Previous Page  40 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 40 / 108 Next Page
Page Background

Fokus

Bemesting

Korrekte kunsmisplasing kan

opbrengste verhoog

Produkinligting

O

m die potensiaal vir ‘n suksesvolle oes en lowergroen ge­

wasse op die land te bevorder, behoort die konsep van

akkurate en korrekte kunsmisplasing by elke saaiprodu-

sent ingeskerp te word. Dit sal verseker dat die toege­

diende kunsmis optimaal benut word.

Optimale saadontkieming en saailingvestiging is noodsaaklik vir

‘n suksesvolle oes. Ná plant is die saadjie in ‘n nuwe omgewing,

waar dit vir die eerste keer aan ‘n reeks omgewingstoestande

blootgestel word wat alles ‘n invloed op ontkieming het. Dit sluit

onder meer die grondtemperatuur en grondvog in.

Daarom is dit van kardinale belang om die omgewing só te bestuur

dat ontkieming vinnig en sonder enige beperkings kan verloop.

Dit is noodsaaklik om ‘n gesonde saailing te vestig, wat later ‘n

sterk plant met ‘n hoë opbrengspotensiaal oplewer. Deur die ideale

planttyd te kies, verlaag ‘n produsent sy risiko en hanteer hy ook

baie van die omgewingsfaktore.

Dit word dikwels uit die oog verloor dat die wortels die funksie om

die plantvoedsel te verskaf, oorneem pas nadat ‘n saadjie geplant

is en ontkiem het. Voedingstekorte in hierdie stadium kan dras-

tiese gevolge vir saailingontwikkeling en opbrengste hê.

Deur chemies verkorrelde ammoniumnitraat-gebaseerde planter­

mengsels met die nodige makro- en mikro-voedingselemente

op die regte plek en diepte te bandplaas, kan aan saailinge se

voedingsbehoeftes voldoen word om ‘n gesonde en groeikragtige

plant te verseker.

Die konsep om kunsmis in ‘n band te plaas, het ten doel om vol­

doende voedingstowwe wat nie-mobiel en in lae hoeveelhede in die

grond voorkom, op ‘n veilige plek en in ‘n hoë konsentrasie naby

die saad te plaas. Die veiligste is altyd om met oorleg na ‘n

grondontleding te verwys. Só kan die voedingsbehoefte wat ge­

bandplaas moet word, op elke plaas en land vir spesifieke gewasse

bepaal word.

Om plantvoedingstowwe te konsentreer en in ‘n band aan plante

toe te dien, lewer nie net ‘n mooi saailing en meer weelderige plante

nie, maar het ook beter opbrengste tot gevolg.

Omnia se proefresultate oor kunsmisplasing bevestig dat kuns­

misplasing tot reusagtige verskille in opbrengste kan lei. Die

onakkurate plasing van kunsmis lei tot groot verliese.

Nuwe produkte word voortdurend ontwikkel, wat plante help om

beter wortelstelsels te vestig. Gesels gerus met jou Omnia land­

boukundige hieroor.

Stephan Erasmus,

landboukundige, Omnia Kunsmis

Julie 2018

38

Voedingstekorte in

hierdie stadium kan

drastiese gevolge vir

saailingontwikkeling en

opbrengste hê.