Background Image
Previous Page  76 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 76 / 116 Next Page
Page Background

Oktober 2017

74

2016/2017-plantseisoen

M

et die huidige hoë insetkostes verbonde aan mie-

lieverbouing en die lae marges, is oorplant eintlik ‘n taboe

onderwerp. Daarom is dit noodsaaklik dat produsente

sal kennis dra van uitdagings wat in die verlede

voorgekom het en moet hulle probeer om dié foute te vermy.

Heelwat van dié uitdagings is klein jakkalsies wat lei tot groot

frustrasie en kon in ‘n verskeidenheid gevalle voorkom word.

Natuurlike oorsake

Gerugte wil dit hê dat soveel soos 55 000 ha (2016/2017) oorge-

plant is as gevolg van winde wat saailinge eenvoudig doodgewaai

het omdat daar nie genoeg stoppel op die lande was nie (

Foto 1

).

Die tekort aan stoppel spruit voort uit die vorige droë seisoen.

Goeie jare het soms ook negatiewe uitwerkings en in

Foto 2

kan

gesien word waar plante uiters welig groei en dan onderwerp word

aan sterk winde of dwarrelwinde, wat dan lei tot stamknak (

green

snap

).

Plante groei betreklik vinnig en dan raak die stamme as’t ware

glasagtig en kan dan nie buig of meegee in sterk wind nie en breek af

asof die stam met ‘n mes gesny is. Die invloed van hierdie verskyn-

sel het selde ‘n impak op die potensiaal van die oes. Dit ver-

teenwoordig gewoonlik tussen 5% tot 10% plante.

Effek van kompaksie en swak wortelontwikkeling gepaard met

swaar reën en sterk winde het ook gelei tot omval (

Foto 3

).

Chemies

Die ander gereelde uitdaging is die plasing van kunsmis. Die plasing

van kunsmis té naby aan die saad veroorsaak kunsmisbrand (

Foto 4a

en

Foto 4b

) en gevolglike swak ontkieming. Die norm in hierdie geval

is dat kunsmis ten minste 5 cm weg en 5 cm onder die saad geplaas

moet word.

Dit sal die moeite loon om net voor-plant die planter in die land te

sit en dan te grawe om vas te stel of die plasing van kunsmis volgens

die norm is.

Waar vooropkoms-onkruiddoders toegedien is en opgevolg word

deur koue of koel toestande, kan die saailing verdwerg of verwronge

ontwikkel (

Foto 5a

en

Foto 5b

). Dit gebeur omdat die saailing nie

in die optimale tyd van vyf tot sewe dae bo die grond verskyn nie en

dan vir te lank aan die onkruiddoder blootgestel word.

Die effek van oordragonkruiddoder word telkens onderskat. Dit is

belangrik om die onttrekkingstye vir opvolggewasse op die etiket te

lees en dit te gehoorsaam om teleurstelling te voorkom (

Foto 6

).

In gevalle waar swamdoders gespuit word, is dit uiters belangrik om

die etiket te raadpleeg om te bepaal of dit nodig is om benatters by

die swammiddel te voeg. Die meeste van die middels bevat reeds

benatters en indien addisionele benatters bygevoeg word, kan dit

lei tot gestremde kop-ontwikkeling (

arrested ear development

[AED]).

Bespuitings vir swaminfeksies moet ook nie gedoen word tussen

V12- en V16-groeistadiums nie (

Foto 7a

tot

Foto 7c

). In hierdie

stadiums is kopontwikkeling uiters aktief en kan sodanige bespui-

tings die oorsaak van gestremde kop-ontwikkeling wees.

Dit bly belangrik om te weet waar konvensionele en RR-basters

geplant is, anders kan groot skade voorkom (

Foto 8

).

Spuite moet deeglik skoongemaak word nadat dit gebruik is

anders kan van die vorige onkruiddoder wat nog in die tenk was,

skade aan die volgende gewas aanrig (

Foto 9

).

Insekte dra ook by tot die frustrasies. Soms is ‘n mens radeloos

oor die verdwergde plante in die ry – in hierdie geval was dit

draadwurmskade op die kiemplant (

Foto 10

).

Betreklike warm en humiede toestande is die teelaarde vir swam-

siektes (

Foto 11a

en

Foto 11b

).

Effektiewe onkruidbeheer is krities (

Foto 12

en

Foto 13

).

Gee aandag aan die klein jakkalsies en maak seker jou wingerd word

nie verniel nie.

OP PLAASVLAK

2016/2017-seisoen / Uitdagings / Oorsake

Bestuurspraktyke

AK GELDENHUYS,

produklandboukundige: Weste, Pannar Saad

1: Waailande in die

Noordwes-Vrystaat

gedurende die

2016/2017-plantseisoen.

2: Stamknak op mielies

kom sporadies voor en

is nie gekoppel aan ‘n

spesifieke kultivar nie.

1

2