FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Produk-inligting
Die Viking gebou te Saxenburg Park 1, Black-
heath, Kaapstad.
Gemoedsrus vir produsente deur
tegniese advies en oplossings
V
iking Bemarking is ‘n landbouche-
miese
verspreidingsmaatskap-
py, gebaseer in Kaapstad, wat
produsente in die Noord-, Oos-,
Suid- en Wes-Kaap asook Namibië bedien.
Die maatskappy se missie is om die risiko
van die produsent saam met hom te help
bestuur. Daar is vele risiko’s vir produsente
en Viking se doelwit is om te help om hulle
gemoedsrus te gee deur die voorsiening
van net die beste wetenskaplike en tegniese
advies en oplossings.
Viking se besigheid in die verskillende
areas word gedoen deur agente wie verant-
woordelik is vir die oordra van die tegniese
advies en die lewering van die beste oes-
beskermingsmiddels. Daarom is dit van
uiterste belang dat die agente die beste
moontlike opleiding ontvang om toegerus te
wees vir hierdie belangrike taak. Die tegniese
advies en risikobestuur word aangevul deur
die lewering van oesbeskermingsmiddels
wat afkomstig is van groot multinasionale
maatskappye en ook plaaslike verskaffers
van generiese produkte. Die risiko van die
produsent word eerste gestel en daarom
gebruik Viking net die heel beste produkte
waarvan die kwaliteit bekend is.
Viking se besigheid word gedoen op ‘n
basis van goeie verhoudings. Besigheid
met ‘n produsent of ‘n verskaffer is slegs
moontlik as daar ‘n goeie verhouding be-
staan. Die doelwitte van Viking, die pro-
dusent en die verskaffer moet ook altyd in
lyn wees met mekaar. Daar word by Viking
gefokus op die bemarking van strategieë
en nie individuele produkte nie. Dit is vir ons
‘n prioriteit om te fokus op die toepassing
van net die beste landboukundige prak-
tyke. Dit word moontlik gemaak deur die
formulering van die beste strategie vir elke
siekte of plaag. Viking is tegnies uitstekend
OCKIE OLIVIER,
Viking
toegerus om die omgewingsimpak van die
landbouchemiese produkte tot ‘n minimum
te beperk. Daar is ‘n verantwoordelikheid
om te kyk na die natuur en omgewing.
Viking se kliënte is gesofistikeerde besig-
heidsmense wat presies weet wat hulle wil
hê en dit bly vir Viking ‘n groot eer en uitda-
ging om betrokke te wees by die volhoubare
voortbestaan van hierdie voedselmandjie
van Suid-Afrika.