SA Graan September 2014 - page 15

4: Skottelbewerking volg nadat die kunsmis voor planttyd toegedien is.
Richard volg ‘n rip-op-ry-spoorverkeerstelsel wat doeltreffend en effek-
tief is en ookmaklik is om te beheer. Diemeganisasiebeplanning is uit-
stekend by die stelsel aangepas, wat ‘n laemeganisasiekoste en groter
winsgewendheid tot gevolghet.
5: Gekomposteerde beesmis, afkomstig uit die voerkrale, word gebruik
omorganiesemateriaal, koolstof, kalium en fosfaat aan te spreek opdie
sandgrondewaar loging plaasvind.Mikro-elementewordmet die keuse
van die plantkunsmis aangespreek, terwyl blaarvoeding ook tydens die
groeiseisoengedoenword.
6: Die voerkrale en speenkalfproduksie vorm deel van die veefaktor.
Kampe is ingedeel volgens grondvorm en grasspesie, en droëmateriaal-
produksieper hektaar isgemeetomdrakrag tebepaal. Bogenoemdever-
anderlikes word gemeet asook kilogram vleis per hektaar en die netto
marge per hektaar by die veldbeeste. In die voerkrale word elke bees
se groei, voeromset en wins afsonderlik gemeet. Afvalprodukte uit die
maalprosesword as bekostigbarebeesrantsoengebruik.
7: GPS-tegnologie en RTK-navigasie is deel van hierdie boerdery. Kulti-
varkeuseword gemaak deur grootskaalse proewe op die plaas te doen.
Maalkwaliteit, meerkoppigheid en vatbaarheid vir siektes, speel ook ‘n
belangrike rol bydiekultivarkeuseaangesiendie totaleopbrengsbyBot-
seloMills verwerkword.
8: Botselo Carriers vervoer die graan direk vanaf die lande na die
bestemde bergplekke. Al die onderskeie vertakkings word afsonderlik
bestuur en finansieel vind geen kruissubsidiëring plaas nie. Die ver-
voervertakking is deel van Richard se broer, Garth, se verantwoorde-
likheid. Rekordhouding en beplanning speel ‘n belangrike rol in dié
boerdery, want werklike prestasie word deurgaans teen die begroting
gemeet enwaar nodig aangepas.
9: Botselo Holdings is betrokke by alle fasette van waardetoevoeging
met diemaal vanwit- en geelmielies, ‘n sorghummoutaanleg, sorghum-
bier asook die vervoerafdeling, en hulle is baie trots op hul slagspreuk:
From the soil to the consumer
. Die Hobsons is baie in hul skik daarmee
dat ongeveer 2miljoenmense per dagdiemeel wat onder hulle eie han-
delsnaambemarkword, gebruik.
10: Met 57 voltydse en 15 deeltydse arbeiders op die plaas asook ver-
skeie voormanne, agRichard sy arbeidsmag as sygrootstebate. Hoewel
Richard verskeie ander toekennings ontvang het, gaandit oor veel meer
as hul eie belang. Hy heg groot waarde aan goeie verhoudings. Hierdie
AnglikaanseKerkwat inaanbou isopSetlagoleasookhul betrokkenheid
by die opknapping vandie ouetehuis opStella, ismaar enkele voorbeel-
de vanhullewyebetrokkenheid.
4
6
8
9
10
7
5
13
September 2014
1...,5,6,7,8,9,10,11,12,13,14 16,17,18,19,20,21,22,23,24,25,...148
Powered by FlippingBook