

FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Produk-inligting
85
September 2015
Onkruidkompetisie en chemiese
onkruidbeheer...
Wat steek daar in?
O
nkruide kan lei tot verskeie nadelige gevolge in gewasse.
Behalwe dat dit met die gewas kompeteer vir water en
voeding, kan sommige onkruide ook sogenaamde “allelo-
chemikaliëe” in die grond vrystel wat die groei van ‘n ge-
was kan inhibeer.
Voorts dien onkruide ook as gashere vir insekte en siektes wat later
in die seisoen problematies kan word. Asof dit nie genoeg is nie, is
daar heelwat onkruide wat die stroopproses van die gewas kan be-
moeilik of wat kan veroorsaak dat graan afgekeur kan word as gevolg
van die teenwoordigheid van ongewensde onkruidsaad daarin.
Moderne chemiese onkruidbeheer het verskeie voordele waarvan
die eerste is dat onkruidbeheer altyd beter sal wees en vir ‘n langer
periode daarna sal skoon wees as met konvensionele metodes. Che-
miese residuele onkruidbeheer spaar die produsent ook baie tyd
omdat hy nie gedurig na die land hoef terug te keer om die volgende
vlaag onkruide te beheer nie.
Met voor-opkoms onkruidbeheer word die gewas ook die beste kans
gegun om sy potensiaal vir later in die seisoen vas te lê omdat daar
minder kompetisie is vir groeifaktore wat op die saailing inwerk.
Nie alle onkruiddoders is egter selektief in alle gewasse nie. Onkruid-
doders is eerstens plantdoders. Of ‘n betrokke onkruiddoder selek-
tief sal wees in ‘n bepaalde gewas al dan nie, word eerstens deur die
gewas bepaal.
Gewoonlik sal ‘n bepaalde onkruiddoder selektief wees in ‘n bepaal-
de gewas omdat daardie gewas die vermoë besit om die onkruid-
doder af te breek. Dit is egter ook ‘n feit dat die selektiwiteit van ‘n
bepaalde produk op ‘n bepaalde gewas afhanklik is van die interak-
sies tussen die gewas, die produk en die omgewing. Selfs al is ‘n
produk gewoonlik selektief op ‘n bepaalde gewas, kan die produk
steeds ‘n effek op die gewas hê indien stresvolle omgewingstoe-
stande die groei en ontwikkeling van die gewas inperk.
Jonger gewasse is gewoonlik meer sensitief vir moontlike onkruid-
dodereffekte omdat hulle vinniger groei en fisiologies dus meer
sensitief is. Stresfaktore wat gewasse wat normaalweg tolerant is
teen ‘n onkruiddoder meer sensitief kan maak, sluit onder meer die
volgende in: Lae temperature, ekstreme verskille tussen minimum
en maksimum temperature, grondvog- en voedingstatus, grond en
saadgedraagde siektes, grondtemperatuur (wat weer ‘n invloed kan
hê op die beskikbaarheid van mikro-elemente) en nog vele meer.
Dit gebeur ook somtyds dat produkte wegdryf van waar dit toege-
dien is en in aanraking kom met gewasse waarin dit nie selektief is
nie. Dit kan dus voorkom asof ‘n bepaalde produk wat gebruik is,
nie selektief was nie, maar simptome kan dalk te wyte wees aan ‘n
produk wat op ‘n naburige land gebruik is.
Produkte wat nie optimaal geformuleer is nie, het ook ‘n risiko dat
dit makliker tot moontlike skade kan lei. ‘n Produk se effektiwiteit
en selektiwiteit is nie net toe te skryf aan die aktiewe bestanddeel
daarin nie, maar ook aan die bymiddels wat in die formulering
gebruik word.
In die veld word verskeie produkte ook dikwels met mekaar vermeng
om beter beheer te gee of tyd te spaar. Ongelukkig kan sulke meng-
sels daartoe lei dat die selektiwiteit van die produkte in die mengsel
verminder word. Syngenta spandeer daarom jaarliks ‘n groot deel
van sy navorsingsbegroting om nie net nuwe produkte te ontwikkel
nie, maar ook die formulering van sy produkte te optimaliseer met
die nuutste tegnologie.
Om op te som: Onkruiddoders is ‘n maklike en goedkoop oplossing
om onkruide in gewasse te beheer en sodoende die gewas ‘n voor-
sprong te gee tydens kritieke ontwikkelingstadia. Dit het die voor-
deel van langdurige beheer in vergeleke met ander metodes van
onkruidbeheer en dit verminder probleme in terme van onder meer
die stroopproses en ongewensde saad wat tot die afkeur van grane
kan lei.
Onkruiddoderselektiwiteit is egter ‘n funksie van meer as net die
aktiewe bestanddeel in die produk. Verskeie omgewingstoestande
asook die kwaliteit van die formulering kan somtyds daartoe lei
dat gewasse onkruiddoders stadiger afbreek met gepaardgaande
onkruiddodersimptome. Kontak gerus jou naaste Syngenta-han-
delaar vir ons reeks van produkte wat geformuleer is vir optimale
effektiwiteit en selektiwiteit.
LEON VAN WYK,
batebestuurder: Onkruiddoders, Syngenta Afrika en Midde-Ooste
Die gerekenariseerde robot waarmee Syngenta daagliks
honderde verskillende formulerings toets om te sorg
dat die aktiewe bestanddeel en bymiddels in harmonie
met mekaar saamwerk. Dit sorg vir die wêreldklas
effektiwiteit en selektiwiteit van ons produkte.