September 2015
onder R3 miljard in 2014 gedaal. In relatiewe terme het die bydrae
van mielies tot die groei van graanuitvoere met 5% gedaal.
Intussen kom die helfte van Suid-Afrika se groei in graanuitvoere
na Afrika vanuit rysuitvoere, wat meer as versewedubbel het vanaf
R100 miljoen in 2009 tot R768 miljoen in 2014. Dit is die moeite
werd om daarop te let dat Suid-Afrika al sy rysbehoeftes invoer.
Die meeste van Suid-Afrika se graanuitvoere buite Afrika is feitlik
uitsluitlik geelmielies. Namate mielie-uitvoere na Afrika gedaal het,
het Suid-Afrika markte in Asië en die Midde-Ooste gekry waar
groei in graanuitvoere hoofsaaklik deur mielies gedryf word. Tussen
2009 en 2014 was mielies byvoorbeeld vir 70% van die groei in
graanuitvoere na Europa verantwoordelik, terwyl dit in Asië 100%
deur mielies gedryf word.
Die toename in uitvoergroei na alle streke buite Afrika het egter op
‘n baie laer basis begin. In Asië het mielie-uitvoere eksponensieel
vanaf R125 miljoen in 2009 tot R2,9 miljard in 2014 gegroei, terwyl
mielie-uitvoere in die Midde-Ooste oor dieselfde tydperk meer as
verdubbel het vanaf R64 miljoen tot R142 miljoen.
Dit was as gevolg van die mielie-uitvoere na Saoedi-Arabië in 2014.
Oor die algemeen is Asië se invoervraag verantwoordelik vir die
grootste bydrae tot die groei van Suid-Afrika se graanuitvoerbe-
dryf, met 85% van die groei oor die afgelope ses jaar. Die grootste
markte in hierdie streek is Japan en Taiwan (Chinese Taipei).
Gevolgtrekking
Ten spyte van Suid-Afrika se fenomenale groei in landbou-uitvoere
na Afrika oor die afgelope ses jaar, was die bydrae van die graan-
bedryf tot hierdie groei onderdruk en het dit trouens gekrimp.
Terwyl al die grane buiten mielies feitlik uitsluitlik na streeksmark-
te in Afrika uitgevoer word, is heelwat van die graanuitvoere buite
die kontinent in ‘n groot mate dié van mielies.
Die groeibydrae van Suid-Afrikaanse graanuitvoere tot die alge-
mene groei van landbou-uitvoere na Afrika was min as gevolg
van die mielie-uitvoere wat aan die een kant afwaarts neig, te-
same met uitvoere in sorghum, gars, hawer en rys – wat vanaf ‘n
laer basis groei – aan die ander kant.
Namate mielie-uitvoere in Afrika daal, is die bron van graanuit-
voergroei in Asië, die Midde-Ooste en dele van Europa. Ontluiken-
de markte in Asië, veral Japan, Taiwan en Suid-Korea, is onder
die groot verbruiksmarkte wat die eksponensiële groei van Suid-
Afrikaanse graanuitvoere na Asië dryf.
Grafiek 1: Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere na wêreldmarkte.
Bron: Eie berekeninge en
Trade Map
(2015)
Grafiek 2: Suid-Afrika se landbou-uitvoere per streek.
Bron: Eie berekeninge en
Trade Map
(2015)
SA Graan/
Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie
93