Dit is weer tyd vir insetaankope
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
INSET
-oorsig
Saadpryse per kultivar soos
gepubliseer in
SA Graan/Grain
se Julie 2015-uitgawe.
d
ie nuwe plantseisoen vir somergrane lê voor die deur
en meeste produsente koop nou hul insette aan. Hoe
weet produsente wat is die regte prys om te betaal?
Uit die verlede is geleer dat die tyd van aankope,
handelsnaam en ekonomiese toestande die prys van ‘n
inset op ‘n sekere tydstip bepaal.
Met die aankoop van insette moet produsente seker maak dat
hulle die “regte prys” vir hul insette betaal. Vind uit wat jou buur-
man betaal het; kry kwotasies by soveel as moontlik ander maat-
skappye (vir dieselfde produk); neem kennis van internasionale en
plaaslike tendense, of Graan SA-lede kan die organisasie kontak.
Moenie altyd net die eerste, beste prys aanvaar nie. Die prys en
kwaliteit van ‘n produsent se inset kan die verskil tussen wins en
verlies beteken.
In hierdie artikel probeer Graan SA ‘n tendens ten opsigte van
verskillende insette vasstel vir sy lede om hul insetpryse teen te
meet. Vergelyk daarom pryse wat nou aangebied word met hierdie
tendense én dit wat verlede jaar betaal is.
Kunsmis
Omdat Suid-Afrika so ‘n groot hoeveelheid van sy kunsmisbehoef-
tes invoer, behoort plaaslike en internasionale pryse goed te
korreleer.
Tabel 1
toon internasionale pryse in randwaarde oor ‘n
jaartydperk aan, terwyl
Tabel 2
gemiddelde plaaslike kunsmispryse
aandui (pryslyste).
Uit dié tabelle is dit duidelik dat plaaslike fosfaatpryse, internasio-
nale pryse nouliks nagevolg het. Plaaslike stikstofpryse (KAN en
ureum) het egter heelwat meer as internasionale pryse gestyg.
Plaaslike kaliumchloriedpryse het weer nie tot dieselfde mate as
internasionale pryse gestyg nie.
Onthou egter dat hierdie pryse ten doel het om die tendense aan
te dui en daar nie noodwendig na die fisiese prys gekyk moet word
nie, aangesien die internasionale pryse vry-aan-boord in ‘n interna-
sionale hawe is en die plaaslike pryse gemiddelde pryslyspryse is.
Wenke met die aankoop van kunsmis
Kry kwotasies by verskillende maatskappye vir dieselfde pro-
dukte wat benodig word.
Vind uit wat groothandelaars vir grondstowwe vra (byvoor-
beeld Sasol vir stikstof en Foskor vir fosfaat), daar is ook heel-
wat groothandelaars (wat kunsmis invoer) wat vanaf die hawens
handeldryf.
Bereken die koste per eenheid plantvoeding.
Vind uit wat is die verskillende betalingsterme wat die beste pas.
Bestel vroegtydig.
Hou altyd die kwaliteit van produkte ‘n prioriteit.
GEMIDDELDE INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE (RANDWAARDE)
KUNSMIS
JULIE 2014
JULIE 2015 % VERANDERING
RAND/TON RAND/TON
%
Ammoniak (Midde-Ooste)
4 863
4 938
+1,5%
Ureum (46) (Oos-Europa)
3 454
3 417
-1,1%
DAP (VSA golf)
4 722
5 836
+23,6%
Kaliumchloried (CIS)
3 195
3 679
+15,1%
GEMIDDELDE PLAASLIKE KUNSMISPRYSE
KUNSMIS
AUGUSTUS 2014 AUGUSTUS 2015 % VERANDERING
RAND/TON
RAND/TON
%
KAN (28)
5 147
5 546
+7,8%
Ureum (46)
5 794
6 329
+9,2%
MAP
8 013
9 987
+24,6%
Kaliumchloried
6 603
7 134
+8%
TABEL 1: INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE.
TABEL 2: PLAASLIKE KUNSMISPRYSE.
SA Graan/
Sasol Chemicals (Kunsmis)
fotokompetisie
95
September 2015
OP PLAASVLAK