Previous Page  37 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 37 / 108 Next Page
Page Background

I

n 2017 is weer ‘n volledige kunsmiskwaliteitmoniteringsprojek

van stapel gestuur. Dié projek is in samewerking met die

Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF), Fertasa,

die Sasol Landboutrust en Graan SA gedoen.

Die samewerking en die gees waarin hierdie projek plaasgevind

het, is beslis iets om op trots te wees en kan gebruik word as

voorbeeld vir ander vennootskappe wat tussen die privaat sektor en

die regering gesluit kan word.

Die doel van hierdie projek was om vas te stel of kunsmis- en

kalkkwaliteit aan die regulasies van die kunsmiswet (Wet 36 van

1947) voldoen.

Nadat inspekteurs van DAFF opgelei is, is kunsmismonsters van

24 verskillende kunsmismaatskappye geneem. Vir die eerste keer

is daar ook kunsmis deur middel van hierdie program in die

Wes-Kaap ontleed. Altesaam 37 kunsmismonsters is in die winter­

reënvalgebied en 97 in die somerreënvalgebied getrek. Nege

kalkbronne is ook in die somerreënvalgebied ontleed.

In totaal is 134 kunsmisprodukte van Fertasa en nie-Fertasa lede

gemonster. Hiervan het 27 (of 20%) ‘n tekort aan een of meer

voedingstof getoon.

Slegs vyf (of 4%) van die 132 stikstofbevattende bemesting-

stowwe het tekorte getoon.

115 produkte het fosfor bevat, waarvan vyf (of 4%) ‘n tekort

getoon het.

Drie (of 4%) van die 84 kaliumbevattende bemestingstowwe was

gebrekkig.

80 kunsmisprodukte het swael bevat, waarvan ses (of 8%) ‘n

tekort getoon het.

74 kunsmisprodukte het sink bevat, waarvan elf (of 15%) ‘n te­

kort getoon het.

16 mengsels het boor bevat waarvan drie gebrekkig was.

Nege kunsmismengsels het kalsium bevat, drie koper, drie

mangaan, een molibdeen en drie magnesium. Al hierdie

elemente is in aanvaarbare hoeveelhede getoets.

Ses dolomitiese en drie kalsitiese kalke, almal vanuit verskillende

kalkbronne, is ontleed. Nie een van die nege kalke het aan die

vereiste dat 100% van die deeltjies deur ‘n 1,7 mm-sif moet kan gaan,

voldoen nie. Al die kalke het egter aan die vereiste dat 50% van die

deeltjies deur ‘n 0,25 mm sif moet kan gaan, voldoen. Met net een

uitsondering, het al die kalkbronne aan die ander vereistes voldoen.

Een kalk het ‘n kalsiumkarbonaat-ekwivalent onder die vereiste

drumpel van 70% getoon.

Tabel 1

toon ‘n opsomming van die hoeveelheid kunsmisprodukte

wat gemonster is, die hoeveelheid wat een of meer tekort getoon

het en die hoeveelheid kunsmismaatskappye wat in die winter- en

somerproduksiegebiede betrokke was.

Vyf kunsmisprodukte (14%) van die winterreënvalgebied het

tekorte getoon. Vier van hierdie produkte was gebrekkig in net een

voedingstof, terwyl een kunsmis twee tekorte gehad het. Van die

22 (23%) wat in die somerreënvalgebied uit (verkeerd) getoets

het, het 14 ‘n tekort aan een voedingstof, sewe aan twee

voedingstowwe en een aan vier voedingstowwe en/of totale

voedingstofinhoud gehad.

Om die 2017-kunsmiskwaliteitsresultate in perspektief te stel, is

dit belangrik om daarvan kennis te neem dat die resultate van N,

P en K uitstekend was. Die voedingstowwe wat die resultate effe

skeefgetrek het, was swael, maar veral sink.

Dié 2017-projek sou beslis nie ‘n sukses gewees het as dit nie vir die

goeie samewerking tussen Fertasa, DAFF, die Sasol Landboutrust,

Graan SA, asook mnr William Deale en dr André Nel (kontrakteurs)

was nie. Omnia word ook bedank vir die finansiële ondersteuning

van hul kant af om die projek vir die eerste jaar van die grond af te

kry en vir die beskikbaarstelling vir hul laboratorium teen kosprys.

In 2018 gaan hierdie projek in volle swang voort. Indien produsente

aan die projek wil deelneem, kan hulle Graan SA kontak.

Kunsmiskwaliteit weer getoets:

Só lyk resultate

Fokus

Bemesting

Corné Louw,

senior ekonoom, Graan SA

AANTAL MONSTERS

WINTERPRODUKSIEGEBIED SOMERPRODUKSIEGEBIED

TOTAAL

Kunsmis ontleed

37

97

134

Kunsmis met tekorte

5

22

27

Maatskappye

5

22

24

Tabel 1: Opsomming van hoeveelheid kunsmisprodukte waarvan monsters geneem is.

35

July 2018

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Eugene du Plessis 2017