

FOKUS
Diere
Spesiale
Lusernopbrengs
beïndruk
L
usernopbrengste is afhanklik van verskeie faktore soos
klimaatstoestande, grondvrugbaarheid, vog en bestuur.
Produksie word deur drie faktore bepaal:
Plante/ha: Die plantestand van lusern kan nooit verbeter word ná
vestiging nie. Suksesvolle vestiging is daarom krities.
Spruite/plant: Die hoeveelheid spruite per plant kan tot op ‘n
punt kompenseer vir ‘n swak plantestand.
Spruitmassa: Dit is ‘n funksie van goeie bestuur en genetika.
Kultivarkeuse is daarom ‘n belangrike faktor om produksie te
beïnvloed. SuperSonic is ‘n nuwe Advance Seed-kultivar (met ‘n
dormansie van 9), wat ideaal is vir intensiewe voersnystelsels.
Dit beskik oor goeie standhoudendheid en presteer veral beter as
ander dormansie 9-kultivars later in sy leeftyd. SuperSonic is hoogs
winteraktief, herstel vinnig na elke benutting, het besondere fyn
stammetjies, ‘n hoë
blaar:stingel-verhoudingen is uiters blaarryk
– veral naby die kroon van die plant.
Die kultivar behou ook die onderste blare langer – wat beteken dat
die kultivar oor hoër proteïeninhoud, verteerbaarheid en algehele
voerkwaliteit beskik. Nog ‘n kenmerkende eienskap is die aanpas-
baarheid by hoër temperature – wat goeie midsomeropbrengste tot
gevolg kan hê.
SuperSonic het inherente, verbeterde weerstand (sien
Tabel 1
) teen
verskeie peste vergeleke met sy voorganger, SuperCuf.
49
Produk-inligting
Produk-inligting
DIRK COETZEE,
AGT Foods Africa
BERTIE DE WET,
Farmvet
GESPIKKELDE LUSERNLUIS BLOUGROEN-LUIS ERTJIE-LUIS ANTRAKNOSE PHYTOPHTHORA FUSARIUM
SuperSonic W
HW
W
MW
HW
HW
SuperCuf
HW
HW
W
LW
W
-
*HW – hoogs weerstandig, W – weerstandig, RW – redelik weerstandig, LW – lae weerstandigheid en V – vatbaar
TABEL 1: SIEKTE- EN PESWEERSTANDIGHEID.
Abrie de Wet van Jacobsdal staan in ‘n SuperSonic-stand, presies
24 dae nadat dit vroeg in Februarie gesny is. Ten spyte van uiters
warm toestande het dit steeds ‘n goeie snysel in hierdie tyd gelewer.
Abrie is ook beïndruk met die gewenste stand wat met bestrykte
SuperSonic-saad verkry is – teen ‘n laer saadkoste per hektaar as
dié van skoon saad.
Droogtevoorbereiding
D
ie afgelope droogte sal lank onthou word as dié droogte
wat op vele terreine aan ons produsente groot skade be-
rokken het. Ons moet besef dat Suid-Afrika ‘n droë land is,
wat droogte-aangepaste vee en weidings en produsente
met ‘n ingesteldheid om droogte te hanteer, benodig.
‘n Voerbank en voer het uitgestaan as noodsaaklikhede in tye soos
hierdie. In dié uiterste toestande raak voer baie skaars en duur en is
dit byna nie meer ekonomies om lewendehawe te voer nie. Dit was
ook uiters noodsaaklik om die diere se gesondheid te monitor.
Die nuwe groeiseisoen gaan hopelik die situasie stabiliseer. Omdat
veegetalle die afgelope jaar drasties afgeneem het, gaan produ-
sente weer probeer om hul kuddes op te bou. Daarom gaan gesonde,
uitgegroeide teeldiere weer groot in aanvraag wees. Doseer, dip en
ent diere derhalwe vroegtydig sodat maksimum groei en produksie
uit die diere verkry kan word.
Onthou die volgende:
Gaar soveel moontlik ruvoer – oesreste en kuilvoer – op.
Moenie oorbewei nie – stel eerder ‘n weidingstrategie vas.
Raak ontslae van onproduktiewe diere.
Ontwerp en implementeer ‘n inentings- en doseringsprogram.
Kontak vir Farmvet vir uitstekende produkte teen baie bekostigbare
pryse om hierdie lenteseisoen aan jou ‘n voorsprong te gee.