Previous Page  65 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 65 / 108 Next Page
Page Background

63

July 2018

Produkinligting

Fokus

Kalk

Mini-

I

n die Julie 2017-uitgawe van

SA Graan/

Grain

se spesiale fokus op bemesting

is lesers voorgestel aan die konsep van

gekombineerde kalk-effektiwiteit (GKE)

of persentasie GKE van ‘n landboukalk.

Ons het aangedui dat die chemiese sui­

werheid van landboukalk bepaal kan word

deur die persentasie KKE (sterk suur),

terwyl die kinetiese “reaktiwiteit” daarvan

onder andere benader kan word deur

die persentasie F, ‘n eenvoudige entiteit

wat op sy beurt aangedui word deur die

massapersentasie wat aan <106 mikron op

‘n nat siftoets-basis rapporteer.

Die aangewese berekening is doodeen­

voudig: % GKE=[

% KKE x % F

]. Die koste van

verskillende soorte landboukalk kan dan

geredelik vergelyk word deur die ekonomies

effektiewe bekalkingskoste (EEB) daarvan

as volg te benader: EEB in R/ton gelewer

=

Gelewerde prys in R/ton x 100

.

Ter stawing van bogenoemde benadering het SA Kalk & Gips ‘n

navorsingsprogram bekend gestel waarvolgens die relatiewe

oplosbaarheid en gevolglike biobeskikbaarheid van kalkproduk-

te in grond in beginsel benader sou kon word deur middel van

‘n eenvoudige swak suurneutralisasie-eksperiment in ‘n na­

vorsingslaboratorium.

Die onderskeidende gedrag van Ottoshoop Dolomiet, relatief tot

ander landboudolomiete, word in

Grafiek 1

aangedui. Die pre­

stasie van Ottoshoop Dolomiet onder hierdie toetskondisies is

tekenend van die hoogstaande chemiese suiwerheid en die ideale

partikelgrootte-verspreiding van die produk.

Ottoshoop Dolomiet se produkte word onder ‘n omgewings-

lisensie, uitgereik deur die Departement van Minerale Hulpbronne,

vervaardig via die herwinning van ‘n besondere hoë graad, natuur­

like, amorfe dolomiet vanuit ‘n stoorfasiliteit wat sy oorsprong het

uit ‘n gesofistikeerde en streng beheerde proses van opeenvolgende

vergruisings in waterdraende staaf- en balmeulens.

Die gevolg is ‘n ongeëwenaarde gehalte landboudolomiet met

‘n suiwerheid van ongeveer 94% KKE (suur) en ‘n persentasie

F van ongeveer 85%. Volgens ‘n hommeltuig-opname wat vroeër

vanjaar gedoen is, is die totale reserwe wat deurgaans aan

eersgenoemde gehaltestandaarde voldoen benaderd ongeveer

10 miljoen ton met ‘n gemiddelde persentasie GKE van bykans 80%,

in vergelyking met ander dolomiete, wat wissel tussen 25% en 75%.

Hierdie volume keurgraad-dolomiet, ge

kombineer met die teg­

niese kliëntediens, logistieke ondersteuning en beskikbaar­

heid van ‘n voltydse span bekwame en ervare mynpersoneel

te Witkop Myn naby Ottoshoop, verleen aan produsente jare-

lange toegang tot die spogperd van ekonomies doeltreffende bekal­

kingsprodukte in Suid-Afrika.

Vanweë die geweldige omvang van die mynaktiwiteite, wat onder

andere ook mikrofyn industriële kalkprodukte en konstruksie-

aggregate vervaardig, bied die voordeel van skaal die geleentheid

om Ottoshoop Dolomiet teen sodanige koste te produseer dat dit

SA Kalk & Gips in staat stel om hierdie toonaangewende produk

kompeterend regoor Suid-Afrika te versprei. Kontak gerus vandag

nog die SA Kalk- & Gipsspan.

spogperd

in stal van ekonomies

doeltreffende landboukalk

Dr Jaco Erasmus,

groep tegniese bestuurder, SA Kalk & Gips

Grafiek 1: Neutralisasiekurwes met 150 mg kalkbyvoegings by ‘n konstante volume

verdunde H

2

SO

4

teen pH 3,5.

100

% GKE

Herwinningsproses in aanvang by Ottoshoop Myn.