Grondvog is wel voordelig op dié diepte,
maar die urease-aktiwiteit is geweldig laag
en die grondtemperature is ook nie optimaal
om die omskakeling te bevorder nie.
Groot hoeveelhede stikstof wat wissel
tussen 60 kg en 120 kg N/ha word tydens
die rip-aksie gebandplaas. As heelwat reën
vroeg in die seisoen voorkom, sal van die
stikstof as ureum loog voordat dit ten volle
kon omskakel. Ons probeer spaar deur twee
aksies, naamlik rip en die toediening van
kunsmis, te kombineer.
Die vraag is wat die doeltreffende benutting
van stikstof sonder om die grond te versuur
ons kos? Praktyke maak beslis ‘n verskil
wat die voorkoms van ondergrondsuurheid
betref. ‘n Vergelyking tussen produsente
wat slegs topbemes, alle stikstof voor plant
toedien en ‘n gedeelte voor plant toedien en
‘n deel topbemes, spreek boekdele.
Dit is duidelik dat die versuring van die
ondergronde drasties minder is waar daar
slegs van topbemesting gebruik gemaak
word. Daarteenoor kan dieselfde nie gesê
word waar al die stikstofbemesting voor
plant toegedien word nie. Die kombinasie
van voor-plant-toediening van kunsmis en
topbemesting toon ook heelwat minder
ondergrondse versuring. Die praktyk waar
voor-plant-toediening van kunsmis en top
bemesting gekombineer word versuur
nie net minder nie, maar bevorder die
stikstofdoeltreffendheid aansienlik. Dit lei
tot ‘n beter opbrengs met dieselfde hoe
veelheid – of selfs minder – stikstof.
Sandgronde met minder as 10% klei in die
bogrond en min of geen toename in klei
met gronddiepte nie, is uiters gevoelig vir
ondergrondse versuring. Die spesifieke
gronde is swak gebuffer, wat beteken dat
‘n vinnige verlaging in pH kan voorkom.
Die regstelling van die gronde geskied ook
redelik vinnig as die kalk voldoende met
die suurgrond reageer. Genoegsame vog,
asook deeglike vermenging, is noodsaaklik
om die gewenste regstelling te verkry.
Grafiek 1
toon ‘n voorbeeld van ‘n sand
grond wat erg in die ondergrond versuur
het. Die lande is in 2015 bekalk en in
2016 is weer monsters op dieselfde punt
geneem. Die aanvanklike pH(KCl) was 3,75
en het ná bekalking in die ondergrond na ‘n
pH(KCl) van 4,7 gestyg. Hoewel die
ideale pH(KCl) 5,5 is, was die verbetering
noemenswaardig.
Gereelde monitering van die grondchemiese
status is noodsaaklik om te verseker dat
grondversuring nie buite beheer raak nie.
Dit bied ook die geleentheid om korrektief
op te tree, voldoende kalk toe te dien en
ook om die regte keuse ten opsigte van kalk
te maak.
As ‘n verhoging in stikstofbemesting
onoordeelkundig aangepak word, kan dit
in die langtermyn nadelige gevolge ten
opsigte van opbrengs inhou. Maak altyd
seker dat die praktyke wat gevolg word,
die risiko verlaag en nie verhoog nie. Dit
is slegs moontlik as die gewasproduksie
met die regte soort bemesting op die regte
tyd en plek en in die korrekte hoeveelheid
ondersteun word.
In
Grafiek 2
word data uit die Omnia
databank voorgestel om die effek van
ondergrondsuurheid op watertafelgronde
te beklemtoon. Tydens die ondersoek is
191 469 bogrondmonsters en 46 115 on
dergrondmonsters op watertafelgronde
ontleed (slegs pH[KCl] laer as 5,5 is in ag
neem).
Dit is duidelik dat die voorkoms van
gronde met ‘n pH(KCl)-waarde laer as 4,5
in die ondergronde bykans 50% van die
monsters verteenwoordig. In die bogrond
is die waarde aansienlik laer, naamlik 34%.
Dié syfers beklemtoon die erns van die
produksiebeperkende probleem.
Gesels gerus met jou landboukundige vir
kundige advies oor die bestuur van grond
suurheid. Nie alleen sal dit risiko beperk
nie, maar ook die kumulatiewe effek op
produksieprestasie weerspieël.
July 2018
Watertafelgronde.
Foto: Danie Minnaar
65