Oktober 2017
78
SUPERSIKLUS van graanproduksie
plaas klem op effektiwiteit
O
p internasionale vlak ervaar
markte uiters lae pryse. Dit is
hoofsaaklik die gevolg van ge-
weldig-hoë aanbodsyfers in die
mark. Wanneer 'n mens egter die mielie-
mark se geskiedenis bestudeer, is dit dui-
delik dat dit nie ‘n nuwe verskynsel is nie.
In die 1970’s was daar ‘n skerp toe-
name in produksie en dit het beteken dat
eindvoorraadvlakke begin styg het (super-
siklus). Dié uitdaging is op daardie stadium
opgelos deur die vraag te stimuleer en die
grootste dryfkrag hierin was die vestiging
van die glukosemarkte.
Daar was in die middel van die 1990’s
weer ‘n sterk styging in terme van voor-
raadvlakke en weer is daar planne gemaak
om die vraag te stimuleer. Dié keer was dit
die vestiging van die etanolbedrywe, asook
die sterk groei in vraag vanaf China.
Dit is interessant dat dit elke keer met ‘n
supersiklus ongeveer vier jaar geneem het
voordat die voorraadvlakke herstel het en
die nuwe vraagstimuli alles in balans ge-
bring het. Tans is ons weer in ‘n supersiklus
en is die wêreld reeds by die vier jaar-siklus.
Die bekommernis is dat daar nog weinig
antwoorde is wat nuwe vraagstimuli betref.
Op die wêreldmark is die etanolbedryf
besig om ‘n platform te bereik en die ver-
wagting is dat dit heelwaarskynlik sy-
waarts kan beweeg en selfs moontlik kan
daal. China se populasiegroei is onder be-
heer en hul verbruik beweeg ook redelik
sywaarts. Volgens die Buro vir Voedsel- en
Landboubeleid (BFAP) se basislyn is mielies
se groei in produksie gelykstaande aan die
groei van die wêreldpopulasie, naamlik
1,1%. Daar is daarom nie besonder goeie
vooruitsigte wat vraag betref nie.
Die nuutste is dat Afrika die moontlike op-
lossing vir vraag gaan wees, maar die
uitdagings is enorm. Afrika het nie geld
nie. Afrika se logistieke stelsels is onder-
ontwikkel en dan is daar nog GMO-beleide
wat vraagimplikasies het. Die gevolgtrek-
king is dat daar nie merkwaardige planne
is om die vraag oor die kort termyn in die
globale mark te stimuleer nie. Die uitkoms
hiervan is dat die globale mark nog vir ‘n
wyle prysdruk gaan ervaar, weens die feit
dat aanbod groter as vraag is.
Die inligting beteken dat Suid-Afrika na uit-
voerpariteitprysvlakke beweeg sodra ons
meer produseer as wat ons verbruik, wat
beteken dat ons met die globale mark moet
meeding. Tans kry Suid-Afrika net op ‘n
marge/ha-basis meegeding wanneer uiter-
mate goeie opbrengste behaal word.
Op ‘n insetkostebasis is Suid-Afrika nie
mededingend nie. Hoofsaaklik weens ons
hoë invoere – ongeveer 90% van ons insette
word ingevoer. Kunsmis bly ‘n beduidende
komponent van die insetkoste en Suid-
Afrika se persentasie bydrae tot kostes is
aansienlik hoër as dié van die mededingers.
Volgens BFAP se
agribenchmark
-syfers is
Suid-Afrika se stikstof die tweede duurste in
die wêreld, fosfate vierde duurste en kalium
die duurste. In terme van die benutting
van stikstof op ‘n kg mielies/kg N-gebruik,
is Suid-Afrika onder die internasionale ge-
middeld. Hierdie is net ‘n gedeelte van die
faktore wat mededingendheid beïnvloed.
Die groot vraag is:
Hoe nou gemaak?
