SA Graan September 2014 - page 12

Trevor EgonZunckel
LEDE-LANDSKAP
1
3
5
6
7
4
2
1: Trevor Egon Zunckel is deel van die Zunckel-familie wat gedurende
1875 uit Oos-Berlyn na ‘n sendingstasie inSuid-Afrika verhuis het. Egon
vertel van sy kinderdae en sy eerste skooljaarwat vir homnogalmoeilik
wasaangesienhyhoofsaaklikZulumagtigwas. Hyboer sedert 1984, van
ná sy militêre diensplig, op die plaas Rustenburg, wat hy met ‘n Land
Bank-lening in familiebesit kon hou. Egon het uitstekend daarin geslaag
om oor 30 jaar ‘n boerdery daar te stel wat as inspirasie vir ander kan
dien. Hierdie man met sy diepe geloof, word bygestaan deur sy twee
seuns en integriteit is hulwagwoord.
2: Sedert 1984 het Egon sy boerdery aansienlik uitgebrei deur grond by
te koop. Hier aan die voet van die Drakensberge, naby Bergville in Kwa-
Zulu-Natal, verbouhyhoofsaaklikmielies, sojabone en koring. Reeds vir
18 jaar is Egon besig met bewaringslandbou, aangesien die klimaat en
grondtoestandehier, uiters geskik is daarvoor.
3: Kalk word volgens ontledings en NPK volgens opbrengs toegedien,
terwyl hul deurgaanspoogomdie landeorganiesop tebou. Landeword
driejaarliks gekarteer. Egon is ook vas oortuig daarvan dat die 18 jaar
se geenbewerkingmet dekgewasse in rotasie, wondere verrig het op sy
grond, veral diemarginalegronde.
4: Omdat integriteit vir hulle belangrik is, is minimum lone geen pro-
bleem nie en is daar ‘n gesonde verhoudingmet allewerkers. Gereelde
gesprekvoeringdradaartoebydat almal dieselfdedoelwittenajaag.Ook
die hantering van gifstowwe word met behoorlike omsigtigheid uitge-
voer en deeglike beheer is van die allergrootste belang. Gifstowwewat
diegrondlewe kanbenadeel,wordniegebruiknie.
5: Egon en Carl. Met die steun van sy twee seuns, Carl en Tyson, wat
deurgaans op hoogte is van die nuutste tegnologie, is hierdie boer van
KwaZulu-Natal absoluut gefokus op graanproduksie. Voeg daarby Egon
se 18 jaar lange ondervinding van bewaringslandbou met dekgewasse
in rotasie en jy gaan ver soek vir só ‘n gedugte span. Grondwat hy nie
bewerk nie, wordof verhuur of is verkoop, want hier gaandit oor graan-
verbouing.
6: Egon en Tyson in ‘nmielieland tydens strooptyd. Bewaringslandbou
het nie alleen nuwe lewe tot die grond gevoeg nie, maar die bestryding
van erosie het ook tot gevolg dat diewater in die damme nou helderder
is. Dit is reeds van sy kinderdae af Egon se passie om erosie te bekamp
deur oral klippe in die voetpaadjies te rol. Met die verloop van tyd het
hullemielie-, sojaboon- enkoringopbrengsteookbeduidend toegeneem.
7: Die hoë mielieplante met ‘n besonder hoë opbrengs is goed ge-
anker ongeag die feit dat hulle binne ‘nwindgordel geleë is. ‘n Kultivar
se staanvermoë speel dus ook ‘n rol by die gewaskeuse. Die stropers,
planters en spuite beskik oor die nuutste tegnologie en veranderlike
toediening is deel vanhul presisieboerderypraktyke.
September 2014
10
1...,2,3,4,5,6,7,8,9,10,11 13,14,15,16,17,18,19,20,21,22,...148
Powered by FlippingBook