SA Graan September 2014 - page 97

Produksiekoste vir sonneblom
Die tweede kolom vanTabel 1bevat die insetkoste vir die verbouing
van sonneblom. ’n Mei 2015 Safex-sonneblomprys van R4 800/ton
is gebruik, wat ‘n prys van ongeveer R4 496/ton in die produsent
se sak betekenná inagneming vandie aftrekkings.
Gegewe die begrote insetkoste, kan ‘n minimum van 1,25 ton/ha
sonneblom indiewestelike streekgestroopwordomgelyk tebreek,
mits diebegrote insetkoste verwesenlik.
Die sojaboonbegroting vir die westelike dele van land gaan nie in
diepte bespreek word nie, maar die aanname kan gemaak word dat
sonneblom en sojabone, op papier, meer winsgewend as mielies
verbou kanword.
Oostelike produserende streek
In Tabel 2 word die produksiekoste van GM-mielies (RR) en soja-
bone indieoostelike streek vir die komende seisoengeïllustreer.
Produksiekoste vandroëland-GM-mielies (RR)
In die eerste kolom van Tabel 2 word die begrote produksiekoste
van GM-mielies (RR) vir die 2014/2015-produksieseisoen vir die
oostelike strekeuiteengesit.
’n Julie 2015 Safex-graanprys van R2 000/ton is weer eens gebruik.
In die tabel word die produksiekoste van ‘n 5 ton/ha- en 7 ton/ha
-scenario ten toon gestel. Indien dié Safex-prys teen die beraamde
begrote insetkoste (vaste plus veranderlike koste) realiseer, moet ‘n
produsent in daardie omgewing vir ‘n RR-mielie ongeveer 7 ton/ha
stroop om gelyk te breek. Met slegs die inagneming van die ver-
anderlike koste (uitgesluit vaste koste), kan ‘n produsent teen onge-
veer 5 ton/ha gelykbreek.
Produksiekoste vir sojabone
Die tweede kolom van Tabel 2 illustreer die uiteensetting van
insetkoste vir die verbouing van sojabone. Aannames wat met die
opstel van die sojaboonbegroting gemaak is, is dat 50% van die
saaddeur produsente teruggehou is, terwyl dieander 50%gesertifi-
seerde saad is. Diebegroting sluit ook ‘n koste vir N, P enK in.
‘n Mei 2015 Safex-sojaboonprys van R5 000/ton is gebruik en
aangesien sojabone geen liggingsdifferensiaalkoste het nie, kan
‘n moontlike prys van R4 941/ton in die produsent se sak realiseer
nadat hanteringskoste enbemarkingskommissie afgetrek is.
Gegewe die insetkoste (vaste plus veranderlike koste), soos wat in
Tabel 2 aangetoon is, en die gemelde Safex-prys, kan ‘n opbrengs
vanongeveer 1,5 ton/ha indieoostelikestreekbehaalwordomgelyk
tebreek.
Sentrale produserende streek
Tabel 3 toon die begrote produksiekoste vir mielies, sonneblom en
sojabone vir die sentraledele vandie land.
Maak jou eie somme
Baiekannatuurliknog indiemarkgebeur,maardiebelangrikstepunt
blyegter dat elkeprodusent dieverantwoordelikheidmoet neemom
sy eie persoonlike somme te maak. Stel vas teen watter prys jou
graan verkoop kanword sodat al jou koste betaal word en jy ‘nwins
genereer. Dit is dus belangrik om jou gelykbreekprys (R/ton) vas te
stel om jou totale koste te kandek.
Produsente en ander rolspelers kan die basiese produksiekoste op
die Graan SA-webtuiste besigtig, terwyl die model gratis aan alle
opbetaaldeGraanSA-lede beskikbaar is. Stuur ‘n e-pos aan
petru@
grainsa.co.za
met jou Graan SA-lidnommer om die model vir jou
spesifiekeomgewing teontvang.
95
1...,87,88,89,90,91,92,93,94,95,96 98,99,100,101,102,103,104,105,106,107,...148
Powered by FlippingBook