Background Image
Previous Page  79 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 79 / 116 Next Page
Page Background

OP PLAASVLAK

Geldsake

Die produsent

se vriend

S

uid-Afrika is die afgelope aantal

jare deur intense klimaatstoestande

getref, onder andere een van die

ergste kalenderjaardroogtes in die

afgelope 100 jaar. Die herstel van hierdie

uiterste natuurverskynsels vind egter nie

teen dieselfde tempo as die voorkoms

daarvan plaas nie.

“Min mense sou kon voorspel dat ons

vanjaar die grootste graanoes van alle tye

sou insamel,” sê mnr Reinhard Kuschke

(besturende direkteur: AgriSeker).

“Aangesien hierdie omstandighede boer-

derybesighede raak, het AgriSeker elke

benoude tree saam met produsente gegee.

Ons besef dat die kontantvloeidruk en

ander invloede op welvaart nie oornag

sal verdwyn nie. Daarom het ons saam

met ons onderskrywer, Land Bank Verse-

keringsmaatskappy (Lbic), strategieë in

werking gestel om die produsent te bevoor-

deel.”

AgriSeker het produkte aangepas om in

lyn met die kontantvloeikurwe van die

produsent te kom. Hulle het ‘n unieke pro-

duk geskep, waar die produsent self die

betaalterme van die oesversekeringspolis

kan beding om sy kontantvloei te pas.

“Omdat ons daagliks eise kan uitbetaal,

stel ons die produsent in staat om, nadat

hy skade gely het en dit getakseer is,

onmiddellik met sy werksaamhede te

kan voortgaan,” sê Kuschke. Omdat Lbic

so onwrikbaar is om landbouers te on-

dersteun, het hulle hierdie fasiliteite

goedgekeur. Volgens Kuschke word die

betaalvaardigheid verder gerugsteun deur

‘n herversekeringspaneel van hoogstaande

internasionale standaarde.

Hy sê AgriSeker se buigsaamheid en

finansiële stabiliteit stel hulle in staat om

oesversekeringseise vinnig en akkuraat af

te handel. AgriSeker bied vertroue en fi-

nansiële risikobestuurswaarde aan die

landbouer. Daar is egter nog veel meer wat

die maatskappy aan die produsent bied.

“Ons het ‘n aantal jare gelede ‘n strate-

giese besluit geneem om die produsent

met inligting te voorsien wat hom in sy

risikobestuur en -beplanning kan onder-

steun. Deur die

Cumulus

, ‘n weeklikse

nuusbrief, kommunikeer ons inligting oor

die onmiddellike klimaats- en weersom-

standighede met ons kliënte. Een van die

bes gekwalifiseerde landbouweerkundiges

in die land doen weekliks verslag oor

wat gedurende die somermaande ge-

beur het en wat ons te wagte kan wees

wat weersake betref. Ons lewer ook ‘n

innoverende moniteringsdiens waar die

jongste satellietinligting verwerk word.

Hierdie verwerkte data gee waarde aan die

nuusbrief en stel inligting aan die produsent

beskikbaar om sy risikobestuursprogram

uit te voer,” het hy gesê.

AgriSeker se kundigheid word deur ‘n

uitgebreide streeksbestuursnetwerk onder-

steun.

“Ons twaalf satellietkantore bedien die

hele Suid-Afrika met die beste tegnologie

om ons kliënte van kundige advies te

voorsien. Ons is ook trots daarop dat ons

alle tussengangers en versekeringsagente

jaarliks oplei en akkrediteer om te verse-

ker dat die beste en mees toepaslike advies

jou as produsent toeval,” sê Kuschke.

“Ons beskik ook oor tegniese en taksasie-

kundigheid.”

Alle assessors word jaarliks geakkrediteer

en sodoende word slegs die beste kundig-

heid aangewend om verliese vinnig en

akkuraat te bepaal sodat dit spoedig

afgehandel kan word. Ons voeg waarde

tot jou boerdery toe met die mees toepas-

like werkwyse, kundige produktoepassing

en advies binne die konteks van ons

statutêre verpligting. Hierby voeg ons

verbintenis met die Land Bank (wat vir

vyf jaar agtereenvolgens ‘n skoon en on-

gekwalifiseerde oudit van die Ouditeur-

Generaal ontvang het) verder waarde toe

aan ons diens.

Produk-inligting

ELRITA SCHÜTZE,

AgriSeker

77