Suid-Afrika se graanuitvoere: Bydrae tot
uitvoergroei en bronne van die bedryf
se uitbreiding
s
uid-Afrika se oorkoepelende landbou-uitvoere het oor die
afgelope dekade volhoubaar gegroei. In nominale terme
het totale landbou-uitvoere tussen 2009 en 2014 met
118% gegro i – vanaf R47 miljard tot R106 miljard.
Watter produkte het hierdie groei gedryf? Groenteproduk-
te en plantmateriaal het die afgelope ses jaar ‘n groot bydrae ge-
lewer en was verantwoordelik vir 36% van die groei wat ons in
landbou-uitvoere gesien het. Ander produkkategorieë sluit eetbare
groente en knolle (5,2%), kakaopreparate (5%), suiwel- en eetbare
diereprodukte (4,6%) in.
Watter streke het hierdie groei gedryf? Afrika is verreweg die ver-
naamste bron van groei en is vir 67% van Suid-Afrika se uitvoergroei
vir landboukommoditeite tussen 2009 en 2014 verantwoordelik.
Asië het tot 18,2% van groei bygedra, terwyl Europa 10% tot Suid-
Afrika se totale groei bygedra het. Die Midde-Ooste het ‘n beskeie
3,2% tot die groei bygedra en Oseanië 1,2%.
Tussen 2009 en 2014 het Afrika nie net die grootste bydrae tot
Suid-Afrika se uitvoergroei gelewer nie, maar ook die mees geba-
lanseerde uitvoergroei gebied, met groter landbou-uitvoere wat
oor talle produksektore versprei is.
Trouens, die meeste van die kommoditeitsektore het tussen 2%
en 7% tot die groei in landbou-uitvoere bygedra. ‘n Uitsondering
was die relatiewe groot bydrae van groenteprodukte en plantmate-
riaal tot Suid-Afrika se landbou-uitvoere in Afrika aan die een kant
(13,6%) en die relatiewe swak bydrae van graan (0,1%) aan die
ander kant.
Die teleurstellende groei in graan was veral onrusbarend, aange-
sien dit die enigste kommoditeitsektor was wat feitlik geen groei
ervaar het nie op ‘n kontinent waar al Suid-Afrika se landbou-
uitvoere verstommend gegroei het. Indien Suid-Afrika se rela-
tiewe bydrae van graanuitvoere tot sy totale landbou-uitvoergroei
in Afrika gestagneer het, is die vraag dus in watter streek hulle die
meeste tot totale landbou-uitvoergroei bygedra het.
In hierdie artikel kyk ons kortliks na die bydrae van graanuitvoere
tot Suid-Afrika se totale landbou-uitvoere.
Suid-Afrika se graanuitvoergroei per
produk (kommoditeit) en per streek
Graanuitvoergroei per streek
As ons na absolute groei eerder as na relatiewe groei kyk, word dit
duidelik dat die graanbedryf op sy eie nie so sleg gevaar het as wat
‘n mens dalk dink nie.
Tussen 2009 en 2014 het Suid-Afrika se totale graanuitvoere meer as
verdubbel en in nominale terme vanaf R4,1 miljard tot R8,7 miljard
gegroei. Suid-Afrika het oor dieselfde tydperk gemiddeld R6,7 mil-
jard se graan (in waarde) per jaar uitgevoer.
Statistiek toon dat indien ‘n mens die Amerikas en die Swartsee-
streek (met ander woorde Rusland en die Oekraïne) uitsluit, is meer
as twee-derdes van Suid-Afrika se graanuitvoere na Afrika-markte
toe uitgevoer, met Asië wat tussen 2009 en 2014, ‘n gemiddelde van
23%, verbruik het.
Die Oseanië-streek het 9% van Suid-Afrika se graanuitvoere ver-
bruik, terwyl Europa (EU) 3% tussen 2009 en 2014 verbruik het. In
dieselfde tydperk het die Midde-Ooste (MO) 2% van Suid-Afrika se
graanuitvoere verbruik.
Graanuitvoergroei per produk (kommoditeit)
Mielies is verreweg die graan wat die meeste uitgevoer word, met
80% van die totale volume. Koring het 10% van Suid-Afrika se to-
tale gemiddelde graanuitvoere uitgemaak, terwyl rys en sorghum
onderskeidelik 8% en 2% uitgemaak het.
Rog, gars, hawer, bokwiet, manna en kanariesaad vorm die res, wat
saam minder as 1% van die totale graanuitvoere uitmaak. Die mees-
te van die groei wat in die graanbedryf ervaar is, het van rog ge-
kom, wat vir twee-derdes van die algehele groei verantwoordelik
was (volgens waarde het rog gegroei van geen uitvoere in 2009 nie
tot R4 miljoen in 2014).
Die groei in mielie-uitvoere het tot 15% van die groei in die graan-
bedryf bygedra, met koring en rys wat elkeen vir 11% verantwoor-
delik was.
In terme van graanprodukverspreiding per streek het al Suid-Afrika
se koring-, rys-, gars- en sorghumuitvoere na Afrika toe gegaan. Ko-
ringuitvoere het van R230 miljoen in 2009 tot R1,2 miljard in 2014
toegeneem – 40% van Suid-Afrika se graanuitvoergroei in Afrika.
Mielies is die enigste graanproduk waarin Suid-Afrika ‘n mate
van markdiversiteit buite die Afrika-kontinent toon en ironies ge-
noeg bly dit die een streek waar Suid-Afrika se graanuitvoergroei
die swakste was. Trouens, Suid-Afrika se mielie-uitvoere na Afrika
het met 15% (in absolute terme) vanaf R3,5 miljard in 2009 tot net
September 2015
92
WANDILE SIHLOBO,
ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
en
TINASHE KAPUYA
,
hoof: Handel en Beleggings, Agbiz
GRAANMARK
-oorsig
– 14 Augustus 2015
OP PLAASVLAK