Previous Page  45 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 45 / 108 Next Page
Page Background

Navorsing by die Rothamsted eksperimentele plaas in Engeland het

gewys dat vrylewende stikstofbindende bakteriese getalle hoër is in

landerye waar geen stikstof toegedien is nie. Daar is ook gevind dat

hierdie bakterieë tot soveel as 20 kg stikstof per hektaar bykomend

in die grond kan verskaf indien wisselbou toegepas word.

Mikorisa en fosfaat-vrystellende mikrobes

Een van die hoofrolspelers, wat ‘n brug tussen die plant en grond

skep, is die bekende arbuskulêre mikorisaswamme. Verskeie studies

het getoon dat mikorisaswamme ‘n direkte voordeel vir ‘n gewas

inhou deurdat dit voedingstowwe aan die gewas beskikbaar stel,

wat tot verhoogde produktiwiteit kan lei.

Arbuskulêre mikorisaswamme leef in harmonie saam met

plantwortels. Mikorisa, ook bekend as wortelswam, is afgelei van

die Latynse woord

mycos

wat swam beteken en

rhiza

wat wortel

beteken. Dit word in die meeste gronde gevind en is volop in die

risosfeer.

Mikorisaswamme kan ongelukkig net in die risosfeer groei en

voortplant. Deel van die swam is dus binne die wortel, aangesien

die gasheerplant se wortels gekoloniseer word deur die swam.

Sekere plante is geskikte gashere vir mikorisa. Gewasse soos

mielies, peulgewasse en sonneblom is uitstekende gashere vir

mikorisaswamme. Kanola en koolgewasse kan egter nie as gasheer

vir mikorisaswamme dien nie. Elke plant of gewas het sy eie groep

spesies van mikorisa.

Mikorisa vorm ‘n netwerk van fyn swamdrade in die risosfeer

om die worteloppervlak te verleng en sodoende die absorbsie-

oppervlak van wortels met tussen 100 tot 1 000 maal te vergroot.

Die uitgebreide netwerk van swamdrade maak die plantwortels

meer doeltreffend ten einde water en ander voedingstowwe soos

fosfor (P) en sink (Zn) op te neem.

Op sy beurt kry die mikorisaswam weer suikers (koolstof) en

ander stowwe van die plantwortels. Beide gasheer en swam word

bevoordeel. Grondbewerking is uiters nadelig vir mikorisa. Mikorisa-

inokulante is kommersieel beskikbaar en is veral voordelig in

P-beperkende gronde.

‘n Ander groep van bakterieë, soos byvoorbeeld

Pseudomonas

,

Bacillus

en aktinomisete, asook swamme (

Aspergillus

en

Penicil­

lium

) het die vermoë om plant-ontoerekenbare (onbeskikbare)

fosfor (P) in die grond te mineraliseer en vry te stel. Net soos in

die geval van arbuskulêre mikorisaswamme, word die gebruik van

inokulante vir bogenoemde organismes ook as voordelig beskou

– veral in P-beperkende gronde.

Onderdrukking en beskerming teen siektes

Veral jong gewasse se wortels is vatbaar vir infeksie deur patogenie­

se swamme, bakterieë of virusse. Mikorisa en patogene ding mee vir

infeksieruimtes op die worteloppervlak en kompeteer verder ook vir

koolstof en ander voedingstowwe. Aldus word die patogene deur

middel van kompetisie uitgehou.

Mikorisaswamme kan ook chemiese verbindings met antimikro-

biese eienskappe afskei, wat verhoed dat ongewenste swamme

die wortels van die gasheerplant binnedring. In mikorisa se

teenwoordigheid word patogene tot ‘n groot mate in die proses

uitgesluit. Mikorisa dien sonder hulp van buite as hoogs effektiewe

biologiese beheer-tussenganger.

‘n Uitstekende voorbeeld waar mikorisa die plant teen patogene

beskerm, is

Fusarium

spp. wat wortelvrot en kroonvrot in mielies

veroorsaak. In gevalle waar mikorisa nie volkome onderdrukking

van patogene kan bewerkstellig nie, dra hulle nog steeds by

tot verdediging van die gasheerplant in kombinasie met ander

biologiese agente soos die welbekende wortelknoppiebakterieë,

Rhizobium

spp.

Grondstruktuur en voedingsvoordeel

Die netwerk van mikorisaswamdrade dra by tot grondstruktuur

en -stabiliteit. ‘n Byproduk van die aktiwiteit van mikorisa is die

vervaardiging van glomalien, ‘n verbinding wat grondstruktuur

verbeter.

Glomalien is basies die “gom” wat kleipartikels aanmekaar bind om

groter aggregate te vorm. Sodoende word daar groter porieruimtes

in die grond gevestig, wat gaswisseling om die wortelsone bevorder.

Dit skep natuurlik die ideale ruimtes vir plantwortels om te kan

groei en funksioneer. Die ruimtes bevorder ook die vinnige verdeling

van voordelige aërobiese bakterieë wat stikstof kan bind asook fosfor

kan oplos en dit aan die plant beskikbaar stel. Mikorisaswamdrade

kan ook sand saambind, wat ‘n ideale vogretensie-omgewing vir

plantwortels en bakterieë skep.

Mikorisa koloniseer veral jonger plantwortels. In ouer plantwortels

breek die wortelkortekslaag waarin die mikorisa is, mettertyd af.

Fyn wortels is die hoofsetel van mikorisa-ontwikkeling en is ook die

aktiefste gedeelte vir voedingsopname.

Die toevoeging van organiese materiaal soos kompos kan ook

‘n positiewe effek op arbuskulêre mikorisaswamme se spoorgetalle

hê. In droë gebiede help die mikorisaswamme om skaars water na

die plant te vervoer.

Gevolgtrekking

Gunstige mikrobes in die grond is nie net verantwoordelik vir die

afbreking van organiese materiaal nie, maar bind en stel ook belang­

rike plantopneembare voedingstowwe vry, bou die grondstruktuur

op, breek giftige stowwe af en onderdruk siektes en

plae – alles tot die bevordering van ‘n volhoubare

plant- en gewasproduksiestelsel.

43

July 2018