SA Graan September 2014 - page 104

OP PLAASVLAK
Plaagbeheer
–Deel 4
PJ PIETERSE,
Departement Agronomie, Universiteit van Stellenbosch
Kleinsaadkanariegras (
little seededcanary grass
)
WINTERREËNVALSTREEK
Onkruide in die
Reeks
d
aar kom ses
Phalaris
-spesies in Suid-Afrika voor,
waarvan twee as belangrike onkruide in gewasse
erken word. Die twee spesies wat waarskynlik die
meeste onkruidprobleme veroorsaak, is
Phalaris minor
(kleinsaadkanariegras) en
Phalaris canariensis
(gewone
kanariegras).
Die twee spesies lyk baie eenders en dit is baie moeilik om
hulle van mekaar te onderskei tensy jy met ‘n vergrootglas of
disseksiemikroskoop na die blommetjies kyk. In die winterreën-
valstreekworddus sommer indie algemeenna kanariegras verwys,
wat danbeide spesies insluit.
Daar is tans geen rede om te vermoed dat die twee spesies baie
verskil ten opsigte van biologie en sensitiwiteit vir onkruiddoders
nie. Dus sal kleinsaadkanariegras se eienskappe in hierdie artikel
beskryf word omdat dit waarskynlik effens meer algemeen voor-
kom as gewone kanariegras. Kleinsaadkanariegras word nie juis as
‘n strawwemededinger in gewasse beskou nie – veral nie vergeleke
met raaigras, wildehawer en predikantsluis nie. As dit egter in groot
getalle voorkom, kandit ook oesverliese veroorsaak.
Dit is veral in Indië en Pakistan ‘n baie belangrike onkruid in rys
en koring en daar is gevind dat 20 plante/m² geen invloed het op
koringopbrengs nie, maar by digthede van 50 - 500 plante/m² het
dit koringopbrengs met 8% - 50% verlaag. ‘n Plantdigtheid van
4 000 plante/m² het algehele standverliese in koring veroorsaak.
Die volwasse plant is ‘n yl, regop polgraswat eenjarig is en enigiets
van 200 mm tot 1 000 mm hoog kan word, maar is gewoonlik so
500mm tot 600mmhoog.
Die halms en blaarskedes is haarloos en die tongetjie (liguul) is
membraanagtig. Blaarskywe is haarloos, 50mm tot 250mm lank en
5 mm - 10 mm breed. Die bloeiwyse is ‘n dig saamgetrekte pluim
wat soos ‘n aar lyk en is 20 mm - 50 mm lank. Blompakkies bevat
een blommetjie, is 3mm breed en 5mm lank en die saad is strooi-
kleurig tot donkerbruin, haarloos, blink, tot 2mm breed en 4,5mm
lank. Dit is gewoonlik in ‘n strooikleurige, haarlose kelkkaffiegehul.
Voorkoms en verspreiding
Kleinsaadkanariegras en gewone kanariegras kom redelik
wydverspreid in Suid-Afrika voor, maar veroorsaak veral probleme
in gesaaides in die winterreënvalstreek. Dit kom ook op versteurde
areas langspaaievoor enverkies klam kolle. Kleinsaadkanariegras is
in elke vasteland op die aarde as onkruid aangeteken en veral waar
rys en koring in rotasie verbou word, is dit ‘n groot probleem. Die
saad van kanariegras is hardskalig en die vermoede is dat dít die
rede iswaaromdit ‘n tydperk vananaerobiese toestande in ryslande
kan oorleef om daarna in koring ‘n probleem te wees. Saad van
kleinsaadkanariegras kan vir sesmaande dormant bly, maar daarna
ontkiemdit geredelik engeen verskil inontkiemingspersentasie van
saad wat ses en 18maande oud was, kon gevind word nie. Hierdie
saad se leeftye verskil en onder landtoestande is gevind dat dit
drie tot 24 maande lank kan oorleef, afhangende van omgewings-
toestande.
Beheer
Chemiese beheer
Die lys vanonkruiddoderswat vir kleinsaadkanariegras geregistreer
iswat in die publikasie
A guide for the chemical control of weeds in
SouthAfrica
genoemword, word in
Tabel 1
aangetoon. Daar is ook
‘n paar onkruiddoders en toepassings bygevoeg wat geregistreer
is nadat die gids gepubliseer is asook sommige nie-selektiewe
onkruiddoders wat nie spesifiseer watter onkruidspesies beheer
wordnie,maarwatwel effektief teen kleinsaadkanariegras isasdaar
nieweerstand is nie.
Dit is noodsaaklik dat produsente en/of chemiese vervaardigings-
en bemarkingsmaatskappye probeer vasstel wat die weerstand-
status van kleinsaadkanariegras in ‘n land is voordat onkruiddoders
daarop toegedienword. Indiendaar nieweerstand teen ‘n spesifieke
onkruiddoder is nie, moet sorg gedra word dat die onkruiddoder
onder goeie spuittoestandeendie korrektedosis toegedienwordop
onkruidwat niegroter as die vierblaar-stadium is nie.
Te hoë en te lae dosisse veroorsaak hoë seleksiedruk vir
teikensetel- en nie-teikensetel weerstand onderskeidelik. Wissel
ook die gebruik van ‘n effektiewe onkruiddoder so gereeld as
moontlik af met ander onkruiddoders met ‘n ander werkswyse
(met ander woorde in ‘n ander werkswyse groep). In Tabel 1 word
aangedui teen watter onkruiddoders wat geregistreer is vir beheer
van kleinsaadkanariegras daar alreeds bewese of vermoedelike
weerstandwaargeneem is. Alhoewelweerstand teenonkruiddoders
in kleinsaadkanariegras nie op so groot skaal waargeneem is as in
ander onkruidgrasse soos raaigras en wildehawer nie, is daar tog
gevalle vanweerstand aangeteken enwaargeneem.
Die gevallewat in Tabel 1 aangetoonword, is waarskynlik ‘n onder-
skatting van die ware toedrag van sake omdat nie veel monsters
van kleinsaadkanariegras al getoets is vir weerstand nie. Dit is
waarskynlik as gevolg van die feit dat dit nie so kompeterend is
teenoor koring nie en dus nie as so belangrik geag word nie. Dit
is egter redelik maklik om weerstand in kleinsaadkanariegras te
beheer as dit indie vroeë stadiumwaargeneem kanword.
Wetenskaplike naam:
Phalarisminor
Afrikaanse naam:
Kleinsaadkanariegras, kanariegras
Engelse naam:
Little seeded canarygrass, small canarygrass
September 2014
102
1...,94,95,96,97,98,99,100,101,102,103 105,106,107,108,109,110,111,112,113,114,...148
Powered by FlippingBook