Background Image
Previous Page  55 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 55 / 112 Next Page
Page Background

OPTIMALE PLANTDATUM

onder die loep

D

ie keuse van ‘n plantdatum is een van die belangrikste

bestuursbesluite wat graanprodusente moet neem. Heel

dikwels word die besluit geneem volgens heersende

weers- en grondtoestande, of die aantal hektare wat ge-

plant moet word.

Plantgroei en -produksie se basiese boustene is sonligenergie,

koolsuurgas (CO

2

), water (H

2

O), voedingselemente (N, P en K) en

tyd. Plantdatum – hetsy te vroeg of laat – het potensieel ‘n direkte

invloed op een of meer van hierdie boustene en kan finale opbrengs

beïnvloed.

Wat is opbrengs? In die geval van mielies kan opbrengs beskryf

word as die som van die aantal koppe per hektaar geproduseer,

die aantal pitte per kop en finale pitmassa.

Die plantdatum is jou kans om die gewas te vestig sodat die

gewas se waterverbruik en die reënvalverwagtinge ooreenstem.

Soms moet die gewasse vroeg en soms laat geplant word om die

midsomerdroogte in kritiese tye te kan systap.

Soms is vroeg plant ‘n uitstekende opsie, maar as dit te ver buite die

plantvenster gedoen word, kan dit vir die produsent ‘n risiko inhou.

Net só kan die risiko ook, as daar te laat geplant word, verhoog

word. Om hierdie risiko’s te verstaan, moet produsente ‘n deeglike

begrip van die groei van die gewasse hê.

Mielies

Mielies is ‘n dag-neutrale plant, wat beteken dat dit sal blom nadat

‘n sekere hoeveelheid hitte geakkumuleer het. Graanvulling en

opbrengs word beïnvloed deur die tyd van die jaar wat dit aange-

plant word. Die ontkieming van mielies is swak by grondtem-

perature laer as 10°C. Tussen 10°C tot 13°C vind ontkieming wel

plaas, maar swamsiektes kan ‘n nadelige effek op saailingves-

tiging hê. Vir goeie ontkieming en die ontwikkeling van ‘n sterk

saailing moet dagtemperature bo 19°C wees en nagtemperature nie

benede 13°C daal nie.

Afhangende van watervoorsiening is die optimale groeitempera-

tuur vir ontkieming tussen 24°C tot 27°C. Namate temperature

gedurende die dag styg, styg vegetatiewe en reproduktiewe pro-

duksie in die mielieplant. Die styging in produksie duur voort tot-

dat ‘n maksimum van tussen 26°C tot 29°C bereik word.

Bo 30°C raak transpirasie en respirasie só hoog dat die produksie

van plantweefsel oorskadu word deur die afbreek daarvan. Onder

10°C weer, vind geen noemenswaardige groei plaas nie.

Sojabone

Sojabone is kortdagplante (fotoperiode-sensitief), wat daarop neer-

kom dat dit sal oorgaan tot blom indien die nagte langer raak. Dit

beteken lang dae en kort nagte stimuleer vegetatiewe groei, terwyl

die omgekeerde blomvorming bevorder.

Opbrengste word nadelig beïnvloed wanneer temperature bo

30°C styg. Temperature benede 13°C vir lang periodes tydens die

blomstadium benadeel blom- en saadvorming. Vroeë aanplantings

met sojabone het nie altyd dieselfde voordelige uitwerking op op-

brengs as by mielies nie.

Dit wil sê in uitermate warm gebiede met ‘n hoë aantal hitte-

eenhede per dag is dit belangrik om nie te vroeg te plant nie. Dit sal

vegetatiewe groei oormatig stimuleer, wat later tot omvalprobleme

mag lei – sonder die voordeel van hoër opbrengste. Daarteenoor lei

baie laat aanplantings tot te min vegetatiewe groei, lae peulhoogte

en laer opbrengste.

53

October 2016

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke

Plantdatums / Vroeg / Laat / Skade

CORNÉ VAN DER WESTHUIZEN,

agronoom: Pannar Saad

Skade gekoppel aan kouewaterimbibisie op ‘n vroeë aanplanting onder

besproeiing (September) wat op ‘n ligte sandgrond aangeplant is.