Previous Page  42 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 42 / 108 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Kantoor : 013 262 6671

www.agron.co.za

B

oerderypraktyke, waarvan kunsmistoediening een is, moet

nie net verseker dat grond se korttermyn-produksiekapa­

siteit beïnvloed word nie, maar ook dat holistiese welstand

geskep en onderhou word.

Agron is ‘n kunsmisvervaardiging-, verspreiding- en bemarkings­

maatskappy wat spesialiseer in biologies geïntegreerde vloeibare,

korrel- en grondkondisionering-bemestingsreekse. Kliënte kry toe­

gang tot ‘n volledig toegeruste diagnostiese landboulaboratorium,

gespesialiseerde landboutegniese dienste en ‘n volledige hoë

gehalte oplossing wat uniek aan elke kliënt se behoefte is.

Verspreidings- en bedieningsgebiede sluit tans Swaziland, Mosam­

biek en ses provinsies in Suid-Afrika in.

‘n Splinternuwe aanleg in Durban word middel vanjaar bekend ge­

stel, waar die meeste korrelmengselprodukte en roumateriaal

se versakking gedoen sal word. Behalwe vir kunsmisproduksie,

heg Agron ook groot waarde aan die ontwikkeling en bevordering

van tegniese kundigheid gestaaf deur wetenskaplike navorsing

en ontwikkeling. Die laboratoriumfasiliteit dien as grondslag vir

produknavorsing en -ontwikkeling, sowel as die gehaltebeheer

van produkte.

Metode-akkreditasie geniet tans aandag ter verbetering van

analitiese dienste wat aan die publiek gebied word, insluitende

blaar-, grond- en waterontledings. Geïntegreerde navorsing word

ook gedoen in samewerking met derdeparty-instansies. ‘n Voor­

beeld hiervan is waar kragte saamgesnoer word met Pioneer

in kultivarbesproeiingsproewe om stande en bemestingsriglyne

te bepaal.

Agron is ook ‘n Fertasa-geaffilieerde maatskappy, wat spog met

die onlangse behaling van ISO 9001:2015-akkreditasie in beide

die vervaardiging- en administratiewe stelsels wat tydens die

daaglikse operasionele aktiwiteite gebruik word. Produkreekse

word geformuleer met ‘n unieke biologiese benadering wat orga­

niese en chemiese prosesse kombineer. Agron glo dat ‘n suiwer

chemiese benadering tot bemesting nie volhoubaar kan wees nie.

Een van die maatskappy se hoofdoelwitte by kliënte is om kool­

stowwe in produksiegronde op te bou deur ‘n unieke gepatenteer­

de, biologiese grondkondisioneerder by bemestingsprogramme

te voeg. Verder bevorder die maatskappy biologies-geïntegreerde

produksie deur kliënte op hoogte te hou van nuwe ontwikkelings,

unieke produkte en passievolle dienslewering.

Ons passie:

Grond, gehalte en groei

Produkinligting

Werner Rossouw,

laboratoriumbestuurder, Agron

Fokus

Bemesting