September 2014
4
w
anneer jy in Londen op die
ondergrondse treine ry, is
daar oral kennisgewings op
en selfs aankondigings oor ‘n
openbare luidsprekerstelsel
om versigtig te wees vir die
gaping tussen die perron en die trein. Vandag
wil ek die aandag vestigop ander gapings.
Die eerste is die gaping in ons navorsingsge-
ledere tussendieougesoute navorsers endie
nuweopkomendenavorsers.Dieouergarde is
so tussen vyf en agt jaar van aftrede af en die
jongereshet so tussenvyf en agt jaar ervaring
in die veld. Ons het heelwat in die bedryf ge-
doenommet behulp vanbeurse, dieonderste
gapings op te vul, maar daar is nie juis oplos-
sings omdiegaping tussenin te vul nie.
Net die ander dag het dr Cobus le Roux (al-
gemene bestuurder: LNR-Veldgewasdivisie)
gespog dat die huidige aantal personeel met
doktorsgrade die meeste is wat nog ooit by
die Instituut opBethlehemwerksaamwas. Dit is bemoedigend!
Dit is egter ook waar dat ons ten spyte daarvan nog nie op die
standaard is waar die LNR 20 jaar geledewas nie. Graan SA is tans
hard aandiewerkom juis hierdiegapingoor diemediumtermyn aan
te spreek. Daar is baie opwindende nuwe planne ten einde navor-
singskapasiteit en -kwaliteit vir die toekoms te verseker.
Die LNR sal deel wees daarvan, maar nuwe gedagtes en nuwe ven-
nootskappe is beslis nodig. Hierdie werk is nie aldag so sigbaar bo
dieoppervlaktenie,maar agter die skermswoel dit.
Die ander gapingwaaroor ek ietswil sê, is die gaping tussen invoer-
en uitvoerpariteit as dit by mielies kom. Hierdie gaping maak selfs
die beleidmakers in die land senuagtig. Ten spyte van die land se
potensiaal om jaarliks surplusse te produseer, is daar steeds staats-
amptenarewat bekommerd isdat ons teveel sal uitvoer endiepryse
aan verbruikers, van uitvoerpariteit na invoerpariteit sal laat styg.
Hierdie gaping verteenwoordigmaklik ‘n 50%-styging inmieliemeel
en mieliegebaseerde produkte. Dit is groot genoeg om enige poli-
tikus die ritteltits te gee, ongeag die grootte van die meerderheid
waarmee die verkiesing gewen is. Hierdie gaping is die verskil tus-
sen voedselsekerheid en ‘n ramp. Daar is heelwat faktore wat hier-
die gaping beïnvloed, maar ek kan julle verseker daar ismeer as net
‘npaar hoenderboerewat dit dophou.
Laastens wil ek iets sê oor die gaping tussen die mandaat van die
Land Bank en die kommersiële banke. Dit wasmet groot teleurstel-
ling dat ons moes aanhoor dat die Land Bank nie aptyt het vir
produksielenings aan ons nuwe-era kommersiële boere nie. Hierdie
lede van ons het nie titelaktes van die grondwaarop hulle boer nie
en is blykbaar te veel van ‘n risiko.
Ek het nog altyd verstaan dat die mandaat van die Land Bank ont-
wikkeling is. As die gaping tussen hulle en die kommersiële banke
so nou word, weet ek nie waarom die staat in die bankwese moet
wees nie.
Intussen is daar baie interessante instansies wat in hierdie gaping
inbeweeg. Insetverskaffers soos Monsanto, Omnia, John Deere en
OldMutual het almal bykans oornag in dié gaping ingehardloop en
isbesigomonsnuwe-era kommersiëleboere te finansier. Isdievrye
mark niewonderlik nie?Houhierdiegapingdop!
Miskienmoet ek afsluit met die bekendste gapingwat ons almal so
goed ken enwat na aan ons bedryf is: “Van die hand na diemond,
val diepapopdiegrond.”
Dit is ‘n waarskuwing vir ons almal om te eerbiedig as ons voed-
selsekerheid in hierdie land wil handhaaf. As ons nie die gapings
mooi dophou en werk daarvan maak om dit te vul nie, sal die vol-
gendegeslagons beslis kwalik neem.
Let op die gaping
JANNIEDEVILLIERS,
uitvoerende hoofbestuurder/CEO
“
Dit is ‘nwaarskuwing
vir ons almal om te
eerbiedig as ons voed-
selsekerheid in hierdie
landwil handhaaf.
“
STANDPUNT
POINTOFVIEW
GraanSA