Previous Page  32 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 32 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2018

30

Fokus

Bemesting

D

ie destydse nostalgiese naam Triomf word onder lei­

ding van mnre Bertus Brink (uitvoerende beampte) en

Japie Meyer (hoofbedryfsbeampte) in ‘n rigting van vars

innovasie, integriteit en doelgerigte vooruitgang gestuur.

Ons is trots op die Triomf-handelsmerk en streef daarna om

Triomf se status met waardigheid te hervestig – nie net as ‘n

voorkeurkeuse-verspreider van topgehalte kunsmis nie, maar ook

as ‘n vennoot en vertroueling in elke landbou-huishouding regoor

Suid-Afrika. Triomf se Switserse aandeelhouers, Lavaux Agri

Investments, bring ‘n unieke dinamika wat dié kunsmismaatskappy

gaan onderskei van sy mededingers.

Die bestuur fokus op die volhoubaarheid van produkstandaarde,

hoë gehalte en verbeterde dienslewering. Kliëntetevredenheid is

bevestig en deurgevoer tydens die ondertekening van die same­

werkingsooreenkoms tussen Triomf Kunsmis en AmSpec Sub-

Sahara Africa, waartydens ooreengekom is dat AmSpec vanaf

1 April vanjaar al Triomf se laboratorium-funksies gaan oorneem.

Die standaard versekeringsproses begin by die verkryging van

ingevoerde grondstowwe. Vanaf internasionale oorsprong tot

by Triomf-aanlegte word deurlopende analises gedoen om die

gehalte te monitor en tydens versendings na produsente word elke

vrag vergesel van ‘n analise-sertifikaat, wat deur AmSpec uitge-

reik is.

Triomf se hoofkwartier, ‘n produksiefasiliteit van 180 000 m², is

in Potchefstroom, in die hartjie van Noordwes, geleë. Dit is die

vernaamste verspreidingspunt direk na die produsent, nasionale

depots, groothandelaars, kleinhandelverkope en oorgrens-produ­

sente. Die verspreidingsnetwerk is onlangs vergroot met die aan­

koop van ‘n addisionele produksiefasiliteit van ongeveer 38 000 m²

in Cato Ridge, Durban.

Ons is baie opgewonde oor die nuwe ontwikkeling en vooruit­

sigte in KwaZulu-Natal. Die mengaanlegte is reeds in vervaardiging

en produksie word beplan vir einde September/begin Oktober

vanjaar.

Triomf Swaziland se perseel word tans opgegradeer en vergroot

om voorsiening te maak vir sy eie kunsmisaanleg, wat tans ook

nog in vervaardiging is, en ons beplan om operasioneel te wees

teen einde Julie vanjaar. Die span is trots op hul mense se

kundigheid in produkontwikkeling en verbetering, gehaltebestuur,

plantvoedingformulering, grondrisiko-identifisering en dienslewe­

ring aan kliënte.

NitreX

Triomf se kenmerkende rooi kunsmis, NitreX, presteer uitstekend

in vergelyking met enige soortgelyke mededingende produk. Die

unieke samestelling as ‘n hoëverrigting, kostedoeltreffende stikstof­

bron maak dat dié produk se toetsresultate die beste in sy klas is.

Gebalanseerde urease-inhibeerder

NitreX is ureum wat met ‘n urease-inhibeerder behandel word,

wat verhoed dat die totale hoeveelheid ureum dadelik omgeskakel

word na die ammoniak-gasfase en sodoende vervlugtiging beperk.

Stikstofverliese word sodoende beperk.

Bogrondse toediening sonder

noemenswaardige stikstofverliese

NitreX is ook geskik vir oppervlak-toediening. Die ureum word nie

gelyktydig omgeskakel na NH

3

nie, wat die ureum kans gee om in die

grond in te beweeg en teen ‘n laer konsentrasie na NH

3

om te skakel,

vanwaar dit nie vervlugtend kan wees nie.

Innoverende nitrifikasie-inhibeerder

Dit bevat ook ‘n nitrifikasie-inhibeerder. Die omskakeling van

ammonium (NH

4

+

) na nitraat (NO

3-

) word onderdruk. Die vrystelling

van nitraat is dus meer gekontroleerd, wat bydra tot minder loging

van die nitraat. Hierdie eienskap dra veral by tot die verlaagde loging

van nitraat by sandgronde.

NitreX –S [1:0:0(36) + 10%S]

Tydens die verdere ontwikkeling van NitreX ontstaan NitreX –S

[1:0:0(36) + 10%S]. Hierdie produk is NitreX wat swael (S) bevat met

die volgende eienskappe:

Vinnig beskikbare stikstof (N) in die ammonium (NH

4

+

)-vorm.

Voordeel van beide urease- en nitrifikasie-inhibeerder.

Hoë swaelinhoud (S).

Aanwending van NitreX en NitreX –S

Voor-plant toediening, asook voor-plant NPK-mengsels.

Toediening met plant as N, P en K as plantmengsels.

Toediening van stikstof (N) as topbemesting.

Uitstrooi op grondoppervlak met beperkte verliese, veral op

weidings.

Organiese korrelontwikkeling wat deur planterawegare toegedien

kan word sonder verpoeiering as gevolg van die geharde korrel is

nog in die ontwikkelingsfase. Die produksamestelling word beplan

in ‘n 2:1:1-verhouding. Met verdere ontwikkeling is dit moontlik

om KAN-mengsels met verskillende verhoudings te vervaardig, met

die byvoeging van stikstof (N), fosfaat (P), kalium (K) kalsium (Ca) en

swael (S) bronne.

Voordele van organiese korrels:

Verhoog koolstof (C) in die grond, wat tot die binding van katio-

ne lei.

Stabiliseer C:N-verhouding in die grond.

Bindingsvermoë van koolstof (C) is baie hoër as dié van

kleideeltjies.

Verhoogde wortelontwikkeling lei tot verhoogde vog- en

voedingstofopnames.

Hierdie produk kan ‘n groot impak maak op die sandgronde van

die Noordwes-Vrystaat en ander gebiede met sandgronde.

Triomf is gedetermineerd om aan elke produsent se behoeftes te

voldoen, ‘n supergehalte produk te voorsien en uitmuntende diens

te lewer. Ons wil met trots ‘n rewolusionêre bydrae lewer tot elke

produsent se suksesvolle landbouproduksie.

‘n Nuwe begin...

Produkinligting

Jan Botha,

landboukundige, Triomf

Japie Meyer saam met Bertus Brink.