Background Image
Previous Page  81 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 81 / 116 Next Page
Page Background

79

October 2017

stikstof (N). Oor die afgelope 40 jaar het

die gebruik van N-kunsmis op gewasse

wêreldwyd 7,4 keer verhoog, terwyl op-

brengste net 2,4 keer verhoog het. Net soos

in Suid-Afrika, dui dit op ‘n al swakker ge-

bruiksdoeltreffendheid (‘n daling van oor

70 kg tot ongeveer 25 kg graan per kg N).

In die meeste intensiewe landbouproduk-

siestelsels word 50% tot 70% van N wat

toegedien word, nie deur die plante gebruik

nie en gaan dit in die grond verlore. Behalwe

vir geld wat letterlik in die water gegooi

word, hou hierdie “verlore” N verskeie

nadelige ekologiese gevolge in, wat hierdie

negatiewe siklus vererger. Dit sluit onder

andere die volgende in:

Minerale N, veral nitraat en ureum, is

uiters oplosbaar en besoedel afloop-

en grondwater, waar dit ‘n gevaar vir

mense, diere en die omgewing inhou.

Oormatige kunsmis in grond benadeel

die funksionering van natuurlike mikro-

organismes, wat weer (natuurlike)

grondvrugbaarheid beïnvloed.

Oormatige N-kunsmis versnel grond-

organiese koolstofafbreek (mineralise-

ring) wat grondstruktuur en organiese

N-inhoud verlaag.

N-kunsmis verhoog die vrylating van

N2O (nitrietoksied) wat ‘n gevaarlike

kweekhuisgas is en bydra tot aard-

verwarming.

Ammonium N-kunsmis versuur grond.

N-kunsmis wat deur die Haber-Bosch-

proses gemaak word, het ‘n hoë

koolstofvoetspoor.

Maksimalisering van

akkerbouproduksie

Gronde moet volgens geïntegreerde grond-

vrugbaarheidbestuursbeginsels vir maksi-

male produksie bestuur word. In

SA Graan/

Grain

van Julie 2017 is hierdie konsep deeg-

lik bespreek.

Dit beteken dat gewasproduksie per een-

heid van kunsmis (of voedingstof) moet

verhoog, plantwortels beter toegang tot

grondvoedingstowwe moet kry en dat

grond gesien en bestuur moet word as ‘n

lewende ekostelsel.

Hierdie konsep aanvaar dat nie net mi-

nerale kunsmis of net ekostelseldienste

alleen voldoende is om gewasopbrengs

te maksimaliseer nie – veral nie in die

tydperk waar gedegradeerde grond nog

opgebou word nie.

Die opbrengs van beskikbare voedingstow-

we in die grond (verskaf deur grond en

kunsmis) per eenheid, kan verhoog word

deur:

Afwaartse aanpassing van kunsmis-

toedienings gebaseer op (die meting

van) grondvrugbaarheidvlakke wat

grondorganiese koolstof, organies-

gebonde voedingstowwe, voedingstof

-sirkulering en vorige gewasverbou-

ingspraktyke in ag neem.

Dien kunsmis toe op die regte tyd, plek

en van die regte bron.

Plant gewasse by die regte plantdigt-

heid om genoeg plante te hê om opti-

male gebruik van grondvoedingstowwe

en -water in die hele grondprofiel te

verseker.

Die verbetering van eko-

stelselfunksies en dienste

Hierdie is waarskynlik die mees onbekende,

maar potensieel mees belowende beginsel

om voedingstofgebruiksdoeltreffendheid

te verbeter (sien

SA Graan/Grain

van Julie

2017).

Die kritiese grondekosisteemprosesse waar

van ons hier praat, is die transformering

van koolstof (of mineralisasie), sirkulering

van voedingstowwe, onderhoud van die

struktuur van grond en die biologiese

regulering van grondmikrobepopulasies.

90% van hierdie prosesse word deur mikro-

organismes gedryf.

Die belangrikste praktyke om hierdie na-

tuurlike biologiese funksies te verbeter, is

deur die beginsels van bewaringslandbou,

naamlik minimale grondversteuring, diver-

sifisering deur gewasse en diere, teen-

woordigheid van lewende wortels deur

die jaar en permanente organiese grond-

bedekking.

Die resultaat van die verbetering van hierdie

ekostelselfunksies en prosesse is die

verskaffing van ‘n reeks goedere en dienste,

wat gratis voorsien word.

Grafiek 2: Prysindeks vir geelmielies.

Bron: JSE en CME

Grafiek 1: Wêreldeindvoorraadvlakke vir mielies.

Bron: USDA