SA Graan September 2014 - page 106

Omdat kleinsaadkanariegras selfbestuiwend is, sal ‘n weerstand-
biedende plant se weerstandsgene net deur middel van saad
oorgedra word en dit kom dus kol-kol op ‘n land voor waar die
weerstandbiedendemoederplant die vorige jaar gestaan het. Indien
die kleinsaadkanariegrasplante opgespoor kan word voordat die
saad ryp word en uitgestort word, kan die kolle plante maklik met
die hand uitgetrek word of met ‘n nie-selektiewe onkruiddoder
lokaal doodgespuit word. Dit moet egter gedoen word so gou as
wat die saadpluime waargeneemword, want die sade waai redelik
vinniguit sodradiepluimbegin verkleur.
Alternatiewe beheer
Dit is uiters noodsaaklik dat daar nie net op chemiese beheer-
metodes staatgemaak word om kleinsaadkanariegras te beheer
nie. Alternatiewe metodes wat oorsee gebruik word om klein-
saadkanariegras te beheer, sluit in die saai
van lewenskragtige koringkultivars wat
goed kompeteer, ‘n vroeë saaidatum wat
verseker dat koring vinnig vestig, hoër
saaidigtheid, smaller rywydtes en saairye
wat in twee rigtings loop. In Indië is gevind
dat geenbewerking die getalle van klein-
saadkanariegras dramaties verminder
het, maar dit was nie ‘n gevolg van die be-
werkingsmetodes as sulks nie. Deur geen-
bewerkingspraktyke in te stel was daar
meer geld beskikbaar om onkruiddoders
te koop waarteen daar nog nie weerstand
was nie en daarom het die populasies
verminder. Weens die klein saadjie sal
‘n eenmalige skaarploegbewerking wat
die saad diep kan begrawe waarskynlik
effektief wees op lande wat erg besmet is
met die onkruid. Daar moet egter nie gou
weer geploeg word nie, want hoe dieper
onkruidsaad begrawe is, hoe langer bly dit
kiemkragtig en dieselfde saad kan dan oor
‘n jaar of selfs twee weer boontoe gebring
worddeur ‘nploegbewerking.
Vir meer metodes om weerstand te be-
stuur, word verwys na die pamflet
Volhou-
bare gewasproduksie in die teenwoordig-
heid van onkruiddoderweerstand
wat by
enige van die chemiese vervaardigings- of
bemarkingsmaatskappye beskikbaar be-
hoort tewees.
Bedankings en verwysings
Die volgende persone het die artikel krities
deurgelees en voorstelle ter verbetering
gemaak waar nodig: Prof Andy Cairns
(Universiteit van Stellenbosch), dr Erik
Eksteen (Syngenta), mnr Org Lotter (Bayer
Crop Science), mnr Jim McDermott (Du
Pont), mnr Hannes Schoeman (Monsanto),
mnr Frik Potgieter (Nulandis) en mnr Dirk
vanEeden (Terason).
Die lysvangeregistreerdeonkruiddoders is
verkry vanuit die publikasie:
AGuide to the
chemical control of weeds in South Africa:
A CropLife South Africa Compendium
.
Bestel by
of
011 079 4199.
Inligting is ook verkry vanuit die boek
Onkruide in gewasse en tuine in Suidelike
Afrika
en is beskikbaar by die LNR-Instituut
vir Graangewasse, Privaat sak X1251, Potchefstroom 2520. Kontak
Mary James by 018 299 6253of
.
Dieboek
Probleemplante en indringeronkruide vanSuid-Afrika
deur
Clive Bromilow, is ook geraadpleeg en is beskikbaar by diemeeste
boekhandelaars of raadpleeg die webtuiste van die uitgewers:
.
Lesers kan die pamflet
Volhoubare gewasproduksie in die teen-
woordigheid van onkruiddoderweerstand
ook in PDF-formaat ver-
kry van die skrywer van hierdie artikel by
.
Dit is ook
(in Engels) beskikbaar by die CropLife SA webtuiste (
croplife.co.za/Portals/13/Croplife_Documents/Sustainable%20
crop%20production%20in%20the%20presence%20of%20
herbicide%20resistance.pdf
).
1:Saadvankleinsaadkanarie-
gras.
2: Kleinsaadkanariegrassaai-
linge. Let op die rooi verkleu-
ring van die eerste bywortels
op die linkerkantste saailing
en die rooi verkleuring van
die halmbasis op die regter-
kantste saailing.
Foto: Hannes
Schoeman –Monsanto
3: Die blare van kleinsaad-
kanariegras. Let op die wit,
membraanagtige blaartonge-
tjie (liguul) op die tweede
blaar van bo op die halm.
Foto: Frik Potgieter –Nulandis
4: ‘n Volwasse kleinsaadka-
nariegrasplant.
5: Die bloeiwyse van klein-
saadkanariegras.
1
3
4
5
2
OP PLAASVLAK
Plaagbeheer
ONKRUIDE INDIEWINTERREËNVALSTREEK
September 2014
104
1...,96,97,98,99,100,101,102,103,104,105 107,108,109,110,111,112,113,114,115,116,...148
Powered by FlippingBook