Previous Page  66 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 66 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2018

64

Ondergrondsuurheid

‘n werklikheid

in hoëpotensiaal-watertafelgronde

D

ie versuring van landbougrond

met ‘n hoë potensiaal is ‘n

gegewe en die tempo waarteen

die agteruitgang voortsnel, word

deur verskeie bydraende faktore bepaal.

Elke produsent wil graag sy kinders en

kleinkinders met iets beter agterlaat as

waarmee hy self begin het. Dit is in ons

natuur. Ons moet opbou en verbeter en nie

afbreek en verwaarloos nie.

Deesdae is ‘n oorvloed van inligting op

elektroniese platforms beskikbaar: Ek

Google

net gou om ‘n antwoord te kry en ja,

daar het ek die antwoord en ek kan mos vir

Google

glo? Ons slaan egter dikwels die bal

mis wat konteks betref. Ons lees net wat ons

wil en ignoreer sommer die res.

Suid-Afrika het unieke grondsoorte

wat nie op ‘n internasionale basis met

ander wêreldgronde vergelyk kan word

nie. Ons klimaat is ook heelwat anders

as in ander dele van die wêreld waar

grane verbou word. Voeg daarby ook die

unieke produksiepraktyke wat ons op

watertafelgronde volg, dan het jy ‘n lekker

kombinasie waarvoor

Google

nie altyd

antwoorde het nie.

Versuring is ‘n natuurlike proses wat in

gronde plaasvind, maar dit word beslis deur

landboupraktyke aangehelp – veral onder

intensiewe graanverbouing. Volgens dr Koos

Bornman (Omnia Nutriology® Solutions)

kan die faktore wat grondversuring versnel,

soos volg opgesom word:

Oneffektiewe benutting en loging van

stikstof;

stikstofbronne (byvoorbeeld ammo­

niumnitraat en ureum);

bewerkingspraktyke;

bydrae van verskillende gronde en

grondklei-inhoud;

ongereelde en onvoldoende bekalking

van bogrond; en

verhoogde toediening van stikstof.

Oneffektiewe benutting van stikstof kan

drastiese

opbrengsverliese

meebring,

maar ook die tempo waarteen gronde ver­

suur, drasties laat toeneem. Soms kan die

oneffektiewe benutting voorkom weens

klimaatsfaktore buite ons beheer. Droogte

kan veroorsaak dat die plante eenvoudig

nie die toegediende stikstof deur middel

van massavloei kan opneem nie (droogte-

geïnduseerde stikstoftekorte). Loging van

stikstof, veral vroeg in die seisoen, kan tot

tekorte later in die seisoen lei – veral waar

geen topbemesting ter sprake is nie.

Dit is algemeen bekend dat stikstofbemes­

ting grond versuur. Die verskillende bronne

van stikstof, byvoorbeeld ammoniumnitraat

en ureum verskil drasties in die mate

waartoe dit die grond sal versuur. Aangesien

ureum met behulp van urease-ensieme na

hoofsaaklik ammonium-stikstof (NH

4

+

) in

die grond omskakel, moet die totale volu­

me daarvan stikstofnitrifikasie ondergaan,

wat gepaard gaan met die produksie van

waterstofione (H

+

). Waterstofione (H

+

) sal

dan die grond versuur.

Omskakeling na nitriet: 2NH

4

+

+ 3O

2

2NO

2

-

+ 4H

+

Omskakeling na nitraat: 2NO

2

-

+ O

2

2NO

3

-

Bewerkingspraktyke dra dikwels ook tot die

versuring van gronde by. Ureumbevattende

kunsmis word tussen 30 cm en 40 cm

diep gebandplaas in ‘n omgewing waar

optimale toestande vir die omskakeling na

ammonium en dan na nitraat selde heers.

Fokus

Kalk

Kobus van Zyl,

senior landboukundige, Omnia Kunsmis

Grafiek 1: Ondergrondse versuring van sandgronde.

Grafiek 2: Voorkoms van ondergrondsuurheid in watertafelgronde.

2016

0 mm - 200 mm: 5,8

400 mm - 600 mm: 4,7

Mini-