SA Graan September 2014 - page 11

9
September 2014
4: Daarword jaarliks sowat 300 ha hawer aangeplant op hoëpotensiaal-
gronde om genoeg kuilvoer vir diemelkery te produseer. Met die groot
veefaktor, worddiemedics-weidings ook baie goedbenut. Die driewis-
selbousistemewat hulle volg, is die resultaat van die verskillende loka-
liteite se behoeftes asook die dierefaktor se behoeftes wat ondervang
moetword.
5: Aanvullend tot die hawerkuilvoer, word 65 ha mielies gedurende
die somer onder besproeiing aangeplant, wat ook as kuilvoer vir die
massiewemelkerygesnyword.Opbykans50%vandiegrondhethulle ‘n
koring-medics-sisteem. Tweedens het hulle ‘n stelsel van koring, hawer,
koring, kanola en dan weer koring. Derdens is daar ‘n koring-kanola-
sisteemwat hullegaan verander ná twee jaar koring en een jaar kanola.
6: ‘n Gesonde grondstruktuur is vir hulle belangrik en grondmonsters
word elke twee jaar geneem, waarna die nodige regstellings gedoen
word. Satellietbeelde sowel as opbrengskaarte word ook gebruik om
smart sampling
te doen. Kontoeronderhoud vind steeds plaas, maar
soos die grondstruktuur verbeter, word die afloop van water uit die
lande alminder.
7: Diemelkery produseer jaarliksmeer as 5 000 tonmiswat alles op die
landerye gestrooi word. Die veefaktor, wat SA Holstein-koeie vir melk-
produksie, AberdeenAngus vir speenkalfproduksie en SAVleismerino’s
vir wol- en vetlamproduksie insluit, is uitstekend geïntegreer binne die
totaleboerdery.
8: Arbeiders verdien veel meer as die voorgeskrewe minimum loon en
volgens Koos het dit ook ‘n positiewe effek op die produktiwiteit van
werkers. Sokkeruitrustings aan die plaaslike sokkerspan en die dienste
van ‘n maatskaplike werkster is maar enkele van die ondersteunende
funksies aanwerkers.
9: Besluitneming word gedoen op grond van behoorlike bestuursin-
ligting waarvan ‘n dinamiese kontantvloeibegroting, wat maandeliks
aangepasword, deel is. Die finansiële besluiteword deur die vier direk-
teure geneem wat verskillende agtergronde het en dus saam ‘n beter
besluit as eenpersoon kanneem.
10: ‘n Behoorlike stelsel waar uitgawes aan ‘n betrokke trekker of ma-
sjien toegedeel word asook behoorlike instandhouding en voortydige
vervanging, dra daartoe by dat ontydige brekasies nie groot finansiële
skade tot gevolg het nie. Die betrokkenheid van pa Boy asook sy seuns,
by georganiseerde landbou en binne hul gemeenskap, is ‘n klink-
klare bewys dat dit nie net oor hulself gaan nie.Wat ook opvallend is, is
die gemoedelikheid en goeie gesindheid wat binne hierdie span te be-
speur is.
4
6
8
9
10
7
5
1...,2,3,4,5,6,7,8,9,10 12,13,14,15,16,17,18,19,20,21,...148
Powered by FlippingBook