Previous Page  35 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 35 / 108 Next Page
Page Background

33

July 2018

Stikstofbenutting

Stikstofbenutting het oor ‘n 50 jaar-periode (1960 tot 2010) van

68% tot 47% oor alle stelsels en 124 lande weens ‘n toename in

N-peile afgeneem (Lassaletta

et al

., 2014). Stikstofbenutting is egter

van 1980 tot 2010, tot meer as 60% verhoog in lande soos VSA,

Frankryk, Griekeland en Holland ten spyte van ‘n gemiddelde afna­

me oor alle lande (Lassaletta

et al

., 2014).

Wartmann

et al

. (2011) het ‘n gemiddelde N-herwinning in bo­

grondse plantdele van 60% tot 70% by die ekonomiese optimale

N-peil van 171 kg/ha vir mielies by ‘n opbrengs van 14,7 t/ha oor

32 besproeiingsproewe in Nebraska, VSA, aangeteken. Die organie­

se materiaalinhoud het van 0,7% tot 3,4% in die gronde tussen

die proewe gevarieer. Die hoeveelheid N wat by die ekonomiese

optimale N-peil opgeneem is, was 262 kg N/ha. Die relatiewe lae

optimale N-peil in verhouding tot N-opname kan toegeskryf word

aan aansienlike benutting van residuele anorganiese N in die

grond, gemineraliseerde N uit organiese materiaal en nitraat-N in

besproeiingswater.

Afgesien van die voorsiening van genoegsame N en die mak­

simalisering van wins bo kostes is die motivering vir voortdurende

verbetering van stikstofbenutting boonop om toksiese vlakke

van nitraat-N vir mense en diere in dieper grondwater en riviere

te voorkom, asook om atmosferiese N-verliese, wat bydra tot

aardverwarming en klimaatsverandering, te verminder.

Stel begroting op vir N-behoefte

Die bestuur van N behoort lank voor planttyd te begin deur die opstel

van ‘n begroting vir N-behoefte. Die verwagte N-opname in die

totale bogrondse groei word afgelei van die verwagte opbrengs.

Residuele anorganiese N (nitraat-N en ammonium-N) moet

ten minste tot ‘n diepte van 600 mm bepaal word. Organiese

materiaalinhoud tot ‘n diepte van 300 mm is ‘n aanduiding van

potensieel-mineraliseerbare N. Die hoeveelheid N wat moontlik vir

elke persentasie organiese materiaal gemineraliseer kan word, is

45 kg N/ha.

Formule vir die N-behoeftebegroting:

N-behoefte = verwagte N-opname minus residuele N minus

mineraliseerbare N minus N in besproeiingswater

Die verfyning en aanpassing van die voorafopgestelde begroting

gedurende die seisoen volgens die volgende metings/waarnemings

is krities:

N-bepalings in die grond (0 mm - 600 mm diep), voor en/of na

bo-bemesting.

Blaarontledings vir N gedurende spesifieke groeistadia.

Chlorofil-pigment-skandeerders en/of blaredak-weerkaatsing­

skandeerders by spesifieke groeistadia. Hierdie bepalings maak

ook veranderlike toedienings binne die seisoen volgens ruim­

telike variasie moontlik.

Visuele waarneming van moontlike vroeë N-translokasie of

N-tekortsimptome.

Logingsverliese kan soos volg verminder word:

Die sinkronisering van N-toedienings met die periode van

maksimum opname.

Meervoudige N-toedienings gedurende die seisoen.

Die toediening van N-bronne wat meer geredelik vir opname

beskikbaar is. Ammoniumnitraat-gebaseerde produkte soos

kalksteenammoniumnitraat (KAN), ammoniumnitraatoplossing,

kaliumnitraat, kalsiumnitraat en ammoniumsulfaat is dadelik

beskikbaar vir opname, terwyl ureum eers na ammonium en

nitraat omgeskakel moet word. Ammonium-N afkomstig van

ammoniumsulfaat en ammoniumnitraat sal nie loog voordat

dit na nitraat-N omgeskakel word nie, terwyl ureum dadelik sal

loog. Ook wanneer ammoniak direk in die grond toegedien word,

sal dit in die grondwater oplos om ammonium, wat nie in die

vorm sal loog nie, te vorm.

