Background Image
Previous Page  53 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 53 / 112 Next Page
Page Background

51

October 2016

Die vinnig-stygende kostes plaas die wins-

gewendheid van die bedryf onder die

vergrootglas en daarom is dit belangrik

om met goeie kwaliteit diere te boer en

‘n goeie kernkudde te skep. Presisieboer-

dery – selfs in die lewendehawebedryf

– raak al hoe belangriker om sodoende

goeie kwaliteitseienskappe in die rasse

te bevorder ten einde die bedryf meer

winsgewend te maak.

Ander aanwysers

In Suid-Afrika dien mielie- en graangeba-

seerde produkte hoofsaaklik as stapel-

voedsel vir ‘n groot gedeelte van Suid-

Afrika se bevolking. Die graanprodukte

het ‘n baie hoër koolhidraatinhoud en die

proteïenkomponent daarin is maar effens

aan die lae kant. Vleis en vleisprodukte

speel dus ‘n belangrike rol in terme van

proteïene in die diëte van Suid-Afrikaners.

Verskillende soorte vleis en vleissnitte sal

uit die aard van die saak deur verskillende

inkomstegroepe verbruik word na gelang

van die bekostigbaarheid daarvan.

Wit vleis, soos hoender en vark, asook

die verwerkte produkte daarvan wat

relatief goedkoper is, sal meer deur laer

inkomstegroepe benut word, terwyl rooi

vleis (bees en skaap) heel waarskynlik meer

deur hoër inkomstegroepe benut sal word.

Grafiek 4

toon die verbruiksbesteding

aan alle vleissoorte in Suid-Afrika vanaf

2005 tot en met 2014/2015. Daar is ‘n

duidelike opwaartse tendens in die ver-

bruiksbesteding van vleis oor die afgelope

tien jaar. Hieruit kan afgelei word dat daar

steeds ‘n groeiende vraag na vleis en

vleisprodukte is – met verbruikers wat al

meer bestee aan hierdie produkte.

Ten slotte

Die vleisbedryf speel ‘n kardinale rol in die

landbousektor. Die vloei van die produkte

deur die waardeketting voeg baie waarde

toe tot die bedryf, het ‘n groot impak op

die groei en bevordering van die bedryf en

skep boonop werksgeleenthede. Dit ver-

bruik ook baie ander produkte soos grane

en die bedrywe vul mekaar goed aan.

Dit is belangrik dat alhoewel die prentjie in

baie gevalle nie altyd na maanskyn en rose

lyk nie, dit steeds ‘n belangrike bedryf is.

Dit het, soos in al die ander bedrywe, sy

eie uitdagings en risiko’s wat oorkom moet

word ten einde die bedryf volhoubaar te

hou. Produsente het hulself al deur die

jare bewys as spesiale mense wat altyd ‘n

plan het om die uitdagings te oorkom – en

dat daar baie geleenthede is wat nog ontgin

kan word.

Grafiek 2: A2/A3-karkaspryse en speenkalfpryse.

Bron: RPO

Grafiek 3: Voerprysindeks

versus

produsenteprysindeks van beeste.

Bron: Departement van Landbou, Bosbou en Vissery

Grafiek 4: Verbruiksbesteding – alle vleis (2005 tot 2014/2015).

Bron: Departement van Landbou, Bosbou en Vissery