Background Image
Previous Page  48 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 48 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Diere

Spesiale

Oktober 2016

46

Bedryf ek die regte

beesproduksiestelsel?

L

ae winste is ook vir die veebedryf ‘n realiteit. Dit laat ‘n

mens anders na sake kyk. Menige produsent wonder of

ander veeproduksiestelsels nie dalk beter vaar nie, byvoor-

beeld: Is oom Gert wat met osse boer nie beter af nie?

Om stelsels met mekaar te vergelyk, is gewoonlik nie so eenvou-

dig nie en onvolledige inligting kan tot foutiewe afleidings aanlei-

ding gee. Die beesstelsels wat vergelykbaar is, is die tipiese

speenkalfstelsel, die 18 maande-bemarkingstelsel, die 36 maande-

osstelsel en die nuwe speenkalfstelsel – waar die tipiese April-

speenkalwers oorwinter en net ná die winter verkoop word om vir

die Kersfeesmark afgerond te word.

Elke stelsel is uniek en het ander reëls, verskillende kuddesame-

stellings, bemarkingstye en risiko’s.

Uiteindelik maak dit nie saak watter stelsel gebruik word nie – die

basiese aspekte van veeboerdery moet in plek wees. Dit sluit in:

Voldoende ruvoer moet ten alle tye beskikbaar wees – met ander

woorde daar moet genoeg kos reg deur die jaar wees.

Regte byvoeding om die diere se behoeftes en die voedings-

waarde van die voer te balanseer.

Om in siklus met hulpbronne te produseer.

Voldoende skoon water.

Tydige en voorkomende siekte- en parasietbeheer.

Elke stelsel hanteer dieselfde klimaatsrisiko’s verskillend – en so

sal die effek van droogte die stelsels verskillend beïnvloed. In ‘n

droogtejaar sal ‘n gedeelte van die koeie van die speenkalfstelsel

verkoop moet word, terwyl ‘n gedeelte van die kalwers in die ander

stelsels verkoop kan word.

Die diere wat verkoop sal moet word, se pryse en beskikbare

kopers sal ook verskil. Dit is algemene kennis dat dit ‘n uitdaging

sal wees om die koeie in die speenkalfstelsel te verkoop en dat

hulle boonop lae pryse sal behaal.

Met die ander stelsels kan die kalwers met redelike gemak van die

veld verwyder word en gevoer of aan voerkrale verkoop word. As

die droogte verby is, sal die speenkalfstelsel met die volgende

uitdaging gekonfronteer word: Ten einde die plaas weer op vol pro-

duksie te kry, sal koeie gekoop moet word of verse sal teruggehou

moet word. Dit is weer eens ‘n onbeplande uitgawe en boonop sal

die diere teen duurder gekoop word as waarteen hulle verkoop is.

Effektiwiteit en produksierisiko’s

Die effektiwiteit van die stelsels verskil ook beduidend. In die

speenkalfstelsel is die koeie die fabriek wat die kalwers produseer.

As die koeie oor welke rede ook al ‘n lae kalfpersentasie het, sal

die winsgewendheid drasties beïnvloed word.

‘n Hoë kalf- en speenpersentasie is ten alle tye ‘n voorvereiste.

Dit bly ‘n uitdaging, maar dit is tog moontlik om ‘n kalfpersentasie

van bo die 90% oor tyd te handhaaf.

Die ander stelsels se fabriek is die kalwers wat reeds geproduseer

is. Hierdie kalwers moet net groei, maar mortaliteit moet tot die

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

Grafiek 1: Langtermyntendense in produsentepryse van beesvleis.

Bron: AMT