Vervlugtigingsverliese kan soos volg verminder word:

Meganiese grond-inkorporering van alle N-bronne of die in-

wassing van ureum en nitraat in die grond in, sal die verliese van

ammoniak (NH

3

) en atmosferiese stikstof (N

2

en N

2

O) verminder.

Ammoniumnitraat-gebaseerde produkte en ammoniumsulfaat

sal betekenisvol minder vervlugtig as ureum of ureum plus

urease-inhibeerders. Ureum sal die meeste vervlugtig en dit sal

vererger word deur hoë temperature, hoë pH en plantresidu’s

op die grondoppervlakte. Urease-inhibeerders wat saam met

ureum toegedien word, sal ‘n bydrae lewer om ammoniakverliese

te verminder, maar dit word nie aanbeveel wanneer vinnige

opname van N nodig is nie.

Gronde wat langdurig met water versadig is, moet gedreineer

word om atmosferiese N-verliese van nitraat-N deur die proses

van denitrifikasie te verminder. Hierdie stap sal N-opname en

waterbenutting ook verbeter.

Slotopmerkings

Afgesien van N-bestuurspraktyke wat N-toedienings optimaliseer

en N-verliese beperk, behoort gewasrotasiestelsels wat peulgewas­

se insluit ook bevorder te word ten einde atmosferiese N te bind.

Die beraamde N-krediet weens die verbouing van sojaboon,

droëbone, lusern, soetklawer/rooiklawer en suikerbeet op sandgrond

is 34 kg, 28 kg, 112 kg, 90 kg en 56 kg N/ha onderskeidelik (Shapiro

et al

., 2008).

Bewaringslandboupraktyke wat die organiese materiaalinhoud

van gronde verhoog en sodoende ook die N-leweringsvermoë sal

verhoog, moet bevorder word.

Beide bogenoemde praktyke sal die benutting van toegediende N,

sowel as die benutting van plantbeskikbare grondwater verbeter.

Verwysings

Adriaanse, FG and Human JJ. 1993.

Effect of time of application and nitrate:

Ammonium ratios on maize grain yield, grain N concentration and soil mineral N-

concentration in a semi-arid region

. Field Crops Research 34, 57 - 70.

Argus Media. 2017.

Water soluble fertilisers: The perfect solution. info@

argusmedia.com

Doberman, AR, Wortman, CS, Ferguson, RB, Hergert, GW, Shapiro, CA, Tarkalson,

DD and Walters, DT. 2011.

Nitrogen response and economics for irrigated corn in

Nebraska.

Agron. J. 103: 67 - 75.

Lassaletta, L, Billen, G, Grizzetti, B, Anglade, J and Garnier, J. 2014.

50 year trends

in nitrogen use efficiency of world cropping systems: The relationship between

yield and nitrogen input to cropland

. Environ. Res. Lett. 9 105 011.

Sadras, V and McDonald, G. 2012.

Water use efficiency of grain crops in Australia:

Principles, benchmarks and management

. Grain Research & Development

Corporation: Australia.

Sawyer, JE. 2017.

Nitrogen use in Iowa corn production

. Iowa State University:

Ames, Iowa.

Shapiro, CA, Ferguson, RB, Hergert, GW, Wortman, CS and Walters, DT. 2008.

Fertiliser suggestions for corn

. University of Nebraska: Lincoln.

Vukovic, I, Mesic, M, Zgorelec, Z, Jurisic, A, and Sajko, K. 2008.

Nitrogen use

efficiency in winter wheat

. VII Alps-Adria Scientific Workshop: Stara Lesna,

Slovakia.

Wortman, CS, Tarkalson, DD, Shapiro, CA, Doberman, AR, Ferguson, RB, Hergert,

GW and Walters, DT. 2011.

Nitrogen use efficiency of

irrigated corn for three

cropping systems in Nebraska

. Agronomy Journal 103: 76 - 84.

Let wel: Raadpleeg ‘n gekwalifiseerde landboukundige vir meer lokaliteit-spesifieke toepassings.