September 2015
88
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Geïntegreerde onkruidbestuur
is
“presisie-onkruidbeheer”
“P
resisieboerdery” is ‘n slim konsep, veral waar dit ge-
mik is op die versekering van effektiewe, winsgewende
landbouproduksie. “Presisie” verwys na die verfyning
van praktyke – iets wat landbou broodnodig het. Dit
verklaar ook waarom ons al hoe meer van “onkruidbestuur” in pleks
van “onkruidbeheer” hoor, maar is daar ‘n verskil?
Dit is maklik om te motiveer waarom onkruid uitgeskakel moet word,
want produsente weet watter skade dit by ‘n gewas aanrig. Belang-
riker om van kennis te dra, is die maniere waarop en mate waartoe
onkruid met gewasgroei en -ontwikkeling inmeng, want eers as dít
na behore verstaan word, kan ‘n suksesvolle onkruidbestuurstra-
tegie ontwikkel word.
Die hoofdoel van só ‘n strategie moet wees om soveel as moontlik
beheermetodes te kombineer, maar wel op ‘n geïntegreerde manier
en slegs indien toepaslik, met die oogmerk om die gewas maksimaal
te bevoordeel ten koste van onkruid.
Met ander woorde, die lukrake saamvoeging van verskillende be-
heermetodes is nie die naam “geïntegreerde onkruidbestuur” werd
nie – behoorlike kennis en beplanning moet daarmee gepaardgaan.
Elke gewas het ‘n “genetiese plafon” wat betref opbrengspotensiaal.
Onkruid is maar net een van die vele faktore wat altoos dreig om
hierdie potensiaalplafon af te druk na iets minder as ideaal. Een ding
is seker, onkruid is ‘n konstante faktor wat nie kom en gaan soos
plantsiektes en insekte nie; wat des te meer rede is om goed daar-
voor te beplan in ‘n bestuurstrategie.
Integrasie van beheermetodes vereis goeie
bestuursvermoë van die produsent
Daar is basies vier metodes van onkruidbeheer waarmee ‘n bestuurs-
program saamgestel kan word: Chemies (= onkruiddoders), biolo-
gies, verbouingspraktyke en meganies (= implemente). Voeg daarby
die menslike faktore van tegnologiese hulpmiddels en bestuur en
ons het die noodsaaklike elemente van geïntegreerde onkruidbe-
stuur in plek.
Die keuse van ‘n onkruidbeheermetode is primêr afhanklik van die
betrokke gewasstelsel, byvoorbeeld: Meganiese beheer is nie ‘n op-
sie in ‘n geenbewerkingstelsel nie; biologiese beheer in sy klassieke
vorm (natuurlike vyande is beheeragente) is vir verskeie redes on-
prakties in gewasstelsels; onkruiddoders word nie in “organiese”
gewasproduksie toegelaat nie.
Belangrike oorwegings behels die volgende: Tipe gewas, gewasro-
tasiestelsel en onkruidspektrum. Die gevoeligheid van nie alleenlik
die huidige gewas nie, maar ook die opvolggewas in die rotasiestel-
sel is belangrik by die keuse van onkruiddoders en vanselfsprekend
moet die gekose middels geskik wees (= geregistreer kragtens Wet
36 van 1947) vir die betrokke gewas en onkruidspektrum.
Verfyning van praktyke
Verdere verfyning van bestuurspraktyke behoort in te sluit:
Gewas- en kultivarkeuse – sekere gewassoorte/kultivars kan
onkruid sterker onderdruk as ander, byvoorbeeld die gewas of
kultivar wat vinnig ‘n digte blaredak ontwikkel kan sterk met
ligliewende onkruid kompeteer.
Aanpassing van plantdatum – skuif die plantdatum indien grond-
vog dit sou toelaat, om die gewas voor die onkruid te laat opkom.
Hiervoor is kennis van die relatiewe ontkiemingsbehoeftes van
die gewas en onkruid nodig asook onderskeidingsvermoë tus-
sen meer en minder skadelike onkruidsoorte ter wille van priori-
tisering van onkruide vir beheer.
Plantdigtheid – waar moontlik, verhoog die getal gewasplante
per eenheidsoppervlak om so min as moontlik “spasie” vir on-
kruid te laat. Onkruid kompeteer nie met die gewas vir “spasie”
nie, maar vir die groeifaktore wat daarin voorkom, naamlik:
Water, voedingselemente en lig.
Gewasreste (stoppels) as deklaag vir die onderdrukking van
onkruid – hierdie praktyk is ‘n vorm van biologiese beheer wat
nie alleenlik berus op die fisiese afskerming van lig nie, maar
ook op die vrystelling van onkruid-onderdrukkende (fitotok-
siese) biochemikalieë uit dooie plantmateriaal wat die dek-
laag uitmaak.
Vir meer inligting oor die gebruik van organiese deklae vir on-
kruidonderdrukking word lesers verwys na die skrywer asook
dr Suzette Bezuidenhout (LNR, Cedara) en dr Mike Ferreira
(Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Wes-Kaap,
Elsenburg) wat hierop navorsing doen in onderskeidelik die
somer- en winterreënvalstreke.
Voorkom dat onkruide saadskiet – die onkruidsaadbank is in
die meeste gevalle alreeds enorm groot, met slegs ‘n fraksie
(rofweg 1% - 10%) van die saad in grond teenwoordig wat in
‘n bepaalde seisoen ontkiem en plante word. Die hoofstrewe in
enige onkruidbestuursprogram behoort die uitputting van hier-
die saadbank te wees.
Wanneer ‘n produsent kla oor swak onkruidbeheer, moet oor-
weeg word dat die beheer in werklikheid dalk 99% was en dat dit
die oorblywende 1% van ‘n enorme saadbank is wat op die land
sigbaar is.
Kennis van onkruid en hul biologie sal voorkom dat onkruide
waarvan die sade jare lank in grond lewenskragtig kan bly, toe-
gelaat sal word om nuwe saad tot die saadbank te voeg.
Die beste praktyk vir die uitputting van die onkruidsaadbank is
om reeds voor-plant toe te laat dat onkruid opkom en dan nie-
selektiewe onkruiddoders met geringe tot geen residuele wer-
king toe te dien – soos glifosaat en parakwat. Omdat hulle in ‘n
tenkmengsel chemies reaktief is, moet hulle alleen of opeenvol-
gend toegedien word. Waar hulle as “dubbel-uitklop” (
double
knock
) ingespan word, moet glifosaat eerste toegedien word
en daarna, indien nodig, parakwat. Omdat glifosaat se werking
berus op vrye translokasie binne-in plante, sal parakwat se kon-
tak-aksie die werking van glifosaat verswak.
CHARLIE REINHARDT,
buitengewone professor in Onkruidwetenskap, Universiteit van Pretoria en dekaan: Villa Academy