SA Graan September 2014 - page 102

BTW-nulkoerse vir landbou-insette
indieweegskaal?
d
ie BTW-wet laat toe dat sekere landbou-insette teen ‘n
BTW-nulkoers aangekoop kan word. Hierdie konsessie
is in1991 ingestel omkontantvloeiverligtingvirdie land-
boubedryf tebied.
Insettewat tans hierdie voordeel geniet, sluit in:
Veevoer – insluitend enigemielieproduk vir veevoer
Dieremiddels
Kunsmis
Landbouchemikalieë
Plante
Saad
Hierdie insette kan tans teen ‘n nulkoers aan primêre produsente
verskaf wordwat vir BTWgeregistreer is. In terme van kontantvloei,
is hierdiedus ‘nbewese voordeel vir produsente.
Tesourie en dieSuid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het egter aan
die lig gebring dat daar bewyse is wat voorstel dat grootskaalse
bedrog in hierdie insetbelastingsisteem plaasvind. Dit het Tesourie
endieSAIDgenoopomdienulkoerssisteemop insette tehersien.
Op 12 Mei vanjaar het die twee partye belanghebbendes in die
landboubedryf ingelig oor die bedrog wat in die sisteem plaasvind
endat hullewil voorstel dat dienulkoerskonsessievervangwordmet
BTWop insette teen standaardkoerse.
Wat beteken die wegneem van die BTW-
nulkoers in praktyk?
Produsente gaan nou bogenoemde insette BTW-draendmoet aan-
koop. Dit wil sê 14%meer daarvoor betaal.
Die BTW gaanweliswaar teruggeëis kanword, maar dit is hier waar
die koste vir die produsent inkom – inaggenome die tydperk wat
dit neem vanaf die aankoop van die insetmiddel totdat die BTW
suksesvol vanaf dieSAID teruggeëisword.
Hierdie ekstra rentekoste en/of geleentheidskoste gaan dus vir die
produsent se rekening wees. Dit gaan ook behels dat produsente
vir 14%meer finansieringopproduksieleningsmoet aansoek doen.
Die pad vorentoe
Tesourie en die SAID het georganiseerde landbou ná 12 Mei
kans gegee om hulle voorstel by hul lede te gaan toets en dan
kommentaar daarop te lewer. Kommentaar vanaf georganiseerde
landboustrukture is aan Tesourie en die SAID gestuur wat redes
aanvoer vir die behoud van die BTW-nulkoersvoordeel en daar is
ook voorstellegemaak oor hoeBTW-bedrogbekamp kanword.
Verdere konsultasie ismet die tweepartye aangevra endaar isweer
met hulleop 28 Julie vanjaar vergader.
Nieteenstaande al die kommentaar is die SAID en Tesourie se
voorstel om weg te doen met BTW-nulkoerse op insette, vir
publieke kommentaar op 17 Julie vanjaar in die Konsep Belasting
Wysigingswetsontwerpgepubliseer.
Ná ‘n omvangryke poging van konsultasie met alle rolspelers om
moontlike negatiewe impakte van hierdie veranderinge vir die
SAID en Tesourie uit te wys, het die meeste individuele rolspelers
ingeorganiseerde landbouweer teen17Augustus vanjaar kommen-
taar ingedien vir diebehoud vanhierdie voordeel.
Hierna volg die parlementêre prosesse waar staande komitees
publieke verhoreoor voorgestelde veranderingegaanhou.
Wees verseker dat georganiseerde landbou (soos Agri SA,
Graan SA en Aartappel SA) alles in hulle vermoë doen om hierdie
voordeel vir hulle lede tebehou.
OP PLAASVLAK
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
INSET
-oorsig
September 2014
100
Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens wil voorstel dat die
nulkoerskonsessie vervang word met BTW op insette teen standaard-
koerse.
1...,92,93,94,95,96,97,98,99,100,101 103,104,105,106,107,108,109,110,111,112,...148
Powered by FlippingBook