Fokus
Bemesting
Y
ara is in 1905 gestig om die dreigende hongersnood in
Europa hok te slaan. Die maatskappy is daarop gefokus
om die wêreld met verantwoordelikheid te voed en die
planeet te beskerm. Yara se waardes sluit in ambisie,
aanspreeklikheid, samewerking en weetgierigheid.
As die grootste kunsmisvervaardiger wêreldwyd, met ‘n totale
verkoopsyfer van 36,3 miljoen ton produkte (gewasvoeding en
industriële oplossings), waarvan 27,6 miljoen ton selfvervaardigde
produkte is, het Yara tans ‘n wêreldwye teenwoordigheid met
meer as 16 000 personeellede en handel word in meer as 60 lande
gedryf. Met gewasvoedingsoplossings en ‘n presisieboerdery
benadering word produsente toegelaat om hul opbrengste te
verhoog en gehalte te verbeter, terwyl die impak op die omgewing
verminder word.
Yara bied volhoubare gewasvoedingsoplossings vir produsente
in die Wes-Kaap en brei nou uit om die oostelike en noordelike
provinsies van die land in te sluit. Die strewe is om produsente
se winsgewendheid te ondersteun deur kennis en hoë gehalte
produkte, wat geskep word om by die produsent se spesifieke
vereistes te pas.
Ons gewasvoedingvoorstelle optimaliseer nie net sterk groei
en goeie opbrengs nie, maar daarmee saam word die water
gebruiksdoeltreffendheid ook verbeter. Beter voedingsbestuur sal
plantgesondheid verbeter en boonop ‘n verhoogde opbrengs op
belegging teweeg bring.
Een van die talle produkte wat hierdie doel nastreef, is YaraVita®
Procote®. Dit is ‘n innoverende tegnologie wat ontwikkel is vir die
homogene bedekking van korrelkunsmis met mikro-elemente.
Laasgenoemde aanpassing van die tradisionele vermenging
van korrelspoorelemente het ‘n uiters positiewe invloed op be
skikbaarheid as gevolg van beter verspreiding.
Sodoende is dit moontlik vir die produsent om mikro-elemente
baie akkurater voor en/of met plant toe te dien, maar ook later in
die groeiseisoen. Die individuele mikro-elementbronne sink, boor,
koper en mangaan is beskikbaar, maar ook in verskeie kombinasies.
Buiten dat elke korrelkunsmis bedek is met mikro-elemente, word
die hanteringseienskappe ook verbeter.
Vir meer inligting oor die reeks, produkte, voedingsoplossings
en tegnologie, kontak jou naaste Yara agent.
Tegnologie nou beskikbaar in jou streek
Produkinligting
Tyla Rogers,
kommunikasiebestuurder: Gewasvoeding, Yara
S
P
O
O
R
E
L
E
M
E
N
T
E
B
E
D
E
K
K
I
N
G
O
P
K
U
N
S
M
I
S