89
September 2015
Onkruiddoders wat tydens-plant/na-plant of voor-opkoms toege-
dien word, is ‘n ekstra hulp vir voor-plant toegediende onkruid-
doders omdat hulle effektiewe onkruidbeheer kan uitrek oor ‘n
langer tyd in die groeiseisoen. Dit is veral belangrik in die geval
van onkruide wat oor die hele seisoen ontkiem.
Na-opkoms toegediende onkruiddoders se hoofdoel behoort te
wees om onkruid wat die aanvanklike behandelings ontsnap het
te beheer asook om die periode van effektiewe onkruidbeheer
verder te verleng.
Behalwe die vermoë om onkruide korrek te kan identifiseer, be-
hoort gereelde verkenning van die land gedoen te word om die
verspreiding en dominansie van verskillende soorte te monitor
en bes moontlik, te karteer met die oog op spesiale aandag.
Onkruidweerstand teen onkruiddoders
Aangesien onkruiddoders steeds die mees koste-effektiewe beheer-
metode is en in geenbewerkingstelsels die enigste opsie is, word
voorts hieraan aandag gegee, spesifiek wat betref die risiko dat on-
kruiddoderweerstand kan ontwikkel.
Die vyf “goue” reëls van onkruidweerstandbestuur verdien om hier
herhaal te word:
Hou onkruidgetalle laag – verminder daardie “een in ‘n miljoen”-
kans dat selfs ‘n enkele onkruidplant op ‘n natuurlike wyse weer-
stand teen ‘n onkruiddoder(s) opbou.
Voorkom dat onkruid saadskiet op enige stadium in die groeisei-
soen, veral nie in situasies waar weerstand reeds bestaan nie.
Moenie ‘n enkele onkruiddoder, of meer as een onkruiddoder wat
almal dieselfde meganisme van werking het, seisoen na seisoen
of teen ‘n hoë frekwensie in ‘n seisoen gebruik nie. Span meer
as een meganisme van aksie in – dit kan bereik word met klaar-
geformuleerde mengsels of met tenkmengsels van onkruid-
doders met verskillende meganismes van aksie.
Vermy oordosering en onderdosering, want beide kan weer-
stand bevorder.
Integreer verskillende onkruidbeheermetodes waar toepaslik.
Die somerreënvalstreek van Suid-Afrika is tot dusver die probleme
wat onkruiddoderweerstand inhou gespaar. Bewese gevalle van
weerstand is beperk tot die Wes-Kaap, maar die voorkoms van die-
selfde onkruidsoorte in die somerreënvalstreek, tesame met die ge-
bruik van dieselfde onkruiddoders, hou ‘n risiko in.
Daarbenewens is daar verskeie onkruidsoorte in Suid-Afrika wat nog
nie teen enige onkruiddoder weerstandig gevind is nie, alhoewel
dieselfde soorte elders in die wêreld weerstand teen verskeie on-
kruiddoders opgebou het. Die goeie nuus is dat onkruidweerstand
hokgeslaan kan word indien daar gehou word by bogenoemde vyf
“goue” reëls.
Ten slotte moet die produsent onkruidbeheer, spesifiek “geïnte-
greerde onkruidbestuur”, as ‘n vorm van “presisieboerdery” toepas,
want met so ‘n benadering kan die kompleksiteite van onkruidbestuur
op die beste manier hanteer word en sal dit bydra tot winsgewende
en volhoubare gewasproduksie.
Kontak prof Charlie Reinhardt by 083 442 3427 of
dr.charlie.
reinhardt@gmail.comvir verdere navrae.
SA Graan/
Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie
Die hoofdoel van ‘n onkruidbestuurstrategie moet wees om soveel as moontlik beheermetodes te kombineer, maar wel op ‘n geïntegreerde manier en
slegs indien toepaslik, met die oogmerk om die gewas maksimaal te bevoordeel ten koste van onkruid.