79
September 2015
Die persentasie geïnfekteerde materiaal het
gewissel tussen 2,93% (DKC64-78BRGEN)
en 42,08% (IMP50-10BR). Opbrengs wat
verkry is, het nie baie verskil tussen die
22 basters wat geëvalueer is nie, wat moont-
lik toegeskryf kan word aan die relatiewe lae
vlakke van infeksie wat waargeneem is.
Alhoewel mieliebasters soos IMP50-10BR
baie vatbaar is vir noordelike mielieblaar-
skroei, beteken dit nie dat produsente hulle
moet afskryf nie. Produsente wat basters
met sulke hoë vlakke van vatbaarheid wil
plant, moet sorg dat hul lande baie getrou
gemonitor word vir enige vorm van infeksie.
Matige blaarskade of wanneer die ontstaan
van die siekte vertraag kan word tot on-
geveer ses weke ná stuifmeelstorting, sal ‘n
minder negatiewe effek op die opbrengs hê.
Wanneer ‘n produsent dus bewus is van sy
kultivar se vatbaarheidstatus, kan die lande
op ‘n weeklikse basis gedurende die vegeta-
tiewe stadia van die plante gemonitor word.
Onder droëlandtoestande is chemiese be-
heer dikwels nie ekonomies nie en word dit
in die praktyk beperk tot saadproduksies
en besproeiingslande. Oorweging kan wel
daaraan geskenk word om te spuit wan-
neer letsels reeds vroeg in die seisoen naby
die onderste koppe begin ontwikkel en die
weerstoestande baie gunstig is vir siekte-
ontwikkeling.
Onder besproeiing word oor die algemeen
voorkomende swamdoderbeheer toegepas
waar die siekte jaarliks voorkom; andersins
kan op die laatste oorweeg word om te spuit
wanneer een letsel per plant waarneembaar
is (reeds voor stuifmeelstorting). Indien in-
feksies later voorkom, sal faktore soos die
groeistadium van die plant asook die vermoë
om met swamdoder by die letsels self uit te
kom in ag geneem word in die besluitne-
mingsproses om te spuit al dan nie. Tyds-
berekening van die toedienings is kritiek in
ag genome dat noordelike mielieblaarskroei
baie moeilik onder beheer gebring kan word
indien dit eers in ‘n aanplanting posvat. ‘n
Geïntegreerde benadering, gebaseer op die
insluiting van weerstandbiedende basters
in ‘n aanplanting saam met spuitpro-
gramme, is egter die ideaal. Sou daar dan
probleme wees met die tydsberekening, sal
die weerstandbiedende basters help om
die oesverliese wat gelei kan word weens
die teenwoordigheid van die patogeen, be-
perk word. Só ‘n benadering sal dus uitein-
delik daartoe bydra dat groter suksesse
behaal word in terme van die optimale op-
brengs wat verkry kan word.
Produsente is welkom om die LNR-Insti-
tuut vir Graangewasse te kontak by
018 299 6100 vir enige hulp
rakende die identifikasie
van plantsiektes.
Grafiek 1: Siektegraad van noordelike mielieblaarskroei wat waargeneem is in die Grootpan-omgewing op 22 kortseisoen-mieliebasters gedurende die
2014/2015-seisoen (geel kolomme). Opbrengs verkry deur die onderskeie basters is aangedui op die sekondêre as (swart lyn).
Grafiek 2: Siektegraad van noordelike mielieblaarskroei wat waargeneem is in die Potchefstroom-omgewing op 22 kortseisoen-mieliebasters gedurende
die 2014/2015-seisoen (geel kolomme). Opbrengs verkry deur die onderskeie basters is aangedui op die sekondêre as (swart lyn).