SA Graan September 2014 - page 93

SOMERGRAANWINSGEWENDHEID:
Uitdagendebesluite vir die2014/2015-
produksieseisoen
D
ie nuwe plantseisoen vir somergewasse is om die draai,
hoewel dit voel asof strooptyd maar nou die dag eers
afgehandel is.
ie komende plantseisoen beloof inderdaad om ‘n baie uitdagende
een in terme van winsgewendheid te wees en dit is opmerklik dat
produsente kopkrap en sommemaak vir dieplanttydwat voorlê.
Kommer heers oor of koste deur inkomste gedek sal word, weens
die toenemende styging van insetkoste en in besonder die druk
wat op mieliepryse is ná verlede seisoen se rekordoes asook lae
internasionalepryse.
Noodsaaklikheid van produksiebegrotings
Die daarstel van produksiebegrotings voor die aanplant van ge-
wasse, raak al meer kritiek enmoenie ligtelik opgeneemwordwan-
neer produksiebesluitegeneemwordnie.
Niemand kan die toekoms met al sy risiko’s en onsekerhede
akkuraat voorspel nie – produksiebegrotings is bloot gebaseer op
toekomsplanne, vooruitskattings, historiese gegewens, aannames
en vorigeondervinding.
In die lig hiervan moet produsente as gebruikers van begrotings,
daarvan bewus wees dat begrotings asook die aannames waarop
dit berus, voortdurend aan veranderingeonderworpe is.
Ons weet dat produksiekoste radikaal van buurman tot buurman
kan verskil weens elke graanprodusent se eie unieke sisteem, die
tipe boerdery-eenheid, en die produksiepraktyke wat gevolg word.
In hierdie artikel is daar gepoog om die koste vir die mees alge-
mene produksiepraktyke voor te lê. Hier volg ‘n winsgewendheids-
vergelyking tussen somergewasse.
Noordwes-Vrystaat
Die winsgewendheid (bruto marge) van verskillende opbrengs-
scenario’s vir somergewasse vir die sentrale dele van die land (die
Noordwes-Vrystaat-omgewing) vir die 2014/2015-produksieseisoen,
word in
Grafiek 1
aangetoon.
Die bruto produksiewaarde en direkte veranderlike koste is gebruik
om die brutomarges te bereken. Die bruto produksiewaarde word
bereken deur die opbrengs van die gewas met die prys wat vir die
produk ontvangword, te vermenigvuldig.
‘n Produsenteprys is dus gebruik, wat beteken dat die liggingsdif-
ferensiaal en ander koste in aggeneem is.
Omdie brutomarge te bereken, worddie direkte veranderlike koste
van die bruto produksiewaarde afgetrek. Vaste kostewat gewoonlik
uitgawes iswat aangegaanmoet wordof daar geproduseer wordof
nie, is nie hier in berekening gebring nie; die brutomarge syfers is
dus diemarge voor vaste koste verhaal word.
91
September 2014
OPPLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Somergraan /Winsgewendheid / Begrotings
PETRU FOURIE,
ekonoom, Bedryfsdienste, Graan SA
Grafiek 1: Die winsgewendheid (bruto marge) van somergraangewasse in R/ha vir verskillende op-
brengsscenario’s in die Noordwes-Vrystaat-omgewing (slegs veranderlike produksiekoste in ag ge-
neem – uitgesluit vaste koste) – 2014/2015-produksieseisoen.
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,83,84,85,86,87,88,89,90,91,92 94,95,96,97,98,99,100,101,102,103,...148
Powered by FlippingBook