FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
September 2015
78
Noordelike mielieblaarskroei
op twee plekke opgemerk in
Noordwes Provinsie
S
oos meeste besproeiingsprodu-
sente, sukkel Grootpan-produsente
in die Noordwes Provinsie, jaarliks
met die voorkoms van noordelike
mielieblaarskroei. Dié siekte word geken-
merk deur ovaalvormige letsels wat hoof-
saaklik op die blare voorkom (
Foto 1
).
Normaalweg word die eerste simptome
waargeneem by die onderste blare vanwaar
die letsels opwaarts beweeg na die boon-
ste blare van die plant. Soos reeds genoem,
is hierdie siekte veral prominent onder be-
sproeiing, maar dit kom ook algemeen voor
in die reënryke gebiede van KwaZulu-Natal
en ander droëlandgebiede in hoë-reënval-
seisoene weens die gunstige toestande wat
in hierdie gebiede geskep word vir siekte-
ontwikkeling.
Internasionale literatuur dui op oesver-
liese van tot 50% wat al toegeskryf is aan
dié siekte, terwyl verdere literatuur verwys
na ‘n verwagte 2% - 8%-oesverlies vir elke
10%-toename in siektegraad.
Die goue reël met alle blaarsiektes is dat die
blare bokant die koppe altyd skoongehou
moet word van infeksie en letselvorming.
Opbrengsverliese te wyte aan noordelike
mielieblaarskroei wat verwag kan word,
is gekoppel aan twee aspekte, naamlik die
groeistadium van die plant tydens die eer-
ste infeksie en die siektegraad (hoe vinnig
die siekte die plant se blare besmet en die
gevolglike siektedruk wat ontstaan).
Hoe vroeër ‘n blaarsiekte dus op die plante
begin ontwikkel (byvoorbeeld reeds voor
stuifmeelstorting), hoe meer tyd het dit om
teen die plant se boonste blare op te beweeg
en blaarskade te veroorsaak. Langdurige nat
toestande met temperature van tussen 17°C
- 28°C is bevorderlik vir siekteontwikkeling.
Gedurende die 2014/2015-seisoen is 22
ultrakort-mieliebasters by Grootpan (Swart-
ruggens) sowel as by Potchefstroom
geëvalueer vir hul vatbaarheid vir noorde-
like mielieblaarskroei met die doel om pro-
dusente in hierdie onderskeie omgewings
beter te adviseer rakende hoe die verskil-
lende basters presteer onder die natuurlike
infeksiedruk van noordelike mielieblaar-
skroei rasse wat spesifiek in die Grootpan-
en Potchefstroom-omgewings voorkom.
In die verlede is daar reeds baie gepubliseer
rakende die rasse van noordelike mielie-
blaarskroei. In ‘n neutedop moet produsente
kennis neem dat daar verskillende variasies
van dieselfde noordelike mielieblaarskroei
swam (
Exserohilum turcicum
) landswyd
voorkom, wat as rasse na verwys word.
Elke ras is in staat om verskillende weer-
standsgene te oorkom. Dit kan dus gebeur
dat ‘n baster wat by Cedara (KwaZulu-Natal)
weerstand toon teen noordelike mielieblaar-
skroei, nie dieselfde weerstand kan hand-
haaf wanneer dit byvoorbeeld by Grootpan
geplant word nie, omrede die prominente
rasse by Cedara nie noodwendig dieselfde
is as wat by Grootpan aangetref word nie.
Kennis rakende die weerstand wat ‘n spesi-
fieke baster besit, help die produsent met
belangrike bestuurspraktyke wat gevolg
moet word. Normaalweg sal hoë-opbrengs-
potensiaalbasters nie die nodige weerstand
besit om die patogeen af te weer nie en
sal sulke basters baie swaar deurloop onder
infeksie.
Deur daarom kennis te dra van die baster se
gebrekkige weerstand, kan die produsent
beter ingestel wees om seker te maak dat
swamdoders op die korrekte tyd toegedien
word, om te verseker dat die baster sy opti-
male opbrengs bereik. Swamdoders moet
ook oordeelkundig toegedien word teen die
regte dosis om te verseker dat weerstand
teen spesifieke swamdoders nie opbou nie.
Die graad van siekteontwikkeling wat waar-
geneem is by Grootpan gedurende die
2014/2015-seisoen het gewissel tussen 2,8%
(DKC64-78BRGEN) en 64% (IMP50-10BR;
Grafiek 1
). Duidelike verskille is dus
waargeneem rakende die verskillende bas-
ters se vermoë om infeksie deur die pato-
geen teen te staan.
Die basters wat die beste weerstand getoon
het, sluit in: DKC64-78BRGEN, KKS8326B,
DKC61-90, DKC62-84R, PAN3Q-740BR,
PAN3Q-240,
PAN3D-736BR,
LG3607Y,
PAN6216 en DKC61-94BR.
Opbrengste verkry deur die verskillende
basters word ook op Grafiek 1 aangedui.
Korrelasie-analises tussen die opbrengs
wat verkry is deur elke baster en sy siek-
tegraad wat waargeneem is, het ‘n posi-
tiewe, maar matige korrelasie aangedui.
Dit beteken basies dat alhoewel die basters
se opbrengs deur die siektegraad waaraan
dit onderhewig was, bepaal is, is dit nie die
enigste faktor wat opbrengs beïnvloed het
nie. Alhoewel ‘n laer siektegraad waarge-
neem is by Potchefstroom, het die verskil-
lende basters soortgelyk gepresteer as wat
waargeneem is by Grootpan in terme van
die siektegraad wat hulle elk ontwikkel het
(
Grafiek 2
).
Noordelike mielieblaarskroei letsels.
MARYKE CRAVEN, BRADLEY FLETT
en
DIRK BRUWER,
LNR-Instituut vir Graangewasse