wêreldmielieproduksie,

wêreldverbruik, wêreldeindvoorraad en die

jaarlikse gemiddelde Amerikaanse mielie­

pryse. Uit Grafiek 1 is dit duidelik dat die

wêreldmielieproduksie en -verbruik oor

die algemeen redelik naby aan mekaar is.

Mielieproduksie het sedert die 2012/2013-

seisoen bevredigende groei getoon en

produksie het verbruik in meeste van die

jare aansienlik oorskry.

Dit het bygedra tot die akkumulasie

van eindvoorraad – wat ook duidelik in

Grafiek 1 sigbaar is. Die wêreldeindvoor-

raad het toegeneem totdat dit gedurende

die 2016/2017-seisoen die hoogste vlak

sedert die 2000/2001-seisoen bereik het.

Die groei in produksie en toename in eind-

voorraad het die internasionale pryse onder

druk geplaas en Amerikaanse mieliepryse

het sedert die 2012/2013-seisoen weer

omgedraai vanaf die opwaartse tendens en

het ‘n skerp afwaartse tendens begin volg

– totdat dit gedurende die 2016/2017-

seisoen naby aan ‘n tienjaar-laagtepunt was.

Die lae pryse stimuleer verbruik en wêreld-

verbruik het die afgelope twee seisoene

besonder toegeneem. Volgens die Ameri-

kaanse Departement van Landbou se nuut-

ste skatting vir die 2018/2019-seisoen

behoort wêreldverbruik weer wêreld-

produksie te oorskry. Dit word duidelik in

die verwagte impak op die wêreldeindvoor-

raad wat vir die 2018/2019-seisoen geskat

word, gesien.

Verbruik is besig om in lande soos China

toe te neem. Hulle gaan hul verwerkingska-

pasiteit van mielies na 2020 toe verhoog.

Groot invoerlande se aankope het hier­

die seisoen ook skerp toegeneem – sien

Grafiek 2

.

Grafiek 2 toon die mielie-aankope vir

invoerdoeleindes van ‘n paar van die groot-

ste invoerlande in die wêreld sedert die

begin van 2018. Die inligting toon die land

wat die invoeraankope gedoen het en die

oorsprong vanwaar die mielies verkry is. Dit

is duidelik dat veral Suid-Korea tot dusver

hierdie jaar die grootste aankoper van mie­

lies vir invoerdoeleindes was – met meeste

van die mielies wat vanaf enige oorsprong

verkry is (opsionele oorsprong).

Mielies wat van ‘n opsionele oorsprong

aangekoop word, beteken in kort dat die

mielies van enige uitvoerbestemming af

verkry kan word – afhangende van wat-

ter een van die uitvoerbestemmings teen

leweringstyd die goedkoopste mielies

kan lewer.

Aankope sluit mielies in wat tydens ver­

skillende tye van die bemarkingsjaar gele­

wer moet word en lewerings op kontrakte

vind nie plaas direk nadat aankope gedoen

is nie. Grafiek 2 toon ook dat die VSA en

Suid-Amerika ‘n uiters prominente rol speel.

Dit is hoofsaaklik hierdie lande waarmee

Suid-Afrika in die internasionale markte vir

uitvoere moet kompeteer.

Koring in die

wêreldkonteks

Grafiek 3

toon die wêreldkoringproduk­

sie, -verbruik, -eindvoorraad, asook die

Amerikaanse en Duitse koringpryse. Uit

Grafiek 3 is dit duidelik dat alhoewel die

koringproduksie en -verbruik in die wêreld-

konteks redelik naby aan mekaar is, die

produksie die verbruik die afgelope paar

jaar sedert die 2013/2014-seisoen jaar-op-

jaar oorskry het. Dit het bygedra tot die

akkumulasie van die wêreldkoringeind-

voorraad wat in die 2017/2018-seisoen die

hoogste ooit was.

Die verwagting vir die 2018/2019-seisoen is

dat koringproduksie en -verbruik in die sei-

soen betreklik naby aan mekaar behoort

te wees – met ‘n effense toename wat

in die verbruik en ‘n matige afname wat in

die produksie daarvan vir die seisoen in

Luan van der Walt,

landbou-ekonoom, Graan SA

Graanmark

-oorsig

20 Junie 2018