Dit gaan in die toekoms belangrik wees
om te verseker dat toepaslike produksie-
ekonomiebeginsels toegepas word om te
verseker dat optimale wins behaal word en
nie noodwendig optimale omset nie.
Die effektiewe gebruik van insette gaan
die bepalende faktor vir die winsgewendheid
van ‘n produsent wees. In landbou speel die
rol van marginaliteit (addisionele uitset vir
addisionele inset) ‘n betreklik belangrike rol.
Dit is van kardinale belang om produksie-
ekonomiebeginsels binne produksiebeslui-
te vir insette, asook die allokasie van hektare
binne die boerdery, te gebruik.
Soms is dit beter om ‘n laer opbrengs te
realiseer, maar meer winste in die sak te hê.
Uiteraard is historiese inligting en proefdata
noodsaaklik om die besluite effektief te
neem.
‘n Goeie praktiese voorbeeld hiervan is die
onlangse studie wat deur die Universiteit
van die Vrystaat by Sernick Voerkrale ge-
doen is.
Mnr Phillip Oosthuizen het bepaal hoe
lank elke ras in die voerkraal gevoer moet
word om optimale wins te verseker. Dit
is alles gedoen deur produksie-ekono-
mie te ontleed. Mnr Nick Serfontein (eie-
naar van Sernick Voerkrale) noem dit
presisieboerdery binne ‘n voerkraal.
In graan is presisieboerdery nie ‘n nuwe
beginsel nie – veral as opbrengs be-
studeer word. Die nuwe uitdaging is om
te verseker dat die presisiebeginsels ook
met produksie-ekonomiebeginsels getroud
raak. Dit is daarom uiters belangrik om seker
te maak dat daar noukeurig na historiese
rekords gekyk word, asook nuwe op-die-
plaasproewe. Ekodoeltreffendheid kan ‘n
beduidende bydrae hiertoe lewer.
Groter klem op ekodoel-
treffendheid as deel van
produksie-ekonomie
Die konsep van ekodoeltreffendheid bete-
ken die doeltreffende en volhoubare ge-
bruik van hulpbronne in akkerbouproduksie
en grondbestuur, met die strategie om meer
voedsel te produseer sonder om meer
grond, water en energie-gebaseerde insette
te gebruik.
In die proses is dit egter belangrik om nie
net die negatiewe ekologiese impak te
minimaliseer nie, maar ook om akkerbou-
produksie te maksimaliseer en ekostelsel-
dienste te verbeter. In die konteks van die
“supersiklus” in Suid-Afrika is dit krities
dat produsente hierdie konsep verstaan
en toepas om te verseker dat hulle oor die
lang termyn volhoubaar en winsgewend is.
Sonder dít is daar min kans vir oorlewing
– finansieel en ekologies.
Gesonde landbougrond is die basis van
ekodoeltreffendheid. Onmiddellik moet ons
in ag neem dat ongeveer 70% van die uiters
beperkte hoeveelheid bewerkbare hektare
in Suid-Afrika gedegradeer is, met gemid-
deld 50% daarvan waarvan die grondorga-
niese koolstof verlore is as gevolg van
dekades se aggressiewe bewerking.
Dit is essensieel dat die grondorganiese
koolstofvlakke herstel word om grond-
gesondheid, ekodoeltreffendheid en eko-
stelseldienste te verbeter.
Vervolgens word elkeen van hierdie ele-
mente kortliks beskryf – spesifiek met die
oog op grondvrugbaarheid, oftewel ver-
beterde kunsmisgebruiksdoeltreffendheid.
Die negatiewe ekologiese
impak van kunsmis
As gevolg van die lae grondorganiese
koolstof-inhoud van ons grond is graan
opbrengs al hoe meer afhanklik van die
toediening van sintetiese kunsmis – veral
OP PLAASVLAK
Produksie-ekonomiebeginsels / Ekodoeltreffendheid
Bestuurspraktyke
DR DIRK STRYDOM,
bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA en
DR HENDRIK SMITH,
bewaringslandboufasiliteerder, Graan SA