Julie 2018
32
D
ie meeste voedsel word met natuurlike reënval ge
produseer, terwyl ontwikkeling in ‘n groot aantal lande
met die gepaardgaande toename in die bevolking minder
landbougrond per persoon vir voedselproduksie tot
gevolg het. Hierdie verwagte afname is 20% van ‘n huidige
2 250 m
2
/persoon tot 1 800 m
2
/persoon in 2050 (Argus Media,
2017). Terselfdertyd beteken dit ook dat minder natuurlike reënval/
persoon/m
2
vir voedselproduksie opgevang kan word.
Sekere areas word stelselmatig al warmer en droër weens kli
maatsverandering en dit lei tot ’n verdere afname in gewaspro
duksie. Die wêreldwye proporsionele verdeling van waterverbruik
vir ontwikkelde lande is 62% vir besproeiing, 22% vir indus
trieë, 13% vir huishoudelike gebruik en 3% vir diereproduksie
(Argus Media, 2017), maar die gedeelte vir besproeiing raak toe
nemend kleiner.
Aan die ander kant word verwag dat die wêreldbevolking met 17%
van ‘n huidige 7,7 miljard tot nagenoeg 9 miljard in 2050 sal toeneem
(Argus Media, 2017). Die druk op landbou om waterbenutting
(opbrengs/mm grondwater) te verbeter, asook die behoefte om
voedsel van waterryker dele na waterarmer dele te vervoer om ‘n
toenemende wêreldbevolking te voed, sal dus na verwagting in die
onmiddellike toekoms drasties toeneem.
Benutting en opgaar van grondwater
Verskeie landboukundige praktyke het tot dusver bygedra tot die
benutting en opgaar van grondwater. Diep skeurploegbewerkings
van verdigte sandgronde en die verbetering van ondergrondse
versuring het beter benutting van ondergrondse water tot gevolg
gehad. Geenbewerking- en minimumbewerkingspraktyke het wa
terindringing verbeter en verdampingsverliese verminder deur die
vorming van ‘n deklaag op die grondoppervlakte.
Die vermindering van tussenryspasiëring en die vermeerdering van
intraryspasiëring het die kompetisie vir water tussen plante vermin
der, maar het terselfdertyd verdamping verminder deur ‘n groter
blaredak oor ‘n groter grondoppervlakte te realiseer. Verhoging in
organiese materiaalinhoud het waterindringing en waterhouvermoë
van gronde verbeter. Besproeiingstelsels, toerusting en skedulering
is verbeter. Wortelverspreidings en droogteweerstandbiedendheid
is geneties verbeter.
Voldoende voeding en waterbenutting
Grondvrugbaarheid, wat alle noodsaaklike voedingselemente in-
sluit, hou direk verband met die benutting van grondwater.
Gewasse wat voldoende gevoed is, word in staat gestel om tot hul
volle genetiese potensiaal te ontwikkel en om ook die maksimum
hoeveelheid water te onttrek.
Goed gebalanseerde grondvrugbaarheid sal waterdreineringsver
liese en -verdampingsverliese verminder, maar sal terselfdertyd
ook transpirasie en opbrengs verhoog. Stikstof (N) is die element
wat in die grootste hoeveelhede opgeneem word. Dit is ook
die element wat die meeste vir die produksie van droë massa en
graanopbrengs verantwoordelik is.
Bestuur N versigtig
Terselfdertyd is N die element wat die meeste deur vervlugtiging
en loging verlore gaan, maar ook die element wat die meeste vir
toksiese effekte verantwoordelik is. Die versigtige bestuur van
N-voorsiening gedurende elke seisoen sal die grootste deel van die
gaping tussen potensiële opbrengs (soos bepaal deur grondwater
en genetiese potensiaal) en verkreë opbrengs vul (Sadras en
McDonald, 2012), met die gevolg dat waterbenutting ook verbeter
sal word.
Die ekonomiese optimale N-peil is gewoonlik 95% tot 100% van die
N-peil wat benodig word vir maksimum opbrengs. Stikstofbenutting
(kg opbrengs/kg N toegedien) sal egter afneem met toenemende
N-peile. Dit sal die laagste wees by maksimum opbrengs en sal selfs
nóg laer wees by oorvoorsiening van N.
In die eerste plek behoort die doel met N-bestuur altyd te wees om
opbrengs en wins bo alle produksiekostes te optimaliseer en in die
tweede plek om stikstofbenutting te verbeter. Die verbetering van
stikstofbenutting behoort opbrengs te verhoog en die ekonomiese
optimale N-peil om hierdie opbrengs te verkry, te verlaag.
Die maksimalisering van stikstofbenutting
per se
behoort nooit die
doel te wees nie, want dit sal wins bo kostes en waterbenutting
verlaag. Vukovic (2008) het byvoorbeeld uitgewys dat maksimum
stikstofbenutting vir koring 24 kg opbrengs/kg N by toedienings
van 100 kg N/ha en ‘n opbrengs van 5,51 t/ha was, teenoor ‘n
stikstofbenutting van 14 kg opbrengs/kg N by toedienings van
300 kg N/ha en ‘n opbrengs van 7,48 t/ha.
Gegewe dat die primêre doelstelling die optimalisering van N-peile
vir die beste ekonomiese rendement op alle produksiekostes is en
die sekondêre doelstelling die verbetering van stikstofbenutting is,
moet die onvermydelike aanvaar word dat ‘n redelike gedeelte van
toegediende N nie in ‘n bepaalde seisoen benut sal word nie, maar
moet dit ook besef word dat die onbenutte N nie alles verlore sal
gaan nie.
‘n Groot gedeelte van die onbenutte toegediende N sal van een
seisoen na die volgende oorgedra word (30 kg tot 254 kg N/ha;
0 m tot 1,2 m grond diepte, Dobermann
et al
., 2011). Die skrywer
(Adriaanse, 2017) het ‘n negatiewe verband tussen mielieop
brengs en residuele anorganiese N in die boonste gedeelte van ‘n
watertafel-sandgrond aangeteken. Nagenoeg 25% van onbenutte
anorganiese N sal in die organiese poel gestoor word (Sawyer,
2017).
N-bemesting lewer ook ‘n bydrae om die organiese poel in stand
te hou indien dit nie benut word of verlore gaan nie. Verder sal ten
minste ‘n gedeelte van die N wat na die dieper grondwater en riviere
loog, weer benut word wanneer daar met die water besproei word.
Dobermann
et al
. (2011) het aangetoon dat 20 kg tot 90 kg nitrate-
N/ha deur besproeiingswater toegedien word. Residuele anorganie
se N asook die N in besproeiingswater behoort bepaal te word en
in berekeninge vir N-behoeftes van die volgende seisoen ingesluit
te word.
Optimalisering van stikstofbehoeftes
en -benutting
= beter waterbenutting
Fokus
Bemesting
Dr Erik Adriaanse,
bestuurder:
produkontwikkeling en tegniese ondersteuning, Sasol