Background Image
Previous Page  50 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Diere

Spesiale

Oktober 2016

48

36 MAANDE-

BEMARKING-

STELSEL

18 MAANDE-

BEMARKING-

STELSEL

TRADISIONELE

SPEENKALFBE-

MARKINGSTELSEL

NA DIE WINTER-

SPEENKALFBE-

MARKINGSTELSEL

Per GVE

Per GVE

Per GVE

Per GVE

Kalfpersentasie

85%

85%

85%

85%

Bruto produksiewaarde (R)

3 606,20

4 092,10

3 428,41

3 460,29

Direk-toedeelbare veranderlike koste (R)

Voer, lekke en hooi vir een maand

1 298,25

1 180,34

907,21

1 113,28

Doserings

74,66

73,24

60,16

74,33

Entings

90,25

101,99

110,67

110,67

Ander spuite (spoorminerale en medisyne)

29,61

30,11

29,33

29,33

Dippe en opgietmiddels

29,55

27,81

27,20

32,00

Ander (oorplaatjies, gas, ensovoorts)

12,69

13,56

10,36

12,61

Masjinerie, trekkers en diesel

113,75

114,08

114,44

114,44

Veearts en konsultante

196,87

241,32

286,09

286,09

Toerusting

26,25

26,33

26,41

26,41

Vee-aankope (bulle)

437,50

438,77

440,14

440,14

Produksiekredietrente

138,84

135,04

120,87

134,50

Totale direk-toedeelbare veranderlike koste (R)

2 448,21

2 382,58

2 132,88

2 373,80

Bruto marge (R)

1 157,98

1 709,53

1 295,53

1 086,50

TABEL 1: BRUTO MARGE-BEPALING VAN VERSKILLENDE MPUMALANGA-PRODUKSIESTELSELS VIR DIE 2016/2017-PRODUKSIEJAAR.

Dit is egter nie net vraag en aanbod wat die pryse van vee bepaal

nie, maar ook ander aspekte soos die algemene stand van die

ekonomie, die mielieprys en die prys van hoendervleis om maar net

‘n paar te noem.

Uit die begrotings in

Tabel 1

kan afgelei word dat die tradisionele

speenkalfstelsels – waar die speenkalwers gedurende April verkoop

word – die laagste bruto marge per GVE sal lewer, maar dit is nie

noodwendig waar nie. Dit lyk asof die 18 maande-bemarkingstel-

sel, waar die diere as markklaardiere bemark word, die beste stelsel

kan wees om aan te wend.

Indien die 18 maande-bemarkingstelsel nagevolg word, sal dit be-

langrik wees om seker te maak dat daar ‘n mark vir jou afgeronde

diere sal wees. Onthou net dat jy sal moet meeding met ander

vleisprodusente wat maandeliks vee aan die slagters en ver-

bruikers kan lewer. Dit sal goeie praktyk wees om vooraf met ‘n

vleiskoper ooreen te kom om jou markklaar diere te koop.

Wat die produksie in die stelsel betref, sal die vee waarmee ge-

boer word die vermoë moet hê om afgeronde diere te produseer

voor die diere begin wissel. Indien die diere reeds wissel en dan

eers afrond, sal dit die prys van die vleis benadeel en só ook die

winsgewendheid van die stelsel.

Sodra die speenkalwers ná die winter verkoop word, is dit belang-

rik om seker te maak dat die verwagte prysverhoging en massa-

toename die ekstra voerrekening sal kan diens. Maak dus seker

hiervan vóór jy die besluit neem om die speenkalwers terug te hou

vir bemarking later.

Slotsom

Alles in ag genome, sal die stelsel nie regtig die winsgewend-

heid van die veeboerdery beïnvloed nie, maar eerder die effektiwi-

teit en produksie van die huidige stelsel waarin jy jouself bevind.

Deur die effektiwiteit en produksie van jou huidige stelsel te

verhoog en dalk klein bemarkingsaanpassings te maak, kan die

winsgewendheid dramaties verhoog word.

Kontak Pietman Botha by 082 759 2991 vir meer inligting rakende die

verskillende produksiestelsels.

Bedryf ek die regte

beesproduksiestelsel?

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Amanda van Blerk 2012