Previous Page  39 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 39 / 108 Next Page
Page Background

Revolusionêre plantvoeding

vir gesaaides

M

oderne landbougewasse kan deesdae dubbel die oes van ‘n

paar dekades gelede produseer. Vir hoër opbrengste en

‘n gehalte-oes is die regte beskikbare elemente, wat ook met

onkruiddoders versoenbaar is, nodig.

Produsente wie se bemestingkoste aanhou styg sonder dat resul-

tate verbeter, staar ‘n ongenaakbare kosteknyptang in die gesig.

“Plantvoeding en bemesting in reaksie op simptome bied nie ‘n

oplossing nie. Jy moet die oorsaak van probleme regstreeks en

betyds aanpak,” sê mnr Izak le Roux, besturende direkteur van

Elim Kunsmis, ‘n spesialis-plantvoedingsmaatskappy.

Le Roux sê Elim verkoop nie net die produkte wat die simptome

behandel nie, maar hulle bied ook praktiese en nommerpas-

oplossings. “Deur die beperkende faktore met behulp van betroubare

grond- en blaarontledings te ontleed, kan ons landboukundiges

aanbevelings vir elke plaas en verskillende gewasse maak.”

Een van Elim se unieke produkreekse lê klem op die beskikbaarheid

van mikro-elemente, terwyl dit versoenbaar is met glifosaat, asook

swam- en onkruiddoders.

“Die mark het ‘n behoefte gehad aan ‘n blaarvoedingsproduk wat

met glifosaatbevattende onkruiddoder gemeng kan word. ‘n Meng-

aksie tussen dié onkruiddoder en mikro-elemente skep normaal-

weg net ‘n ondoeltreffende mengsel.

“Ek het proefnemings gedoen en gesien plaaslike mikro-

elementreekse is nie met glifosaat versoenbaar nie.” Gelukkig kon

Brandt Consolidated, ‘n vervaardiger van plantvoedings- en plant­

beskermingsmiddels in Amerika, ‘n antwoord bied.

Die Brandt Smart-produkreeks kan met glifosaat gemeng en ge­

spuit word en bestaan uit Smart Trio, Smart B, Smart Cu, Smart Zn

en Smart Quatro. Dit is alles met glifosaat versoenbaar. Selfs

Monsanto het goedkeuring gegee dat dit saam met Roundup®-

onkruiddoders gebruik kan word.

Brandt se produkte word gerugsteun deur slim chemie. Die nood­

saaklike mikro-elemente sink en mangaan (albei met positiewe

ladings), wat in Smart Trio voorkom, is danksy die Smart-tegnologie

versoenbaar met glifosaat (met ‘n negatiewe lading). Daarom kan dit

gelyktydig toegedien word. In die verlede kon sink en mangaan nie

met glifosaat gemeng word sonder ‘n chemiese reaksie waardeur

dié elemente gebind en daarom onbeskikbaar geraak het nie. Dit

het ook glifosaat se doeltreffendheid benadeel. Smart-tegnologie

vergemaklik derhalwe enige bespuitingsprogram.

“Elim het ‘n eksklusiewe verspreidingsooreenkoms met Brandt.

Ons het die afgelope seisoen meer as 600 000 liter van die produkte

in Suid-Afrika verkoop,” sê Le Roux.

Boor onderskat

Nog ‘n voordeel van die Brandt-tegnologie is die opneembaarheid

en versoenbaarheid van boor in spuitmengsels. “Boor is ‘n onder-

skatte mikro-element in gewasproduksie, wat veral in blomtyd en

voor bestuiwing ‘n groot rol in die plant speel,” sê Le Roux.

“Met die water van spuitmengsels wat teen ‘n pH van 5 versuur

word, haal dit boor – wat alkalies is – uit suspensie,” verduidelik

hy. “Brandt se Smart B en Manniplex B-Moly se pH’s is albei 5,5

en daarom sak die boor nie uit nie, al word die spuitmengsel in die

tenk by ‘n pH van 5 versuur.”

Microlife

Elim se eie Microlife-reeks lê klem op grondgesondheid en wor-

telontwikkeling. “Ons maak ‘n aanbeveling op grond van die

grondstatus,” sê Le Roux. “Suur grond kan met Lime Granule, ‘n

kalkkorrelproduk, behandel word. Vir grond met ‘n hoë pH beveel

ons Gypsum Granule, ‘n gipsproduk, aan. Na gelang van die

grondtipe en die gewas se behoefte, kan die produsent Bio Green

Granule alleen gebruik of saam met die gips en kalkkorrels.”

Mycorrhizae en Trichoderma vorm deel van die Bio Green biolo-

giese korrel en is daarop gemik om wortelgroei te stimuleer.

Wortels

Elim is ook die verspreider van AfriKelp® LG-1, ‘n natuurlike wor­

telgroeistimulant wat uit bruin seewier (

Ecklonia maxima

) vervaardig

word. Dit word plaaslik geoes en volgens volhoubare praktyke

verwerk. Afrikelp het ‘n hoë ouksien- en lae sitokinien-verhouding,

wat daarop gemik is om wortelontwikkeling te stimuleer.

Vir navrae skakel Elim Hoofkantoor (012 252 4455) of een van

Elim se landboukundiges: Jaco Voges (060 624 4049) of Godfrey

Hartman (062 803 1429).

Registrasienommers

Produkregistrasienommers volgens Wet 36 van 1947: Misstowwe in Groep 2: Bio

Green Granule (B5468); Gypsum Granule (B5473); Lime Granule (B5474); Roundup

Ready (L7769); Afri-Kelp (L8274); Smart B (B5320); Smart Trio (B4289); Smart Cu

(B5319); Smart Quatro (B5317); Smart Zn (B4291).

Die promosie-artikel is verskaf deur

Landbouweekblad.

37

July 2018

Promosie-artikel

Elim se Microlife-reeks bied ondersteuning vir

wortelontwikkeling (Bio Green Granule), plantgroei

(Gypsum Granule) en grondgesondheid (Lime Granule).

Elim Kunsmis