Previous Page  38 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 38 / 108 Next Page
Page Background

Fokus

Bemesting

O

m ‘n opbrengs van 11,47 t/ha met sojabone te realiseer,

klink vir die meeste produsente onmoontlik, maar die

Amerikaner, mnr Randy Dowdy, het dit reggekry. Elim

Kunsmis het hom uitgenooi om nie net sy suksesverhaal

nie, maar ook sy wenresep, met Suid-Afrikaanse produsente in

verskillende dele van die land te kom deel.

Aan die einde van Mei vanjaar het produsente van regoor die

land inligtingsessies, wat geborg is deur Graan SA, Brandt Smart

System, AfriKelp, Roundup PowerMAX en

Landbouweekblad

,

bygewoon. Belangstellendes het op Winterton in KwaZulu-Natal,

Bethal in Mpumalanga, Potchefstroom in die Noordwes Provinsie

en Koedoeskop in Limpopo gaan uitvind wat die boerderypraktyke

van dié dubbele wêreldkampioen is.

Hierdie groot man met sy ewe groot persoonlikheid is tans die

wêreldrekordhouer vir sojabone met 11,47 t/ha, maar was in 2014

ook die wêreldrekordhouer vir mielies met 31 t/ha.

“Paying it forward”

Dowdy is ‘n eerstegenerasieprodusent in Valdosta, Georgia. Al het

hy klein begin, strek sy plase, Dowdy Farms, nou oor ‘n groot gebied

van Georgia tot in Florida. Hy het besluit om nooit suinig te wees

met sy kennis nie, omdat hy as beginnerprodusent baie hulp

ontvang het van bure, medeprodusente en ander kundiges.

“Ek glo in die konsep van ‘paying it forward’,” sê hy. As gevolg

van dié besluit het ‘n groot aantal Suid-Afrikaanse produsente ook

daarby gebaat. Hy doen meer as 100 praatjies per jaar en sê dat

dit vir hom baie opwindend is om te deel in die sukses van iemand

wat sy advies ter harte neem.

Die opstel van rekords en die wen van opbrengskompetisies is

egter nie waarop hy fokus nie. Vir hom is volhoubare produksie van

groter belang en hy fokus op opbrengs op belegging. Omdat hy

egter kompeterend van aard is, geniet hy kompetisies en is sy suk-

ses een van die gevolge van dié karaktereienskap.

Hy is analities – ‘n kritiese denker wat sy produksiepraktyke in ver­

skillende produksiegebiede én wisselende groeitoestande van

Amerika opgedoen het deur waarneming. Die feit dat hy sonder enige

kennis oor boerderypraktyke begin boer het, het beslis bygedra

tot sy suksesverhaal, vertel hy. Dit was vir hom uiters belangrik

om die wetenskap agter produksiepraktyke wat toegepas word,

te verstaan. Hy het dus bly vrae vra en só by een van sy mentors

geleer dat ‘n magdom inligting ontsluit word deur die regte vraag

te vra.

Die Skrifgedeelte “Beproef alle dinge en behou die goeie” pas

perfek in by sy metodiek. “‘n Mens kan nie dieselfde ding oor en

oor doen en ‘n ander uitkoms verwag nie,” het hy produsente

gemaan. Volgens hom groei talle familieboerderye nie omdat jong

produsente nie nuwe produksiepraktyke in die boerdery inkorpo-

reer nie.

Hy meen dit is goed om voort te bou op metodes wat oor jare

toegepas is, maar met tegnologie wat met rasse skrede toeneem,

kan ou praktyke ook beperkings op die boerdery plaas. “Produsente

het niks om te verloor deur nuwe dinge te toets nie. En as jy onseker

voel daaroor, vra net die regte vraag,” het hy sy goeie raad gedeel.

Op Dowdy Farms word presisieboerdery toegepas om die impak

van beperkende faktore soos klimaatstoestande te verminder.

Altesaam 70% van sy ongeveer 8 100 ha bewerkbare grond is

onder besproeiing. Hy gebruik ‘n wisselboustelsel waar mielies met

sojabone en ertjies afgewissel word. Ander produksiepraktyke wat

bydra tot sy sukses, is dat die risiko’s versprei word deur die gebruik

van verskillende saadmaatskappye se produkte. Strookbewerking

en minimumbewerking word toegepas en plantvoeding sowel

as kunsmis vorm ‘n belangrike deel van sy bestuursprogram.

Om gedeeltes van Dowdy se aanbiedings tydens sy besoek aan

Suid-Afrika te sien, gaan na:

https://youtu.be/y1u8FrXLA9k

.

Fokus op wortelontwikkeling

Mnr Thomas Strydom van Sion Agri het tydens die geleentheid in

Potchefstroom meer vertel oor die onafhanklike navorsing wat met

behulp van AfriKelp en Brandt onder Suid-Afrikaanse toestande op

soja en mielies gedoen is. Hy hoop om produsente met dié proewe

te help om ‘n hoër wins per hektaar te behaal.

Hy het onder andere verduidelik waarom dit belangrik is om op

wortelontwikkeling te fokus sodat plante in strestoestande makliker

kan oorleef. “Jy kan net besluite neem as jy weet wat fout is, so

probeer uitvind wat jou opbrengs beperk,” het hy gesê, en produsen­

te aangemoedig om blaarmonsterneming te laat doen.

Mnr Sarel van Rensburg van Northwind Trading het produsente inge-

lig oor die belangrikheid van kalk vir die ontwikkeling van plantwor-

tels. Hy het uitgebrei oor die impak wat die gebruik van MicroLife

Kalk en gipskorrels op mielies en sojabone het deur getuienisse en

stawende foto’s van verskeie produsente te bespreek.

Amerikaner deel

topwenke

met SA-produsente

Produkinligting

Louise Kunz,

SA Graan/Grain

redaksiespan

Julie 2018

36

Meer as 300 produsente het die inligtingsdag in die Snowflake-gebou in

Potchefstroom op 30 Mei bygewoon. Die sprekers was Sarel van Rens-

burg, Thomas Strydom, Randy Dowdy en Izak le Roux, hoof uitvoerende

beampte van Elim Kunsmis.